Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Worsie van Wyk Reik Puik Enkelsnit Uit: “Kraal Van Sweet”

Worsie van Wyk Reik Puik Enkelsnit Uit: “Kraal Van Sweet”

Blitsoorsig: Worsie van Wyk is shaking up Afrikaans music with his metal sound that defies expectations. His debut single Kraal van Sweet is energetic and hard-hitting, written and recorded entirely by Worsie himself. The track captures the mosh pit energy of his live performances while maintaining lyrics suitable for mainstream radio play.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 5, 2022No Comments2 Mins Read Music Videos 100 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die splinternuwe Afrikaanse sensasie Worsie van Wyk het luisteraars heeltemal onkant gevang met sy onverwagse klank. Hierdie Laevelder kon maklik misgis word as ‘n tipiese my-boere-hart-verlang-na-die-bosveld-kunstenaar, maar Worsie het die idee van ‘n stereotipiese Afrikaanse sanger oorrompel. Hierdie is níé die alledaagse brandewyn-techno-boere-stamp-musiek nie.

Meer inligting oor Worsie Van Wyk

Worsie van Wyk, ten spyte van hoe die naam klink, is ‘n Afrikaanse metal-sanger, met ‘n in-jou-gesig-tref-klank wat vir Dave Mustaine van Megadeth sou laat les opsê. En tog, tussen die skreeuende stem en verwronge kitaar, is lirieke wat heilsaam genoeg is om selfs op RSG gespeel te word.

Worsie Van Wyk

‘Kraal van Sweet’ is die eerste enkelsnit van sy komende kortspeelalbum, Oros en Horrogs. “Dit is ‘n liedjie oor ‘n mosh pit, wat gewoonlik plaasvind wanneer ek op die verhoog is. Dit is ook ‘n testament van my algehele klank en vibe”, sê Worsie.

Worsie Van Wyk - Kraal Van Sweet

Hy beskryf die snit as “energiek, hard en in jou gesig”, en dit is inderdaad plofstof, van begin tot einde. Worsie het die snit self geskryf, verwerk, gespeel en opgeneem. Daarna was dit gestuur vir ateljee finalisering in Johannesburg.

NetfloristOfferforge

Luister die liedjie (en leer die lirieke) hier onder:

YouTube video player

Jy kan “Kraal Van Sweet” op Spotify en all ander musiek stroom dienste stroom.

Ek moet erken dan Worsie Van Wyk ‘n ware game-changer is vir Afrikaanse musiek. Ek sien moerse uit daarna om hierdie kunstenaar lewending op ‘n verhoog te sien. Ek is seker daar sal ‘n behoorlike “kraal van sweet” uitbreek voor die verhoog as hy speel. In my boeke maak dit hierdie tune van hom ietwat profeties. Eks ook moerse nuuskierig om uit te vind hoe die res van sy EP gaan klink.

Hou jou ogies op vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Doomfairy & Worsie Van Wyk Reik Nuwe Liedjie Uit: “Beroerte”

    Worsie Van Wyk - Doomfairy - Beroerte
    Music Videos 26 Aug 2024
  • Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”

    Truth & Its Burden
    Music News 8 Jul 2026
  • Manuel Campos Launches Campos Ritual With 14-Year Old Son

    Campos Ritual
    Music Videos 9 May 2026
  • System of a Down: 24 Interesting Facts You Might Not Know

    System of a Down
    Music Facts 21 Aug 2025

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Metal Nelspruit South Africa Worsie Van Wyk
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.