Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Nuwe Jan Bloukaas Dokkie Tref ‘n Teer Snaar

Nuwe Jan Bloukaas Dokkie Tref ‘n Teer Snaar

Blitsoorsig: Die dokumentêr "Jan Bloukaas - Vir Oulaas" fokus op die agter-die-skerms-proses van Jean du Plessis se album "God Kan". Dit bevat intieme gesprekke met vriende en medekunstenaars soos Peach van Pletzen en Karlien van Jaarsveld, en belig sy 25ste verjaarsdag. Die regisseur Deon Dee hoop dat kykers die diepte van Jean se menswees deur die film kan raaksien.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 12, 2026No Comments2 Mins Read Music News 0 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Ná die suksesvolle bekendstelling van die nuwe dokumentêr “Jan Bloukaas – Vir Oulaas” op YouTube op Woensdag 7 Oktober 2026, stroom die roerende reaksies van aanhangers in.

Die rou en eerlike kykie in die lewe van Jean du Plessis (beter bekend as Jan Bloukaas) het alreeds duisende kykers diep geraak en tot trane gelei, met die kykerstal wat binne slegs ‘n dag en ‘n half reeds die 26 000-merk oorskry het.

Jan Bloukaas

Jean du Plessis het die musiek- en videovervaardiger Deon Dee gevra om ‘n dokumentêr oor sy lewe te skep. Waar die kykNET-dokumentêr “Net Mens”, wat saam met Rynardt Hugo vervaardig is, gehandel het oor Jean se lewe van sy geboorte af tot net voor die skep van sy laaste album God Kan, fokus “Jan Bloukaas – Vir Oulaas” op die agter-die-skerms-proses van daardie spesifieke album.

Dit belig ook sy 25ste verjaarsdag en bevat intieme gesprekke met sy vriende en medekunstenaars, insluitend Peach van Pletzen, Karlien van Jaarsveld, Janie Bay en vele meer.

NetfloristOfferforge

‘n Boodskap van die Regisseur

Die regisseur en vervaardiger Deon Dee het sy dankbaarheid uitgespreek oor die projek en hoop dat mense die diepte van Jean se menswees deur die dokumentêr kan raaksien.

Hy beklemtoon dat die doel was om mense die album God Kan met nuwe ore te laat beleef, presies soos wat Jean dit self geoogmerk het sodat sy verhaal soveel moontlik mense kan bereik.

Kyk die dokumentêr hier onder:

Jan Bloukaas - Vir Oulaas (Dokumentêr)

As jy eerder op YouTube will kyk, klik hier.

NetfloristOfferforge

Meer inligting oor Jan Bloukaas

Jean du Plessis, beter bekend onder sy verhoognaam Jan Bloukaas, was ‘n geliefde Suid-Afrikaanse kletsrepper, sanger en liedjieskrywer wat bekendheid verwerf het met sy unieke, eerlike lirieke en verfrissende benadering tot Afrikaanse musiek.

Hy het as tienersensasie op die musiektoneel verskyn met treffers soos “Kykskoot” en “Kallie”, en het vinnig ‘n huishoudelike naam geword.

Ondanks sy dapper stryd teen kanker op ‘n baie jong ouderdom, het hy volhard om inspirerende en diepsinnige musiek te skep wat ‘n blywende impak op sy aanhangers en die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gelos het.

Hou jou ogies oop vir gereeld opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • New Oasis Documentary Trailer Released

    Oasis Don't Look Back in Anger
    Movies 10 Jul 2026
  • “Out of Mined” Highlights Need to Protect West Coast

    Out of Mined
    Movies 3 Jul 2026
  • Tutu documentary comes home to Encounters after Berlin win

    Desmond Tutu
    Movies 5 May 2026
  • Showmax Releases Trailer for Original Sin: My Son The Killer

    Original Sin - My Son The Killer - Showmax
    Streaming 11 Mar 2024

Goeters Om Te Doen

  • The Groove Room: Live in Cape Town – 26 December 2026

    The Groove Room - Live in Cape Town
    Upcoming Events
  • Vusi Mahlasela & Guy Buttery Live Tour: All The Deets

    Vusi Mahlasela & Guy Buttery Tour Featured
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Deon Dee Documentaries Jan Bloukaas South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Pilani Bubu
    Pilani Bubu Unveils New Single “Caged Heart”
    October 9, 2026
  • Craig Hinds - Watershed
    Watershed Drops New Single: “My House”
    October 8, 2026
  • Matthew Mole - Love Me
    Matthew Mole Kicks Off Hopeful New Chapter With “Love Me”
    October 6, 2026
  • Seth Tabatznik
    Seth Tabatznik Releases New Single: “Infinite Beings”
    October 5, 2026
  • Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Khazimula Releases New Single: “Joburg City”
    October 2, 2026
  • Deborah McKay
    Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”
    September 28, 2026
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,334
Rock 620
Useful Tips 566
Afrikaans 526
Cape Town 347
USA 337
Pretoria 306
Johannesburg 293
Festivals 202
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.