Lucinda Neethling, voorsanger van Die Melktert Kommissie het op 14 Julie n solo single en video ‘Weerloos’ uitgereik. Ek het ‘n rukkie terug met haar hieroor gesels en so paar ander goedjies. Hier is wat sy te se gehad het.
Wanneer het Die Melktert Kommissie ontstaan?
Ons het in 2002 die band begin, aan die Rockspaaider kompetisie deelgeneem en gewen en toe die prysgeld gebruik om ons eerste album op te neem.
Ons het glad nie verwag om te wen nie, daar was baie goeie musikante. Valiant Swart was ‘n beoordelaar en het ons toe later voorgestel aan Jürgen van Sunset Studios in Stellenbosch waar ons al ons albums opgeneem het. Dit was die grootste eer om in dié omgewing en kringe te werk, veral op ‘n jong ouderdom.
Wie was jou eerste musikale idol?
Toe ek so 5 was het ek Mango Groove ontdek en my ouers moes elke konsert op tv vir my opneem sodat ek dit kon kyk en die volgende dag vir Claire Johnston namaak. Ek het haar een keer ontmoet toe ek 13 was. Ek was ‘n tomboy met ‘n step haircut en sy het my poster geteken en gedink ek is ‘n seuntjie. Ek was happy daaroor.
In my tienerjare was dit Gert Vlok Nel en Amanda Strydom.
Waarom het jy ‘Weerloos’ geskryf?
‘Weerloos’ het eintlik net uigekom na ek die musiek ontvang het. Ek was ook geinspireerd deur Gert Vlok Nel se “Waarom Ek Roep Na Jou Vanaand” waarin hy sing “Jy darenteen was bullshitloos Koos, illusieloos, haweloos, droomloos, tydloos, groupieloos, draadloos en heeltemal hopeloos.”
Dit klink of hy op kyk na Koos want hy was eg…hy was real. Ek was besig om te dink dat mense wat weerloos is baie keer misverstaan word as hopeloos.
Jy het die animasie van jou video self gemaak. Asook die papierpoppies. Dis amazing. Watter poppie in jou musiekvideo is jou gustelling?
Die Baardman in die speedo met al die tattoos. Net ek weet watter tattoo onder sy baard weggesteek is 🙂
Waar is die poppies nou?
In my kitaarkas. Dit voel soos ‘n lekker huis vir hulle tot ek ‘n ander plan maak.
Watter boeke inspireer jou?
Ek is absoluut mal oor enige iets deur Dalene Matthee. Haar manier van skryf is vir my ongelooflik poëties en praat baie diep met mens. Ek het onlangs Driftwood gelees en was so nostalgies dat ek sommer Toorbos vir die hoeveelste maal opgetel het. “Dis my mond wat nie wil toe bly vandat my oë oopgegaan het nie.” Sulke woorde inspireer my om beter te probeer skryf.
Watter flieks inspireer jou?
Enige iets animated. Veral van Studio Ghibli. Enige Wes Anderson flieks. Enige Westerns.
Kan ons nog solo musiek verwag van Lucinda?
Ja definitief. Ek is nou op ‘n space waar ek frustreerd voel, tot dat ek gaan sit en iets maak. Dit voel soos ‘n soort anticipation. Dit kan ‘n ballpoint tekening wees, ‘n papier poppie of ‘n song. Ek voel ek moet nog my ware groove vind, so ek gaan aanhou en aanhou probeer.
Ek wil die geleentheid gebruik om vir Lucinda te bedank vir hierdie onderhoud. Ek wens haar als van die beste toe vir die toekoms.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.
Like what you just read? Join The Wolf Pack! Subscribe To Our Newsletter.
Explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.
If you're in South Africa and looking for something to do, check out The SA Gig Guide (on our sister site SA Music Zone).
If getting more knowledge is part of your DNA - Check out the latest posts on Interesting Facts.