Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Sewevoet Reik Nuwe Enkelsnit en Musiekvideo Uit

Sewevoet Reik Nuwe Enkelsnit en Musiekvideo Uit

Blitsoorsig: Sewevoet, JP Rossouw se musikale projek, het die enkelsnit "Voetspore" vrygestel as eerste blik op sy nuwe album. Die liedjie, geskryf in 2008, handel oor beheer en onsekerheid in die lewe. Die musiekvideo, gefilm op Noordhoek Strand in Kaapstad, kombineer dramatiese kitaar en saxofoon met diepgaande lirikale bespiegelinge oor ons bestaan.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 27, 2021No Comments2 Mins Read Music Videos 55 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Sewevoet het die eerste enkelsnit vanaf sy nuwe album met dieselfde titel, Voetspore vrygestel. Die album sal later vanjaar vrygestel word.

Meer inligting oor Sewevoet

Sewevoet, die breinkind van JP Rossouw, het reeds in 2013 sy debuutalbum, ‘Maak Sekondes Tel’ vrygestel. Vir die laaste 27 jaar vind hy medisyne vir sy siel in musiek, en skryf klanke wat beweeg in leë spasies met ’n boodskap wat verdwaal in jou denke.

Sewevoet - Voetspore

“Voetspore”, die enkelsnit is alreeds in 2008 geskryf en is tans is sy derde en finale weergawe.  Sewevoet beskryf die liedjie as ’n oomblik van helderheid uit sy eie lewe: “Die besef en verstaan daarvan dat ons nie regtig in beheer is nie. Mens weet nie altyd hoe die wind sal waai of waar jy jouself sal bevind later op jou lewenspad nie, maar die voetspore wat jy los hang van jouself af.”

As eerste indruk van Sewevoet skep “Voetspore” diepte; ’n fondasie vir die musiek en die boodskappe wat oorgedra word. Die liedjie self skep ’n dramatiese atmosfeer wat tussen drywende kitaarklanke en sensuele saxofoon deur vloeiende melodieë aangevul word. Die lirieke delf diep binne-in elke luisteraar se siel met die soektog na antwoorde en die onsekerheid daaraan verbonde.

NetfloristOfferforge

Die musiekvideo vir “Voetspore” is in Maart 2021 deur Ebert Steyn Films geskiet op Noordhoek Strand in Kaapstad. In besprekings oor die enkelsnit en lirieke, het die vraag ‘Dink jy ons is iets anders as bloot voetspore in die sand?’ telkemale opgekom. Net soos die oseaan alle voetspore op sy strande vinnig wegspoel, so is die lewe: Vinnig verby.

“Waar beter om oor die lewe te besin as tydens sonsondergang op die strand? Tussen die warboel van emosies wat die lewe bring, wou ek ook die beeldskoonheid van die natuur beklemtoon in die musiekvideo. Ons het besluit om die konsep eenvouding te hou om die boodskap wat die enkelsnit oordra, as hoofspeler in die verhaal te hou.” sê JP.

Jy kan die “Voetspore” enkelsnit .

Hou Running Wolf’s Rant dop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets

    Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets 1
    Upcoming Events 7 Sep 2026
  • Dave Koz January 2027 South African Tour: All The Deets

    Dave Koz
    Upcoming Events 5 Sep 2026
  • Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”

    Amy Tjasink
    Music News 24 Aug 2026
  • Piano People South Africa: November & December 2026

    Piano People Featured
    Upcoming Events 22 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Cape Town South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,287
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 515
USA 335
Cape Town 335
Pretoria 304
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.