Jan Blohm het sy nuwe enkelsnit uitgereik, “Nonnie”, Daar is min musikante wat dit regkry om met die hart te praat soos Jan Blohm. In 2020 het hy ’n konsep-album vrygestel, met die naam Jenny, waarmee hy graag die verhaal wou vertel van twee tieners wat in die 1980’s in die klein konserwatiewe spoorwegdorpie, De Aar, woon en sedertdien geniet bewonderaars om te hoor hoe dié storie ontvou.
Met “Nonnie” val ’n volgende deel van hierdie interessante legkaart in plek – Jan verduidelik
“Nonnie is wat Jenny se ouers haar genoem het en vertel nog ’n stukkie van haar storie. Dit is nog ’n liedjie wat die jongman oorkant die pad vir haar skryf wanneer hy na haar verlang.”

Die liedjie is deur Blohm en John Masser vervaardig is die produksie is deur Vonk Musiek behartig.
Volgens hom, is die boodskap agter die vierde vrystelling vanaf sy album dat ’n mens moet vashou aan daai gevoel van eerste liefde
“Ek voel dat ’n mens altyd kan teruggaan na daardie gevoelens toe en dat dit net vrees vir seerkry is wat jou daarvan weerhou om met die onskuld van ’n kind na liefde te kyk.”
“Nonnie” volg in die voetspore van “Jenny”, “Ou Karoo” en “Levi Jeans” wat almal bo-aan die treffersparades gekuier het en steeds oor die radio gehoor kan word.
Jan Blohm draai reeds die Afrikaanse rockwêreld op sy kop sedert hy in 2004 sy debuut gemaak het met sy album, Melkstraat Confessions, en hy het nog geensins opgehou om ’n omwenteling in die musiekbedryf te veroorsaak nie. Met “Nonnie” verstewig hy weereens sy plek in plaaslike musiekharte.

Die musiekvideo, waarvan die bekende beeldhouer, kunstenaar en videograaf – Lionel Smit – die regisseur is, is baie simplisties en gaan oor die verlange wat die storieverteller in die aand ervaar wanneer die lig van Jenny (Nonnie vir haar ouers) se gesin se huis helder deur sy kamervenster skyn en hy nie kan slaap nie.
“Die liedjie is ook eintlik die punt waar Jenny ’n skrywer raak en ons beeld dit uit in die video,” verklap Jan. “Dit is dus die volgende gedeelte van die storie wat ons in die album vertel.”
Kyk die musiekvideo hier onder:
Jy kan “Nonnie” HIER aflaai / stroom.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.
🐺 Ondersteun Ons: Koop vir ons 'n koffie boere troos, dit sal ons help om vir jou nog goeie goeters te bring.
📬 Join die Wolf Pack: Teken in op ons nuusbrief om updated te bly.
🔍 Check bietjie ons site uit: Scroll af om verwante artikels en meer te sien. Jy's ook welkom om ons Music, Screen en Knowledge Hubs uit te check. As jy wil sien wat trend, check ons Popular Articles uit.
📐 As jy Afrikaans Is: Check bietjie ons Afrikaanse Hoekie uit.
🕳️ Klim af in die Konyngat: Lees bietjie Random Feite of Kyk 'n Random Musiekvideo.
📅 Kry goeters om te doen: Check ons Upcoming Events of die SA Gig Guide uit.
Nog Artikels Wat Jy Dalk Gemis Het
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

