Pichi Keane (sy/hulle) mag dalk na ‘n volksvreemde naam klink, want dit is, maar moenie dat dit jou keer om hul stuitige solo kabaret ‘Ripe ‘n Ready’ eersdaags by die Nasionale Kunstefees se Fringe program op te raap nie.
Die fopdosser is eintlik trots Suid-Afrikaans, maar het eers begin bolla klits na ‘n skuif Hong Kong toe.
Pichi Keane vertel ons meer oor dit
“Ek het in Suid-Afrika as vryskut kunstenaar/teatermaker gewerk vir ses jaar voor ek Hong Kong toe getrek het en daar was ek daglank besig om jong kunstenaars op te lei.”
“Daardie tipe inspanning het nagevolge vir jou stem. Drag was hierdie perfekte platform want ek het nie tegnies gesproke nodig gehad om met my eie stem te sing as ek die dag nie verder kon nie. Uiteindelik was ek die enigste AFAB queen in Hong Kong en ek was onder groot aanvraag as kunstenaar en MC”
Fopdossers is bekend daarvoor om pop divas te emuleer deur hul lip sync vaardighede, maar deesdae sing Pichi Keane met volle bors in haar eie stem.
Die kunstenaar is gretig om weer op die planke te kom vandat hulle op tuisgrond geland het en ‘Ripe ‘n Ready’ is hul eerste vollengte solo produksie na hulle in 2022 teruggekeer het Suid-Afrika toe.
Pichi beskryf ‘Ripe ‘n Ready’ as ‘n “musical glamour clown extravaganza” en is ‘n mengelmoes van pop liedjies met ‘n kabaret klank en gewaagde humor wat seksualiteit en femininiteit verken. As gevolg van sterk taalgebruik, seksuele temas en gedeeltelike naaktheid word geen onder 18s toegelaat nie.
Hierdie show is vir jou as jy queer of nuuskierig is of dalk bloot onlangs op fopdossery verlief geraak het deur die gewilde realiteitsprogram RuPaul’s Drag Race.
Suid-Afrikaanse gehore kan vir Pichi Keane op verhoe al langs die Tuinroete te sien kry soos die kunstenaar Nasionale Kunstefees in Makhanda toe reis, waar ‘Ripe ‘n Ready’ deelmaak van die jaarlikse Fringe Festival van 22 tot 26 Junie 2023.
Ander optredes sluit in:
- ‘Ripe ‘n Ready’ by Going to Fest Festival in Kaapstad op Woensdag, 14 Junie 18:30.
- ‘Ripe ‘n Ready’ by Studio 42 in Sedgefield op Saterdag, 17 Junie 19:30.
- ‘A Sneak Peek!’ by Nineteen33 Speakeasy Bar in Gqeberha op Woensdag, 28 Junie 19:00.
Meer inligting, asook kaartjie besprekingskakels, is beskikbaar op Pichi Keane se webwerf en jy kan vir Pichi Keane op Facebook, Instagram en TikTok volg @pichikeane om hul Tuinroete-avonture te aanskou.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Entertainment kategorie op Running Wolf’s Rant.
Like what you just read? Join The Wolf Pack! Subscribe To Our Newsletter.
Explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.
If you're in South Africa and looking for something to do, check out The SA Gig Guide (on our sister site SA Music Zone).
If getting more knowledge is part of your DNA - Check out the latest posts on Interesting Facts.