Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Smokkelhuiz Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Mure”

Smokkelhuiz Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Mure”

Blitsoorsig: Smokkelhuiz het hul derde enkelsnit "Mure" uitgegee, 'n liedjie wat diep nadink laat oor waar ware vrede gevind word. Geskryf deur Johan van Schalkwyk en vervaardig deur John Hopkins, dra die liedjie 'n boodskap dat selfs wanneer jy gebreek voel, jy genoeg is en geliefd. Met sy goedvoel-energie en opbouende woorde is dit 'n herinnering van hoop wat luisteraars op verskillende maniere sal raak.

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 27, 2026No Comments4 Mins Read Music News 111 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die energieke Afrikaanse pop-rock groep Smokkelhuiz stel met trots hul splinternuwe enkelsnit, “Mure,” vry – ’n liedjie wat nie net jou voete laat stamp nie, maar ook jou hart laat nadink.

“Mure” is meer as net ’n catchy rock-snit. Dit dra ’n diep boodskap oor die mens se soeke na geluk en vervulling. Volgens Smokkelhuiz soek ons dikwels vreugde in mense, materiële dinge en die wêreld rondom ons, maar ware vrede word uiteindelik net op een plek gevind: in die huis van ons Hemelse Vader.

Smokkelhuiz

Die titel “Mure” simboliseer daardie geestelike tuiste – ’n plek van veiligheid, hoop en waarheid. Tog dra dit ook ’n persoonlike betekenis vir elke luisteraar.

“Almal van ons het ons eie mure,” deel die groep. “En dit is wat die lied so uniek maak — elke persoon kan anders daarna kyk en uiteindelik aanklank vind by wat ook al sy of haar ‘mure’ is.”

NetfloristOfferforge

Dis juis daardie oop interpretasie wat die liedjie universeel maak. Vir sommige is dit beskerming. Vir ander is dit ’n hindernis. En vir nog ander is dit die plek waar hulle uiteindelik rus vind.

“Mure” is geskryf deur Johan van Schalkwyk en vervaardig deur John Hopkins. Die inspirasie spruit uit Johan se eie uitdagende seisoen – ’n tyd waarin hy hoop en erkenning in mense gesoek het, net om te besef dit laat hom leeg.

Die lied vertel van iemand wat deur die lewe op sy knieë gedwing word, maar juis daar ’n ontmoeting met ’n Hoër Wese beleef – en ontdek waar liefde en krag werklik vandaan kom.

Die kernboodskap is eenvoudig maar kragtig: Selfs wanneer jy gebreek voel, is jy genoeg. Jy is geliefd. En God kies jou oor en oor.

NetfloristOfferforge

Smokkelhuiz glo luisteraars sal op verskillende maniere met die liedjie verbind – party deur die melodie, ander deur die ritme, en ander deur die storie wat tussen die lirieke lê.

“Mure” dra ’n goedvoel-energie met ’n effense hartseer ondertoon – maar eindig uiteindelik as ’n baken van hoop. Dis ’n herinnering dat die son môre weer opkom en dat daar altyd nog ’n dag is om te leef.

Met sy opbouende energie en betekenisvolle woorde is dit daardie tipe liedjie wat jou optel wanneer jy laag voel – en jou sommer laat dans, want hoekom nie? Musiek ís mos lewe.

Jy kan die liedjie op Spotify en all ander stromingsplatvorms luister.

NetfloristOfferforge

Smokkelhuiz is ’n Groep Met Momentum

“Mure” is Smokkelhuiz se derde enkelsnit, en volgens die groep voel elke vrystelling soos ’n nuwe hoogtepunt.

“Soos kinders – nie een is dieselfde nie, elkeen het sy eie persoonlikheid.”

Die groep het reeds naam begin maak met optredes regoor die land, insluitend ’n onvergeetlike toer deur Noordwes. Johan is in 2024 benoem vir ’n Afri-Indie-toekenning, en Smokkelhuiz hoop om binnekort verdere erkenning vir hul eie verwerkings te ontvang.

Die vyf lede vul mekaar perfek aan – ’n unieke kombinasie van Afrikaanse en Engelse agtergronde, maar een gedeelde taal: musiek. Hul styl meng rock en geloofsmusiek met inspirasie uit bands soos Smashing Pumpkins, Nickelback en Linkin Park, afgerond met ’n eie “Smokkel Faktor” wat hul klank onmiddellik herkenbaar maak.

NetfloristOfferforge

Wat Lê Voor?

In 2026 beplan Smokkelhuiz om nóg vyf nuwe liedjies uit te bring – sommige perfek vir winteraande by die kaggel, ander gemaak vir warmer maande waar die hare los kan waai saam met goeie musiek.

Die groep droom daarvan om meer te toer, meer akoestiese werk te doen en hul stories van hoop en herinnering met nóg meer mense te deel.

In een sin opgesom: “Mure” is ’n lekker gevoel-liedjie met ’n hartseer agtergrond, maar ’n sterk boodskap van hoop – en die wete dat ware geluk uiteindelik by God gevind word.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdatering in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Khazimula Releases New Single: “Joburg City”

    Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Music News 2 Oct 2026
  • Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”

    Deborah McKay
    Music News 28 Sep 2026
  • The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”

    The Hill
    Music News 25 Sep 2026
  • Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”

    Charlie Void
    Music News 25 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Mure Smokkelhuiz South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
  • Kerk Straat
    Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”
    September 17, 2026
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.