Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Saarkie Reik Nuwe Album Uit: “Waar Lê Jou Hart?”

Saarkie Reik Nuwe Album Uit: “Waar Lê Jou Hart?”

Blitsoorsig: Die Afrikaanse rockgroep Saarkie het hulle derde album Waar Lê Jou Hart uitgereik met nuwe basist en sanger Alouise aan boord. Die album bevat twaalf liedjies, waarvan "Waar Lê Jou Hart" die nuutste enkelsnit is, en reflekteer die groep se hoop en waardering vir lewe na uitdagende tye. Die musiekvideo is in die Rietvlei Natuurreservaat verfilm.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 4, 2021No Comments5 Mins Read Music News 94 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Saarkie het hulle nuwe album uitgereik, Waar Lê Jou Hart. Die gewilde rockgroep was nog altyd anders en het nog altyd aandag getrek waar ookal hulle gaan. Hulle ruk en rol al vyftien jaar in Afrikaans én Engels en hierdie jaar vier hulle Vrouemaand met ’n splinternuwe enkelsnit, musiekvideo, die nuwe album én ‘n nuwe lid!

Alouise, oftewel Ella, neem haar plek in as baskitaarspeler en sanger in die groep. Hierdie Vrystater van Bethlehem speel al klavier vandat sy drie is en werk nou amptelik tien jaar in die musiekbedryf.

Alouise het die volgende te sê gehad

“Dit is ’n groot voorreg om saam met Adèle en Lila musiek te maak en dit voel asof ek my musiek vryheid gee wanneer ek dit doen, Ek het verlief geraak op hulle klank toe ek eers agter die baskitaar inspring om die liedjies te leer en sien uit na die toekoms.”

Hierdie Ghoema-bekroonde musikant en liedjieskrywer (Bella & Buster) het in 2011 haar debuut gemaak as deel van die groep, Onbeskaamd, en speel steeds so af en toe saam met hulle, asook saam met Bok van Blerk se band. Wanneer sy nie op die verhoog is nie, is sy ’n musiekonderwyser en fietsryer en werk sy ook daaraan om haar eie musiek op te neem.

NetfloristOfferforge
Saarkie - Waar Le Jou Hart (Band)
Foto Deur Henk Steyn

Adèle en Lila is baie opgewonde om haar aan boord te hê

“Ons voel dat Ella ons, as musikante, uitdaag en dat sy iets nuuts na die tafel toe bring. Ons aanhangers kan uitsien na wat voorlê.”

Om alles nog meer opwindend te maak, het die meisies besluit om ’n splinternuwe enkelsnit, musiekvideo en album vry te stel, waarvan Mjön van Blommestein wat die groep verlaat het, steeds deel is.

Adèle en Lila gaan vir Mjön mis

“Mjön het gedurende grendeltyd ’n nuwe besigheid begin wat baie van haar tyd opneem en het daarom besluit om vir eers daarop te fokus. Dis altyd hartseer om ’n sussie te verloor en ons gaan haar mis.”

“Waar Lê Jou Hart” is die derde vrystelling vanaf hulle nuwe album en is deur Adèle geskryf

Volgens haar gaan hierdie Afrikaanse “African Pop”-liedjie oor waar ’n mens se hart lê in hierdie onsekere tye wat jou dwing om ’n “reality check” te doen.

NetfloristOfferforge

“Dit is ’n uitnodiging vir iemand om saam met jou weg te gaan op ’n avontuur. Weg te breek, te leef in die oomblik en te vergeet van probleme en stres. Ons hou van die liedjie want dit het ’n opwindende ritme en dit wil jou maak in die kar klim en na die sonsondergang toe ry.” sê sy.

Die musiekvideo, wat deur Unbreakable Media se Marlie van Oudtshoorn vervaardig is, sluit perfek by die tema van die liedjie aan en gaan oor die drie Saarkies wat die pad vat – in ’n 1969 BMW 1602 Bauer LHD Cabriolet – om ’n avontuur aan te pak. Dit is in die Rietvlei Natuurreservaat verfilm en die kar is verskaf deur Wat Swaai Jy?

“Die idee is geïnspireer deur die liedjie en boodskap is dat wanneer jy iemand vra om saam met jou op ’n road trip te gaan, wil jy weet waar hulle hart lê.” sê Saarkie.

Kyk die video vir “Waar Lê Jou Hart?” hier onder

NetfloristOfferforge

Die liedjie volg in die suksesvolle voetspore van die groep se mees onlangse liedjies, “Reënweer” en “River Blues”, wat beide goed ontvang is en steeds radio-speeltyd kry.

Al drie snitte is beskikbaar op hulle nuutste album, Waar Lê Jou Hart?, wat pas vrygestel is en ’n indrukwekkende kombinasie van twaalf lekkerluister-snitte bevat.

Saarkie - Waar Le Jou Hart

Volgens dié Ghoema-bekroonde meisiesgroep is dié kontemporêre pop-rock-album hulle manier om vorentoe te beweeg na ’n baie uitdagende tyd en daarom het hulle nie by een spesifieke konsep of tema gehou nie.

Saarkie verduidelik

“Gedurende Covid, het ons nuwe waardering gekry vir die lewe. Daarom het ons geskryf oor plekke, diere, liefde en mense wat vir ons betekenis dra. Ons sal graag wil hê dat dit ’n rustigheid, maar ook ’n opgewonde gevoel aan ons luisteraars moet gee en by hulle moet aanklank vind. Dis iets wat jy in die kar kan luister of rondom ’n kampvuur saam met die mense waarvoor jy lief is.”

NetfloristOfferforge

Buiten vir twee bestaande treffers en ’n paar opwindende nuwe liedjies, sluit die album ook ’n duet in saam met Jak de Priester van sy gewilde snit, “Sally Williams Nougat”. ”

Mozambique” word uitgesonder as hulle gunsteling op die album

“Ons geniet die ritme en dit het ’n lekker vakansiegevoel. Mosambiek is ’n plek waar jy jou hare kan laat loshang, sonder te veel reëls. Waar jy op die strande kan ry met jou 4×4, om die kampvuur kan kuier en jou lippe kan rooi drink aan R&R’s.” 

Saarkie bestaan al vir vyftien jaar en werk reeds aan inhoud vir ’n volgende album. ’n Eksklusiewe reeks Saarkie-toebehore sal ook binnekort te koop wees.

Waar Lê Jou Hart? is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Luister dit HIER.

Saarkie deel hulle gedagtes oor die laaste jaar

“Die laaste jaar was baie moeilik. Ons album is ʼn boodskap van hoop in moeilike tye en ook saamgestel uit van ons beste herinneringe van die afgelope ruk. Alles is nooit net sleg nie en die rooi papawer op ons album-omslag is simbolies van hoop vir die toekoms. So dit gaan oor ʼn nuwe begin, vol hoop en liefde, al roei mens soms teen die wind.”

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets

    Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets 1
    Upcoming Events 14 Sep 2026
  • Dave Koz January 2027 South African Tour: All The Deets

    Dave Koz
    Upcoming Events 5 Sep 2026
  • Riverdance 30 – The New Generation: April 2027 SA Tour Deets

    Riverdance 30 - The New Generation: April 2027 SA Tour Deets 2
    Upcoming Events 5 Aug 2026
  • Halloween 2026 in Pretoria: Featuring Silverstein & More

    Halloween 2026 in Pretoria Featured
    Upcoming Events 30 Jul 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Pretoria South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.