Vandag word Sewevoet se tweede album, naamlik Donker Uur vrygstel en is nou beskikbaar op alle aanlynplatforms. Jy word terug gevoer na ’n tyd wat ver weg voel; ’n klank so teen die graan van die struktuur, so vars en op die randjie van die afgrond waar normaal eindig. Sewevoet is presies dit: Kraakvars met klanke wat beweeg in leë spasies saam met ’n boodskap wat verdwaal in jou denke.
Meer inligting oor Sewevoet
Sewevoet is die breinkind van JP Rossouw en Donker Uur, die album, is by Sunset Recording Studios in Stellenbosch opgeneem met Jurgen von Wechmar aan die stuur van produksie. Met die onsekerheid wat met 2020 gepaard gegaan het as inspirasie, vertel die album ook die storie van JP se eie lewe oor die laaste paar jaar en sy strewe na geluk en soektog na lig gedurende moeilike tye.

Na drie jaar van duistere tye en geen musiek, het JP die nietigheid van die lewe besef en besluit dit is weer tyd om die kitaar op te tel en die musiek het weer terug gekom. Saam met elke liedjie op die album, kom daar ’n diep storie wat gepaardgaande emosies wakker maak in die luisteraar. ‘Voetspore’ vertel die storie van aanvaarding wanneer lewenshoofstukke afgehandel en volbring word.
‘Donker Uur’ vang die onstuimigheid van die huidige tye vas, ‘Bouvallig’ beskryf hoe verniel die mensdom is en ‘Maak Sekondes Tel’ vang die verganklikheid van die lewe vas, terwyl ‘Reënboog’ en ‘Breinoog Meisiekind’ weer hoop bring.

“Ons is maar voetspore in die sand; watter spore wil jy los?”
Donker Uur, die album, weerspieël die bekende ritmiese klanke van Sewevoet met drywende kitaar melodieë en diep, beskrywende lirieke. ’n Album gemaak vir enige iemand wat hom of haar in onsekerheid bevind en opsoek is na die lig.
Die album is in samewerking met Vinnie Henrico op dromme, Denny Lalouette op baskitaar, Hiram Koopman op saxofoon, Grandal Vlotman op klawerbord, Jared Gunston op hoofkitaar en Melissa van der Spuy op agtergrondsang. Aanhangers kan ook uitsien na nog vele meer van Sewevoet met Donker Uur as nuutste enkelsnit, en ’n splinternuwe EP oppad in 2022.
Jy kan Donker Uur HIER luister / aflaai.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.
Jy sal dalk ook hiervan hou
-
Lyra K releases "Breathe," a vulnerable soft alternative-folk track exploring emotional exhaustion before her album Seasons drops in September.
South African EDM producer Undertone reimagines Twisted Sister's rock classic "We're Not Gonna Take It" as a club-ready electronic track with fresh vocals and production.
-
Brian Chaplin launches Amadé, his solo electronic music project, with debut single "Hell or High Water" featuring Locnville, exploring melodic house.
Shabadu's latest instrumental single "Warmly Grounds" celebrates nostalgia and connection through graceful piano melodies and soulful guitar arrangements that evoke home and family.


