Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » “Nonnie” vertel Jan Blohm se storie verder

“Nonnie” vertel Jan Blohm se storie verder

Blitsoorsig: Jan Blohm het sy nuwe single "Nonnie" vrygestel, wat voortbou op sy 2020-konsep-album Jenny. Die liedjie, vervaardig saam met John Masser, vertel nog 'n stukkie van die verhaal van twee tieners in die 1980's in De Aar. Die musiekvideo deur Lionel Smit toon die nag se verlange, terwyl Jenny se huis deur sy venster skyn. Jan benadruk dat die boodskap oor eerste liefde en onnoseling gaan.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 24, 2021No Comments2 Mins Read Music Videos 110 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Jan Blohm het sy nuwe enkelsnit uitgereik, “Nonnie”, Daar is min musikante wat dit regkry om met die hart te praat soos Jan Blohm. In 2020 het hy ’n konsep-album vrygestel, met die naam Jenny, waarmee hy graag die verhaal wou vertel van twee tieners wat in die 1980’s in die klein konserwatiewe spoorwegdorpie, De Aar, woon en sedertdien geniet bewonderaars om te hoor hoe dié storie ontvou.

Met “Nonnie” val ’n volgende deel van hierdie interessante legkaart in plek – Jan verduidelik

“Nonnie is wat Jenny se ouers haar genoem het en vertel nog ’n stukkie van haar storie. Dit is nog ’n liedjie wat die jongman oorkant die pad vir haar skryf wanneer hy na haar verlang.”

Jan Blohm - Nonnie

Die liedjie is deur Blohm en John Masser vervaardig is die produksie is deur Vonk Musiek behartig.

Volgens hom, is die boodskap agter die vierde vrystelling vanaf sy album dat ’n mens moet vashou aan daai gevoel van eerste liefde

“Ek voel dat ’n mens altyd kan teruggaan na daardie gevoelens toe en dat dit net vrees vir seerkry is wat jou daarvan weerhou om met die onskuld van ’n kind na liefde te kyk.”

NetfloristOfferforge

“Nonnie” volg in die voetspore van “Jenny”, “Ou Karoo” en “Levi Jeans” wat almal bo-aan die treffersparades gekuier het en steeds oor die radio gehoor kan word.

Jan Blohm draai reeds die Afrikaanse rockwêreld op sy kop sedert hy in 2004 sy debuut gemaak het met sy album, Melkstraat Confessions, en hy het nog geensins opgehou om ’n omwenteling in die musiekbedryf te veroorsaak nie. Met “Nonnie” verstewig hy weereens sy plek in plaaslike musiekharte.

Jan Blohm Nonnie

Die musiekvideo, waarvan die bekende beeldhouer, kunstenaar en videograaf – Lionel Smit – die regisseur is, is baie simplisties en gaan oor die verlange wat die storieverteller in die aand ervaar wanneer die lig van Jenny (Nonnie vir haar ouers) se gesin se huis helder deur sy kamervenster skyn en hy nie kan slaap nie.

“Die liedjie is ook eintlik die punt waar Jenny ’n skrywer raak en ons beeld dit uit in die video,” verklap Jan. “Dit is dus die volgende gedeelte van die storie wat ons in die album vertel.” 

NetfloristOfferforge

Kyk die musiekvideo hier onder:

YouTube video player

Jy kan “Nonnie” HIER aflaai  / stroom.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Jan Blohm Reik “Tot Daar Waar Die Lig Is” Album Uit

    Jan Blohm
    Music News 12 Jun 2026
  • Gian Groen & Jan Blohm Sing “Vollebors” in Afrikaans

    Gian Groen
    Music News 17 Jul 2025
  • Velvetblohm (Jan Blohm & Ryno Velvet) reik debuutalbum uit

    Velvetblohm
    Music News 11 Nov 2022
  • Velvetblohm reik “Tussen Die Lyne” Uit

    Velvetblohm
    Music Videos 27 May 2022

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Jan Blohm South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,313
Rock 616
Useful Tips 564
Afrikaans 524
Cape Town 339
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.