Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Streaming»Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    Henno KrugerBy Henno Kruger Streaming 3 Mins Read77 ViewsAugust 29, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Showmax het by die kykNET Silwerskermfees in Kaapstad aangekondig dat hulle ’n tweede seisoen van Koek in die oond gesit het. Seisoen 1 is een van die 10 Afrikaanse reekse met die hoogste stromingssyfers op dié stromingsplatform sedert dit in Februarie 2024, in vennootskap met Comcast se NBCUniversal en Sky, herloods is.

    Dié Afrikaanse reeks kan hierdie Saterdag by die kykNET Silwerskerm Film- en TV-toekennings ses pryse wen – dit het die meeste benoemings van enige dramareeks.

    Koek - Showmax

    Die benoemings sluit in: beste aktrise (Cindy Swanepoel); beste akteur (Stian Bam en Jacques Bessenger), beste vroulike byspeler (Sandra Prinsloo en Llandi Beeslaar) en beste manlike byspeler (Dawid Minnaar).

    As die Kaapstadse huisvrou Christelle Smit oënskynlik bewyse ontdek dat haar man ’n buite-egtelike verhouding met ’n ontkleedanseres, ene Candi Floss, aangeknoop het, neem haar ondersoek haar na ’n wêreld wat ver verwyderd van haar bekende, voorstedelike utopie is.

    Christelle word deur Swanepoel, wat verlede jaar vir haar rol as Annelize in Binnelanders Safta- en Silwerskermtoekennings ingepalm het, vertolk. Sy speel teenoor die skermlegende Prinsloo (The Gods Must Be Crazy), ’n bendebaas met voorliefdes vir brandewyn, sigare, luiperdpatrone, en niere steel. Dis nie lank nie, of Christelle maak droog en sy is diep in die skuld by Prinsloo se karakter, Moekie.

    NetfloristOfferforge

    Die draaiboek is deur die Safta- en Silwerskermbekroonde reeksskepper Christiaan Olwagen (Kanarie, Recipes for Love & Murder), met die regie van dié Showmax Original (R18 DTNSG) deur die Safta- en Silwerskermbekroonde regisseur en kinematograaf, Johannes Pieter Nel. Nel word as “een van Suid-Afrika se belowendste jong talente” in Leon van Nierop se Rapport-resensie beskryf. Wolflight Films is die produksiemaatskappy.

    Seisoen 2 van Koek  sal in 2025 gereed wees om te verslind

    “Christiaan Olwagen se konsep is net mal en ek is so dankbaar aan Showmax dat hulle gesê het, ‘Ja, go for it, vertel die storie in jou taal en moenie skaam wees nie, moenie terughou nie,” sê ’n verheugde Swanepoel. “Dít is beslis wat Koek onderskei.”

    “Dit is so ’n eer om hierdie karakter te herbesoek en nog ’n seisoen te hê,” voeg sy by. “Christelle nou? Sy is edgy, sy is gevaarlik, sy is rateltaai. Moenie met haar mors nie; sy is deur baie. Maar sy is ook kwesbaar; wat sy in seisoen 1 gedoen het, is intens. Dit is nie net iets wat ’n mens sommer doen nie. Daar sal ook baie komiese elemente wees wat met die ernstige elemente vermeng. Dit is die soort storievertelling wat ek graag doen en ek kan nie wag om haar te vertolk en te sien waar sy nou is nie.”

    MultiChoice Studios hanteer die internasionale verkope vir beide seisoene van Koek.

    Terwyl jy was vir Seisoen 2, kyk solank Seisoen 1 van Koek weer (of vir die eerste keer) op Showmax.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Television kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Related Articles:

    • Showmax reik lokprent uit vir “Koek”
    • Nel sê “Koek”-tipe storie is nog nooit Afrikaans vertel nie
    • Lea Vivier praat oor haar rol in Dam (Die Showmax Reeks)
    • Showmax reik lokprent uit vir “Wyfie”

    Like what you just read? Buy us a coffee to enable us to bring you more content like this.

    You're also more than welcome to subscribe to our newsletter to stay in the loop.

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    NetfloristOfferforge

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Upcoming Events

    Loading events...
    Afrikaans Koek ShowMax
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleWhat’s Coming To Disney+ In September 2024?
    Next Article What’s Coming To Netflix in September 2024?
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Kategoriëe
    Nog artikels in Afrikaans
    Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout
    February 3, 2026

    Schalk Bezuidenhout verruil stand-up vir ’n 9-tot-5-jop

    12 Views4 Mins Read
    Die Kantoor
    January 12, 2026

    ‘n Onderhoud met Albert Pretorius (Flip in Die Kantoor)

    31 Views8 Mins Read
    Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout
    November 25, 2025

    Die Kantoor (Afrikaanse weergawe van “The Office”) is oppad

    24 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    107 Views2 Mins Read
    Ander Artikels
    BYD Atto 8
    April 16, 2026

    BYD Launches All-New Atto 8 in South Africa

    8 Views3 Mins Read
    Hidden Gems South Africa
    April 16, 2026

    BBC Lifestyle To Launch Hidden Gems South Africa

    11 Views3 Mins Read
    Tomodachi Life Living the Dream
    April 15, 2026

    Tomodachi Life: Living the Dream launches on Nintendo Switch

    12 Views4 Mins Read
    Huawei Mate 80 Pro
    April 9, 2026

    The Huawei Mate 80 Pro has landed in South Africa

    14 Views4 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Rammstein in Johannesburg
    February 15, 2011

    Rammstein Live In Johannesburg: A Photo Album

    236 Views2 Mins Read
    STRAB 2013: My Review 1
    June 3, 2013

    STRAB 2013: My Review

    45 Views7 Mins Read
    Photo Album: aKING & The Barbosa Experience @ Aandklas 2
    July 13, 2015

    Photo Album: aKING & The Barbosa Experience @ Aandklas

    68 Views2 Mins Read
    Hatfield Carnival 2011
    February 16, 2011

    Hatfield Carnival 2011: A Photo Album

    135 Views3 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2026 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.