Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Ryno Velvet Reik “Volkswagen Bussie” Uit

Ryno Velvet Reik “Volkswagen Bussie” Uit

Blitsoorsig: Ryno Velvet is terug met sy nuwe ateljee "Volkswagen Bussie", vervaardig deur Fred den Hartog. Die snit handel oor nostalgie en goeie tye, met 'n warm en vriendelike gevoel. Jean Labuschange het die tromme behartig terwyl Jürgen Von Wechmar dit gemeng het. Die lied breek weg van hoofstroom Afrikaanse pop maar behou nog steeds moderne Afrikaanse waardes.

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 27, 2023No Comments3 Mins Read Music News 67 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Ryno Velvet is terug met ‘n nuwe ateljee enkelsnit “Volkswagen Bussie”. Opgeneem by Sunset Studios in Stellenbosch en vervaardig deur Fred den Hartog van Die Heuwels Fantasties en Thieve faam onder andere.

Jean Labuschange bekroonde tromspeler en kletsreimer het die tromme op die enkelsnit behartig. Die snit is gemeng deur Jürgen Von Wechmar en gemeester deur Tim Lengveld.

Meer inligting oor Ryno Velvet

Ryno Velvet, die geliefde sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler, gebore in Bellville, Kaapstad, is veral bekend vir sy bydrae tot inheemse Suid-Afrikaanse rockmusiek. Hy staan bekend as ‘n spreekwoordelike uitvoerder met ‘n ietwat ontwrigte styl, en gehore ken hom veral daarvoor dat hy ‘n regshandige kitaar linkshandig en onderstebo speel.

Ryno Velvet Reik "Volkswagen Bussie" Uit 3

Sedert 2006 het Ryno Velvet vier studio-albums vrygestel, naamlik Karma (2006), Harp (2008), Bulletin (2010) en Alfabet (2014), terwyl hy saamgewerk het met mede-Suid-Afrikaanse vervaardigers en kunstenaars soos TeeJay Terblanché, Basson Laubscher, Francois van Coke, Pierre Greef, Riku Lätti en Fred den Hartog.

NetfloristOfferforge

Een van die hoogtepunte in Ryno Velvet se loopbaan is sy betowering met die ikoniese treffer “Ai My Lam”. Hierdie lied het harte verower en ‘n groot impak gemaak op die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Met sy unieke stem en energieke verhoogoptredes weet Ryno Velvet hoe om gehore van alle ouderdomsgroepe te vermaak en te betower.

“Om vir die eerste keer in ‘n lang tyd saam met goeie vriende ‘n snit te maak was wat ek dink die hart en siel in Volkswagen Bussie gesit het” voeg Ryno Velvet by.

Meer inligting oor Ryno Velvet se “Volkswagen Bussie”

“Volkswagen Bussie” handel oor nostalgie van goeie tye in die verlede, huidig en in die toekoms. Dit is ‘n kits vakansie vir die siel met beskrywende verse en sweep jou weg in die melodiese koor.

NetfloristOfferforge

Fred den Hartog skep ‘n warm en vriendelike gevoel met die produksie op Volkswagen Bussie. Hy trek die luisteraar in met soniese tekstuur wat gemaklik val op die palet.

Ryno Velvet - Volkswagen Bussie

“Ek, Jean en Fred het ‘n fees gehad om met die Ryno Velvet klank te peuter. ‘n Vars aanslag toe te pas. Dit was werklik besonders om te sien hoe almal te werk gaan en hulle eie stempel om op die snit te sit.” meen Ryno.

Volkswagen Bussie breek weg van die hoofstroom Afrikaanse populêre musiek, maar behou steeds die waardes en gevoel wat moderene Afrikaans besonders maak.

“Wat hierdie projek uniek maak is dat almal betroke uit baie dieverse style van musiek bymekaar kom om kreatief te verkeer. Dit was vir ons meer belangrik om in die oomblik te wees met die proses as om te jaag om die resultaat te kry. Om so musiek te maak is werklik ‘n droom wat wat word voor jou oë.” voeg Ryno by.

NetfloristOfferforge

Ryno Velvet het homself bewys as ‘n ware pionier in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf deur voortdurend innoverende klanklandskappe te skep.

Sy musiek het ‘n universele aantrekkingskrag en sy lirieke raak dikwels aan temas wat ‘n emosionele snaar raak by luisteraars regoor die land. Hy is ‘n kunstenaar wat sy passie vir musiek en sy toewyding aan die gehore duidelik uitstraal.

“Volkswagen Bussie” is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Stroom dit op Spotify HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois Van Coke & Ryno Velvet Stel “Aande” Video Vry

    Francois Van Coke & Ryno Velvet
    Music Videos 12 Dec 2024
  • Velvetblohm (Jan Blohm & Ryno Velvet) reik debuutalbum uit

    Velvetblohm
    Music News 11 Nov 2022
  • Velvetblohm reik “Tussen Die Lyne” Uit

    Velvetblohm
    Music Videos 27 May 2022
  • Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”

    Lyra K
    Music News 4 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Ryno Velvet South Africa Volkswagen Bussie
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 4
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
  • Max More Releases New Single: "Cherry" 5
    Max More Releases New Single: “Cherry”
    August 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 334
Cape Town 334
Pretoria 303
Johannesburg 288
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.