Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Velvetblohm reik “Tussen Die Lyne” Uit

Velvetblohm reik “Tussen Die Lyne” Uit

Blitsoorsig: Velvetblohm, die spanbokking van Jan Blohm en Ryno Velvet, het hulle debuut enkelsnit "Tussen Die Lyne" vrygestel. Die ligte rockballade, vervaardig deur Tertius Human, handel oor die onuitgesproken sentimente tussen twee geliefdes by 'n afskeid. Wat met 'n enkele optrede begin het, het ontwikkel tot 'n volledige musiekprojek met 'n album op pad.

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 27, 2022No Comments4 Mins Read Music Videos 74 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Goeie nuus! Velvetblohm het ‘n nuwe enkelsnit uitgereik! Wanneer twee uiters begaafde musikante en liedjieskrywers kragte saamspan om ’n nuwe liedjie én musiekprojek van stapel te stuur, kan jy maar weet dat die eindresultaat ’n reusesukses gaan wees… en nog soveel te meer as dit Jan Blohm en Ryno Velvet is!

“Tussen Die Lyne”, ’n eerste vir Velvetblohm en deel van hulle opkomende album, is ’n besonderse snit wat jou aandag hou totdat die laaste noot wegsterf.

Velvetblohm - Tussen Die Lyne

Dié ligte rockballade, ’n gesamentlike poging deur Blohm en Velvet wat deur Tertius Human vervaardig is, gaan oor die laaste sentiment wat gedeel word tussen twee geliefdes, maar nie altyd noodwendig oorgedra word nie.

Ryno Velvet verduidelik hoe “Tussen Die Lyne” en Velvetblom gebeur het

“Ons het gevoel dat elke warmbloedige persoon met die ervaring wat deur dié afskeidsballade getoonset word sal kan vereenselwig. Dit gaan daaroor om te erken dat ons almal soms kwesbaar en weerloos is. In hierdie geval wil ons protagonis subjektief bly (of so voorkom) deur net die beste aan sy beminde toe te wens. Tussen Die Lyne was die vertrekpunt vir Velvetblohm. Wat oorspronklik net ’n enkele optrede sou wees, het ontaard in ’n projek met baie vertakkings en nou is daar ook ’n album op pad.”

NetfloristOfferforge

Alhoewel Blohm en Velvet reeds in 2006 en 2009 saam getoer het, het die idee vir ’n amptelike Velvetblohm-produksie eers aan die einde van 2021 posgevat toe hulle weer besluit het om saam op te tree. Wat begin het as ’n manier om hulle grootste treffers op ’n besonderse manier met bewonderaars te deel, het saam met Kobie Koen van Vonk Musiek ontwikkel tot ’n geleentheid om nuwe materiaal op te neem en vry te stel.

Albei kunstenaars is baie opgewonde oor die geleentheid om hierdie opwindende reis saam aan te pak.

“Ryno is een van my gunsteling-sangers in Suid-Afrika. Ek geniet dit om saam met hom te werk en bewonder die kalmte waarmee hy projekte benader.” sê Jan Blohm.

“Dit is ’n ongelooflike ervaring om saam met Jan te kan skryf en opneem. Hy het die vaardigheid om ’n projek te bestuur sodat almal welkom en gemaklik voel en om hom te sien werk is werklik iets om te aanskou.” sê Jan Blohm.

NetfloristOfferforge

Die video van hierdie enkelsnit is verfilm by Urban Brew Studios en Wian van der Walt het die regie behartig. “Ek het dit ongelooflik baie geniet om saam met hierdie musiek legendes te werk,” vertel van der Walt. Die twee dansers in die video is Sanchia Lamprecht en Michael Clarke.

YouTube video player

Meer inligting oor Jan Blohm

Die uiters talentvolle kontemporêre kunstenaar, Jan Blohm het lankal reeds die kuns bemeester om bewonderaars se harte vas te vang met sy musiek. Dié bekroonde musikant en liedjieskrywer, het in 2004 sy debuut gemaak in die Afrikaanse musiekbedryf en het sedertdien diep in die harte van sy aanhangers gekruip. Hy is veral bekend vir treffers soos “Groen Trui”, “Word Wakker”, “Ruby”, “O My Engel”, “Klein Karoo”, “Nonnie” en “Jenny”, wat ook die titelsnit is van sy laaste suksesvolle solo-album.

Jan Blohm - Velvetblohm

Hy geniet dit om te skilder en beeldhouwerk te doen. Hy is ook die eienaar van Jan Blohm-kunsgalery en Jan Blohm-teater, asook die winkel, Blohmhuis, in die Strand.

Meer inligting oor Ryno Velvet

Ryno Velvet is ’n veelsydige kitaarspeler, liedjieskrywer en sanger van Bellville in die Kaap. Hy het in 2006 bekendheid verwerf vir sy treffer, “Ai My Lam”, en maak steeds opslae in alternatiewe Afrikaanse musiek. Hy het reeds vier albums uitgereik en onlangs twee enkelsnitte, “Te Naby Die Son” en “Weskus”, vrygestel vanaf sy komende album, “Testament”.

NetfloristOfferforge

Ryno Velvet - Velvetblohm

Hy reis graag en geniet dit om tyd in die buitelig te spandeer. Hy skryf ook gereeld liedjies vir ander kunstenaars en sien uit daarna om die land plat te toer.

“Tussen Die Lyne” is ’n goeie voorbeeld van wat vermag kan word wanneer passie en talent op die regte manier aangewend word, en is ’n goeie voorsmakie van wat luisteraars van Velvetblohm se eerste album kan verwag.

Jy kan “Tussen Die Lyne” HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Velvetblohm (Jan Blohm & Ryno Velvet) reik debuutalbum uit

    Velvetblohm
    Music News 11 Nov 2022
  • Francois Van Coke & Ryno Velvet Stel “Aande” Video Vry

    Francois Van Coke & Ryno Velvet
    Music Videos 12 Dec 2024
  • Ryno Velvet Reik “Volkswagen Bussie” Uit

    Ryno Velvet
    Music News 27 May 2023
  • Jan Blohm Reik “Tot Daar Waar Die Lig Is” Album Uit

    Jan Blohm
    Music News 12 Jun 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Jan Blohm Ryno Velvet Velvetblohm
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.