Close Menu
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Afrikaanse Hoekie
  • Knowledge Hub
  • Music Hub
  • Screen Hub
  • Contact Us
  • Privacy Policy
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Afrikaanse Hoekie
  • Knowledge Hub
  • Music Hub
  • Screen Hub
  • Contact Us
  • Privacy Policy
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Pieter Marcato sien uit na Lekker Tye met sy nuwe enkelsnit

Pieter Marcato sien uit na Lekker Tye met sy nuwe enkelsnit

Blitsoorsig: Pieter Marcato het sy nuwe enkelsnit "Lekker Tye" uitgereik kort na sy vorige hit "Swipe Regs". Die liedjie gaan oor die vreugde van tyd met vriende en familie, veral nou wanneer mense hoop soek. Pieter is deel van die groep Marcato en die alternatiewe popgroep EON, en het 'n passie vir musiek wat mense bymekaar bring.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 17, 2020No Comments2 Mins Read Music News
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Pieter Marcato het ‘n nuwe enkelsnit “Lekker Tye” uitgereik. Die liedjie volg kort op die hakke van sy vorige enkelsnit, “Swipe Regs”, wat vroeër in 2020 uitgereik is. “Swipe Regs” is uitstekend deur die media ontvang en kan steeds op radiostasies landswyd gehoor word.

Pieter Marcato praat oor “Lekker Tye”

“Dit is so lekker om saam met vriende en familie te kuier. Jy vergeet vir ‘n oomblik van jou probleme en van alles negatief in jou lewe. Veral in ‘n tyd soos nou, voel ek dit is iets waarna almal smag, lekker tye! Als sal ok wees en weer een of ander tyd normaal wees.”

Pieter Marcato - Lekker Tye

Pieter het in Pretoria grootgeword, waar hy steeds vandag nog woon. Na skool het hy deur Damelin klankingenieurswese studeer en in hierdie tyd het sy pad met Ben van Zyl gekruis. Kort daarna het hulle besluit om saam die groep, Marcato, te begin wat vandag nog bestaan.

Pieter Marcato praat oor sy loopbaan sover

“Musiek is in alle opsigte deel van my lewe en ek is in my element wanneer ek die passie aan ander mense kan oordra – in watter vorm dit ookal mag wees. Dit is een van die dinge wat mense bymekaar kan bring en dis vir my ’n eer om deel te wees daarvan.”

NetfloristOfferforge

Pieter Marcato

Ten spyte van sy besige skedule, het dié veelsydige ster in 2017 saam met Altus Theart (Getroud Met Rugby) en Jerry Spangenberg die alternatiewe popgroep, EON, begin. Dié groep het reeds ’n baie groot aanhang en hulle debuut-enkelsnit, “Bittersoet“, was dadelik ’n treffer. Ligjare, hulle eerste album, het sedertdien verskeie ander gunstelinge opgelewer en die trio is deesdae ’n bekende gesig by die meeste groot musiekfeeste in die land.

“Lekker Tye” bring hoop, samesyn en is verseker ‘n treffer wat vriende en familie binnekort op die dansvloer sal herenig. Jy kan die liedjie HIER stream / aflaai.

logines

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Sluit by die Wolfpak aan

Kry nuwe artikels direk in jou Inboks.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Future Radio & Pieter Marcato Release “Punk Rock Saved My Live!”

    Future Radio & Pieter Marcato
    Music Videos 20 Feb 2026 4 views
  • Pieter Marcato Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Lekker Man”

    Pieter Marcato
    Music Videos 26 Nov 2025 0 kyke
  • Pieter Marcato reik nuwe enkelsnit uit: “Sy”

    Pieter Marcato - Sy
    Music News 16 Apr 2025 1 kyke

Goeters Om Te Doen

  • Kirstenbosch 2026/27 Summer Sunset Concerts: All The Deets

    Kirstenbosch
  • Ndlovu Choir’s “African Christmas” Shows: All The Deets

    Ndlovu Choir 2026
  • Playtopia Festival: 3-5 December 2026

    Playtopia Festival Featured

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

Check ons Music Hub uitBesoek die Afrikaanse HoekieCheck bietjie Upcoming Events uitCheck die SA Gig Guide uit
Afrikaans Pieter Marcato Pretoria South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Angelique Greffrath
    Angelique Greffrath Releases New Single: “Wide Awake”
    November 20, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. Releases New Single: “Dirty Blazers”
    November 20, 2026
  • Weatherwax
    Weatherwax release debut album: “In Pursuit of a Lighter Day”
    November 20, 2026
  • Pedro Barbosa - Ons Bly in Pretoria
    Pedro Barbosa bring ‘n ode aan Pretoria
    November 20, 2026
  • Gallo Music - The Vault
    Parkhurst Welcomes New Vinyl Hub The Vault
    November 19, 2026
  • Tresor and Batundi
    Tresor and Batundi Unite on “Selina”
    November 16, 2026
  • GoldFish
    GoldFish and Watermät Release New Single: “Sand”
    November 16, 2026
  • Jasper Dan
    Jasper Dan Release “Tequila & Lime” Single
    November 13, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,391
Rock 629
Useful Tips 575
Afrikaans 530
Cape Town 352
USA 339
Pretoria 307
Johannesburg 294
Festivals 201
UK 180
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.