Close Menu
  • Home
  • Featured Articles
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Home
  • Featured Articles
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Home»Music News»Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees Vier 20 Jaar

Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees Vier 20 Jaar

Henno KrugerBy Henno Kruger Music News 4 Mins ReadMay 15, 2025
Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

Die langverwagte program vir Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees (SIKMF) 2025 is nou beskikbaar. Konserte, meesterklasse en meer vorm deel van die 20 jaar mylpaal-viering van een van die wêreld se mees gesogte jaarlikse klassieke musiekbyeenkomste.

Daar is lank reeds met groot afwagting uitgesien na die bekendstelling van die program vir die aandkonserte tydens die opkomende Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees. Die Artistieke Direkteur, Nina Schumann, het weereens met ’n boeiende afwisseling tussen ou en nuwe musiek vorendag gekom – ’n samestelling wat die verbeelding van klassieke musiekliefhebbers beslis sal aangryp.

Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees

Aandkonserte, afskop en ’n spesiale herkomsorkes

Die aandkonserte sal tussen 4 en 13 Julie om 20:00 in die Endlersaal plaasvind. Om die twintigste aanbieding van die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees te vier, skop die fees reeds op Donderdag 3 Junie af met ’n luisterryke uitvoering deur die SIKMF Alumni-Simfonieorkes – ’n ensemble saamgestel uit vorige deelnemers van die Kamermusiekfees.

Die program sluit werke in soos Mahler se “Vyfde Simfonie”, Matthijs van Dijk, en Gershwin se “Concerto in F”. Die dirigent is Jacobus de Jager en die konsertmeester is Ian Watson – ’n deelnemer van die heel eerste SIKMF in 2004. Klaviersolis Leo Gevisser, oudleerling van prof. Nina Schumann en afgestudeerde van die Juilliard School of Music in New York, sal ook optree.

Opgedateerde Barok en feestelike flair

Die personeelkonserte begin op Vrydagaand, 4 Julie met Max Richter se herverbeelding van Vivaldi se “Vier Seisoene”, met die internasionaal gevierde Daniel Rowland as violis. Die aand eindig met ’n uitbundige kombinasie van mode, kunstenaarskap en flair – gebaseer op Ravel se “Bolero” – wat luisteraars ’n voorsmaak gee van wat nog kom.

Vir diegene met ’n klassieke voorkeur is daar ruim voorsiening: Beethoven, Strauss, Sjostakowitsj, Brahms en Saint-Saëns is op die program. Maar die fees bly ook getrou aan sy missie om kontemporêre komponiste ’n verhoog te bied. Werke van Kapustin, Macky, Widmann en die veelbekroonde Olli Mustonen sal uitgevoer word.

En as jy in 2019 die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees All Stars se weergawe van AC/DC se “Thunderstruck” beleef het, moet jy Donderdag 10 Julie se konsert nie misloop nie!

Vanjaar se feeskomponis is die internasionaal bekende jazzpianis Kevin Harris. Sy werk “RESONANCE: A Contemporary Symphonic Reflection Through the Courageous Lens of Steve Biko” word op Dinsdag 8 Julie vir die eerste keer uitgevoer. Hierdie werk, geïnspireer deur die geskrifte van Steve Biko, beoog om luisteraars tot nadenke te stem oor sosiale vooruitgang deur die lens van jazz en klassieke musiek.

Terwyl die personeel elke aand meesterwerke uitvoer, bied hulle bedags afrigting, meesterklasse, en interaksie aan meer as 300 studente. Baie van hierdie studente sal ook saam met hul mentors op die aandverhoog verskyn. Bykomende studentkonserte word daagliks om 13:00 en 17:00 aangebied.

Internasionale en nuwe kunstenaars op die verhoog by die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees

Gewilde kunstenaars soos Nicholas Dautricourt, Andrej Baranov, Suzanne Martens, Farida Bacharova, Xandi van Dijk, Maja Bogdanovic, David Cohen, Ekaterina Kornishina, Dwight Parry, YaoGuang Zhai, Marco Silva, Jauvon Gilliam en Emanuil Ivanov is vanjaar weer deel van die program.

Eerste keer optredes sluit in Jose Garcia Gutierrez (horing), Zoran Markovic (kontrabas), Bram van Sambeek (fagot) en Daniel Austrich (viool). Die volledige lys kunstenaars is beskikbaar HIER.

Finale viering: vier orkeskonserte

Die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees eindig met vier groot orkeskonserte – drie in die Endlersaal en een in die gemeenskapsaal in Kayamandi. Die Fees-Simfonieorkes onder leiding van Antony Hermus sal Brahms se “Eerste Simfonie”, asook werke van Nino Rota en Maurice Ravel uitvoer. Soliste sluit in Bram van Sambeek en Emanuil Ivanov.

Die Fees-Konsertorkes, onder leiding van die Grammy-bekroonde Michael Repper, sal werke van Bizet, Beethoven en Saint-Saëns uitvoer, met Maja Bogdanović as solis.

Kaartjies en besonderhede

Volledige feesinligting is beskikbaar HIER.

Konsertkaartjies aanlyn beskikbaar op Webtickets.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

Related Articles:

  • Vier 60 jaar van Virginia Lee se album ‘Boerenooientjie’
  • Stellenbosch: 15 Interesting Facts You Might Not Have Known
  • School of Rock Expands to Stellenbosch
  • Stellenbosch Endler Concert Series Programme Announced

Like what you just read? Buy us a coffee to enable us to bring you more content like this.

You're also more than welcome to subscribe to our newsletter to stay in the loop.

Join The Wolf Pack!

Get updates in your Inbox

Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

Feeling bored? Cure your boredom! Read some random facts or watch a random music video.

NetfloristOfferforge

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Afrikaans Festivals SIKMF South Africa Stellenbosch Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees
Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
Previous ArticleAnanya Leaps into the Past With “Long Jump” Music Video
Next Article Skys a Blu returns with feel-good single: “Closer”
Henno Kruger

Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Kategoriëe
Nog artikels in Afrikaans
Neville D
April 10, 2026

Neville D Reik “Jy Gaan Nog Altyd Wen” Uit

2 Mins Read
VANFOKKINGTASTIES Featured
April 9, 2026

VANFOKKINGTASTIES by Marks Park: 6 Junie 2026

25 Views4 Mins Read
Nicholis Louw
April 1, 2026

Nicholis Louw vier liefde en eenvoud met “Ek En Jy”

4 Mins Read
Brandon Miles
March 31, 2026

Brandon Miles Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “DNA”

3 Mins Read
Ander Artikels
Solomon John
April 20, 2026

Solomon John Returns With “Get Out Of My Head”

34 Views3 Mins Read
GAZ
April 17, 2026

GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”

6 Views4 Mins Read
BYD Atto 8
April 16, 2026

BYD Launches All-New Atto 8 in South Africa

36 Views3 Mins Read
Hidden Gems South Africa
April 16, 2026

BBC Lifestyle To Launch Hidden Gems South Africa

29 Views3 Mins Read
NetfloristOfferforge
"Featured" Artikels
David Gray Featured
December 6, 2022

Review: David Gray Live @ SunBet Arena in Pretoria

171 Views4 Mins Read
The Inspector Cluzo
November 17, 2022

The Inspector Cluzo: 10 Interesting Facts You Might Not Know

8 Views2 Mins Read
My 2 cents on the 2nd last edition of Park Acoustics for 2017 1
November 4, 2017

My 2 cents on the 2nd last edition of Park Acoustics for 2017

51 Views3 Mins Read
Francois van Coke @ Park Acoustics 01
June 30, 2015

Photo Album: Van Coke & Parow @ Park Acoustics

68 Views4 Mins Read
Follow Us!
  • Facebook
  • Twitter
  • Pinterest
  • Instagram
  • YouTube
  • TikTok
Recent Comments
  • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
  • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
  • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
  • David Devo Oosthuizen on Mark Haze Unveils New Piano-Powered Ballad: “Walked On By”
Subscribe to Our Newsletter

Join The Wolf Pack!

Get updates in your Inbox

Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
© 2026 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.