Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Pieter Marcato Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Lekker Man”

Pieter Marcato Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Lekker Man”

Blitsoorsig: Pieter Marcato het "Lekker Man" uitgebring, 'n speelse kuier-liedjie wat die alledaagse Suid-Afrikaanse uitdrukking "lekker man" vier. Die liedjie gaan oor die genot van vriendskap, saamkuier en goeie tye. Pieter verklaar dat musiek mense nader aan mekaar bring en dat die song bedoel is om mense aan die lag te sit.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 26, 2025No Comments3 Mins Read Music Videos 54 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die Afrikaanse liedjieskrywer en sanger Pieter Marcato is terug met ’n vars, onweerstaanbare kuier-liedjie wat reeds beloof om een van 2025 se grootste partytjietreffers te word.

Sy nuwe enkelsnit, “Lekker Man”, vang die ware gees van Suid-Afrikaanse saamkuier vas – daardie bekende, warm “lekker man!” wat in bykans elke geselskap rondgaan wanneer iemand vra hoe dit gaan.

Pieter Marcato

Die Alledaagse Inspirasie Agter “Lekker Man”

Volgens Pieter Marcato is die inspirasie vir “Lekker Man” direk uit die alledaagse leefwêreld gebore. “Almal sê altyd ‘lekker man’ as jy vra hoe gaan dit. Dis só ’n eg Suid-Afrikaanse woord. Ek het gedink dit sal ’n lekker idee en konsep wees vir ’n song,” verduidelik hy.

Met die pakkende reël “Dis ’n fees om die gees na ’n fees toe te bring” wou Pieter Marcato die hart van die lied vasvang. “Wat ek daar probeer sê, is dat dit altyd lekker is om die gees – die vibe – te wees by ’n kuier, fees of braai,” sê hy.

IQ AcademyOfferforge

“Lekker Man” se kernboodskap is eenvoudig: geniet jouself. “Dis net om ’n lekker mens te wees en te kuier en jou lewe te geniet,” sê Pieter. Die lirieke bevat speelse verwysings soos “Gin vir ou Hin” en “wyn vir Charmaine”, maar hy bevestig dat dit simbolies is van vriendskap, karakter en lekker saamkuier – en natuurlik ’n bietjie tong-in-die-kies humor.

Die atmosfeer in die ateljee was net so vrolik soos die lied self. “Ons het ’n lekker tyd in die studio gehad… baie gelag! En ons het vir Kosie Beukes gekry op die konsertina, wat groot pret was,” vertel Pieter.

Pieter Marcato glo vas dat musiek ’n unieke vermoë het om mense nader aan mekaar te bring. “Musiek speel ’n groot rol in mense se lewens – dis die klankbaan van mens se lewe,” sê hy. Dit sluit perfek aan by die refrein se uitnodiging: “Vanaand gaan ons net lekker memories maak.”

Om die refrein só aansteeklik te maak, het Pieter spesifiek op die kuiergevoel gefokus. “Repetisie, en dan ook ekstra stemme in die koor, om dit soos ’n kuierplek te laat klink,” verduidelik Pieter.

NetfloristOfferforge

“Lekker Man” is vervaardig deur Jaques Lotter, met musikale bydraes deur Jos Oosthuizen op elektriese kitaar en
Kosie Beukes op konsertina.

Hoewel die liedjie duidelik binne Pieter se kenmerkende styl val, wys dit ’n nuwe speelsheid in sy werk. “Ja, dis in my styl – dalk bietjie meer speels as wat ek gewoonlik sal wees,” sê hy.

Wat Die Lied Vir Pieter Marcato Self Beteken

Vir Pieter is die idee van ’n perfekte kuier eenvoudig en heel-Suid-Afrikaans. “’n Lekker skaaptjopbraai saam pelle by my huis, met lekker musiek en geselskap. Mense moet net ’n lekker tyd hê en die song geniet. As dit ’n smile op iemand se gesig sit, het ek reggekry wat ek wou.” sê  Pieter.

Kyk die video vir “Lekker Man” hier onder:

Pieter Marcato - Lekker Man (Amptelike Musiekvideo)

Pieter Marcato is reeds besig met nuwe werk en beloof verrassings. “Ek is besig om aan ’n interessante song te werk – dalk iets heel anders as wat ek voorheen uitgebring het.” sê hy.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos category op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Future Radio & Pieter Marcato Release “Punk Rock Saved My Live!”

    Future Radio & Pieter Marcato
    Music Videos 20 Feb 2026

    Future Radio and Pieter Marcato team up on "Punk Rock Saved My Life!" - a modern pop punk anthem that celebrates the genre's lasting impact and emotional power.

    Pieter Marcato reik nuwe enkelsnit uit: “Sy”

    Pieter Marcato - Sy
    Music News 16 Apr 2025

    Pieter Marcato het sy nuwe enkelslaag "Sy" uitgereik, 'n intieme liefdesverklaring wat ware liefde met opregtheid en warmte vasvang.

  • Pieter Marcato sien uit na Lekker Tye met sy nuwe enkelsnit

    Pieter Marcato
    Music News 17 Jun 2020

    Pieter Marcato het sy nuwe enkelsnit "Lekker Tye" uitgereik, wat oor die blydskap van tyd saam met geliefdes gaan en hoop bring in moeilike tye.

    Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”

    Winter Hotel
    Music Videos 5 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Lekker Man Pieter Marcato South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”
    August 5, 2026
  • Man As Machine - Impossible Sea
    “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released
    August 3, 2026
  • Shortstraw - Rubber Arm
    “Rubber Arm”, The New Shortstraw Single Has Arrived
    August 3, 2026
  • Lee Cole - Fool
    On New Track “Fool”, Lee Cole Confronts Self-Betrayal
    August 1, 2026
  • Manfred Zipfel
    Manfred Zipfel’s “Sunshine” Brings Hope Through Simplicity
    July 31, 2026
  • Bangkinders - Francois Van Coke
    “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier
    July 31, 2026
  • A New Country Anthem: "Keep On Kickin" by Hendry & Serrao 2
    A New Country Anthem: “Keep On Kickin” by Hendry & Serrao
    July 30, 2026
  • Millennium - Brooklyn Bachelor
    Met “Brooklyn Bachelor” Skop Millennium Die Deur Oop
    July 28, 2026
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,254
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
USA 331
Cape Town 331
Pretoria 303
Johannesburg 285
Festivals 197
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.