Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Event Reviews » Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees 2018: My Resensie

Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees 2018: My Resensie

Blitsoorsig: Die skrywer bespreek die highlights van Innibos 2018, van Valiant Swart en Spoegwolf se optredes tot Francois van Coke en Die Heuwels Fantasties se spektakulêre shows. Fokofpolisiekar was die hoogtepunt van Vrydag aand, terwyl Saterdag se events, insluitend Just Jinjer en The Black Cat Bones, gemengde resultate gehad het.

Alice GreenBy Alice GreenJuly 3, 2018No Comments6 Mins Read Event Reviews 209 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die Innibos Nasionale Kunstefees in Mbombela (aka Nelspruit), was weer ‘n reuse sukses ten spyte van hoër inflasie, stygende petrol pryse en net die koste van die gewone lewe.

Hier is my resensie van Innibos 2018

Ek is weer deur die stof, hitte en koue om van die bestes op die verhoë te gekyk het.  Hierdie jaar was daar nie ‘n Woensdag rock stage soos in die verlede nie. Dit was omdat “daar is nie ‘n budget gewees nie”. So, die Huisgenoot konsert op die Standard Bank hoof verhoog het dit maar gedoen. Kom ek sê net dat wyn baie goedkoop was in die VIP area.

Innibos 2018

Donderdag was meer belowend met die kykNET Nou! Rock stage terug op die Standard Bank hoof verhoog. ‘n Magdom van 16,897 mense het op gedaag om die rock te beleef. Die kunstenaars en groepe wat opgetree het was Valiant Swart, Spoegwolf, Jan Bloukaas, The Parlotones, Karen Zoid, Francois van Coke en Die Heuwels Fantasties.

Valiant Swart was sy sharmente self en het liedjies soos “Sonvanger” en “Eyeshadow” gesing. Spoegwolf het weer alles uitgehaal en gewys tydens hulle vertoning. Danie (wat op vocals en kitaar was vir hulle) het die luidspreker torning uitgeklim tydens hulle vertoning (ja hy het ‘n bietjie raas gekry by die verhoog bestuur) en later op ‘n stoel geklim en klavier gespeel. Baie mense het genoem dat Spoegwolf een van hulle
gunstelinge was en ook nou ‘n nuwe gunsteling is.

NetfloristOfferforge

Jan Bloukaas ken ek nie veel van nie. Die ou het 3 liedjies gesing wat die studente aan die dans gehad het. Die musiek is okay, baie goed gedoen maar die lierike: Nee Wat, dis nie vir my nie. The Parlotones het met magic op die verhoog verskyn. Kahn is “op getoor” deur Nelspruit se eie mentalist, Rian Loubscher. Dit was vuur blaas en vuur speel van Phoenix Fire and Drum. The Parlotones het afgeskop met “Push me to the floor”. Die mense het lekker saamgesing.

Spoed-verwer, Graham Hide het almal se monde oop laat hang met ‘n skildery wat hy op die maat van “The Black Parade” van My Chemical Romance geverf het. Die eerste was Francois van Coke se gesig. Daarna draai hy die canvas en verf hy Innibos se logo. Hy het als gedoen terwyl hy die 4 borde roteer. Toe die musiek na Karen Zoid se “Afrikaners is plesierig” verander is haar gesig is ook op geverf. Dit was nogals ‘n special manier om haar op die verhoog te verwelkom. Ten spyte van larengitis, het sy wel ‘n fantastiese vertoning gegee.

Toe Francois van Coke op die verhoog kom was die mense aan gaande. Hy is seker een van die populêrste kunstenaars by Innibos. Saam met Die Gevaar, was dit een skouspel na die ander tydens sy set. Die mikrofoon het geswaai, die koppe is geskud en die liedjies is kliphard saam gesing. Hunter Kennedy het “Skyn Heilig” saam kom sing. Karen se stem was weg maar die gehoor het “Toe vind ek jou” hard saam gesing. Wat ‘n oomblik!

Die Heuwels Fantasties het afgeskop met “Beloofde land” en die party was goed aan die gang. Met “Sonrotse” het Francois van Coke by hulle aangesluit vir sy deel. Dis weereens ‘n bewys hoe so groot verhoog DHF laat skitter. Die fans was weer in awe.

NetfloristOfferforge

Vrydag aand het ‘n magic vibe in die lug gehang. Wit Kasteel het afgeskop op die kykNET Nou Rock stage, maar hulle het nie die mense getrek nie. Matt Carstens was volgende
en mense het gou voor gestaan om na die jong man te luister. Sy liedjies speel op radio en saam met Jaco Mans op bas kitaar en Jason Hinch op dromme was dit ‘n lekker luister (en kyk) sessie gewees.

Innibos 2018

Bittereinder het seker gemaak ons voel die musiek tot ons bene, en dit was seker een van die beste Bittereinder shows wat ek nog gesien het. Jaco het alles gegee op daai verhoog en later vertel hulle het 2 maande laas opgetree. Wonderboom het die verhoog betree met hulle rock essence. Hulle is al 22 jaar in die bedryf. Die manne het die verhoog warm gemaak vir Fokofpolisiekar. Wonderboom se “Shadows” is klip hard saam gesing en “Charlie” het die meisies laat dans.

Fokofpolisiekar was natuurlik die groep waarvoor almal gewag het. En hulle het weereens myself aan die musiek oorgedra asof dit eergister nog MK dae was. Neels van Jaarsveld (die eish ou), was saam genooi tydens die laaste liedjie, “Fokofpolisiekar” saam met twee fans. Dit was een van die hoogtepunte van die Vrydagaand na Bittereinder se show.

Saterdag het amper te gou gekom maar toe die son sak en die horlosie 7 uur slaan, was die rock stage weer aan die gang. Dit was Piet Botha en Jack Hammer se eerste Innibos optrede en alhoewel die ouer fans voor gestaan het, het oom Piet die jong mense ook geleer. Dit was ‘n lekker manier om af te skop.

NetfloristOfferforge

Volgende was Van Pletzen en Early B was saam. Die kinders het saam gesing en gedans, dit was heerlik om hulle te kyk na Mieliepop. Dan Patlansky, die stil donker perd, het op die verhoog weer almal se monde laat oop hang met sy kitaar vernuf. Sy musiek kan net beskryf word as sexy, lekker en diep. Dis was weereens ‘n bewys dat jy kyk na Dan Patlansky live maar luister na sy musiek op CD.

Just Jinjer was 21 jaar laas in Nelspruit gespeel het (iets wat ek met Ard Matthews confirm het) en het mense nog nader getrek. Dit was my eerste keer dat ek hulle gesien het en dit was net ongelooflik nolagties. Ek het ook besef dat ek 21 jaar terug 14 jaar oud was. “Redemption song”, “Like you madly” en “Father Father” is gesing en ek was baie happy gewees.

Innibos 2018

Hulle het plek gemaak vir The Black Cat Bones (seker een van die bekendste bands aan die Laevelders). Ons het ‘n show verwag wat net die katte kan gee, maar toe is daar een  bliksem… een bliksem wat ys na Kobus gegooi het.

Kobus het dit toe aan gejits en voor jy kon sê “Black Cat Bones” is daar alles en nog wat na die verhoog gegooi. Dit het die show se energie heeltemal gebreek. Selfs ek is deur ‘n bier blik getref in die ribbekas (moenie worry nie, ek is okay) en so het Saterdag aand afgesluit.

NetfloristOfferforge

Innibos hierdie jaar was ‘n gemaklike skoen wat ek aangetrek het. Dis seker omdat dit in my eie kontrei gehou word en ek nie ‘n tent hoef te slaap nie. Dit was die musiek ook. Dit was lekker om ‘n hele week net Afrikaans te praat, hoor en luister. Alles was net great. Van die Cell C Boma theatre tot al die verhoë.

Dankie aan die span van Innibos Nasionale Laeveld Kunstefees, sien julle volgende jaar weer.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op RWR.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Nelspruit (Mbombela): 12 Facts You Might Not Know

    Nelspruit
    Geography Facts 20 Oct 2024
  • Woofstock 2024: Everything You Should Know

    Woofstock 2024 Featured
    Music News 30 Jul 2024
  • Worsie van Wyk Reik Puik Enkelsnit Uit: “Kraal Van Sweet”

    Worsie Van Wyk - Kraal Van Sweet
    Music Videos 5 Aug 2022
  • Prime Fest III: Everything You Should Know

    Prime Fest III Logo
    Upcoming Events 6 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Festivals InniBos Nelspruit South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Alice Green

A green cow, part of a heard of plastic / latex cows, spread between Nelspruit, Sabie and Cape Town. My owner adopted me when I only could speak Chinese, now I'm fluent in Afrikaans, English second language and cow.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Misty Waters
    Misty Waters: The Music Festival We’ve Been Waiting For
    May 12, 2026
  • Green Day @ Calabash 2025
    Calabash 2025 at FNB Stadium: My Review
    January 22, 2025
  • Mieliepop Sign 2024
    Resensie: Mieliepop 2024
    March 15, 2024
  • Will Linley - Calabash South Africa
    My 2 Cents on Calabash South Africa 2024 at FNB Stadium
    February 9, 2024
  • Bos Boogie 2023
    Bos Boogie 2023: My Resensie
    September 7, 2023
  • Sting at SunBet Arena
    Review: Sting Live at the SunBet Arena in Pretoria
    February 7, 2023
  • David Gray Featured
    Review: David Gray Live @ SunBet Arena in Pretoria
    December 6, 2022
  • Bos Boogie March 2022
    Review: Bos Boogie March 2022
    March 28, 2022
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.