Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
  • Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Zaan Sonnekus Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hoog”

Zaan Sonnekus Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hoog”

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 24, 2021No Comments4 Mins Read Music News 21 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Pretoria rock-sensasie Zaan Sonnekus is terug met nog ’n liedjie wat luisteraars se asems gaan wegslaan, “Hoog”. Met sy donker lokke en poëtiese lirieke, het Sonnekus alreeds ’n omwenteling in die plaaslike musiekmark veroorsaak met sy treffer, “Ek Kan Net Bid”, wat vroeër vanjaar vrygestel is en steeds op elke prominente radiostasies gehoor kan word.

“Hoog” is ’n alternatiewe folk-snit, uit dié Pretorianer met sy kunstige versameling tatoes se eie pen, en kan beskryf word as ’n hoopvolle goedvoel-liedjie met ’n donker laag.

Zaan Sonnekus - Hoog

Zaan Sonnekus vertel ons meer van “Hoog”

“Die lewe is crazy. Ek dink ons almal probeer nog onsself vind, of ten minste net weer ons voete vind, in tye soos vandag… dinge is nie meer so eenvoudig nie. Baiekeer moet jy in die soektog na jouself eers verlore raak.”

“Jy soek na jouself as jy hoog is (op kruine) en soms as jy laag is (in ’n trog) en is dan oneerlik, want jy gee voor dat jy okay is omdat jy nie wil hê mense moet weet hoe jy regtig voel nie. In hierdie “soektog” na jouself stoot jy dalk mense weg en verloor hulle in die proses, al was dit nie jou bedoeling nie. Hulle is hoog en laag op hulle eie tyd en die hartseer ding is dat hulle nie altyd vir jou kan of wil wag om jou voete te vind nie.”

“Hoog is anders as enige van my vorige songs, maar definitief nader aan die klank waarheen ek wil beweeg en ek dink dis iets wat oud en jonk sal geniet,” sê hy. “Die liedjie gaan hulle laat goed voel en ek is seker van die lirieke sal aanklank vind in hulle lewens. Ons almal gaan deur hoogte- en laagtepunte.”

NetfloristOfferforge

Zaan Sonnekus

Dit is die musikant se tweede snit saam met Tertius Human van CoolerBox Brothers en dit is nader aan die klank wat hy graag wil weergee as sy vorige werk. Die “Hoog” musiekvideo sal in  September vrygestel word.

“Hoog” is die tweede enkelsnit vanaf sy komende album, wat in Oktober uitgereik word, waaroor hy baie opgewonde is.

Zaan verduidelik

“Ek dink ek het êrens in 2020 uiteindelik my klank gevind en mense sal dit hoor in die album wat op pad is. Hierdie snit is ’n goeie inleiding daarvoor.”

Zaan het in Bloemfontein grootgeword en was nog altyd versot op musiek. Toe hy sy eerste kitaar kry op die ouderdom van tien, was daar vir hom geen twyfel oor wat hy met die res van sy lewe wou doen nie en daarom het hy na skool musiekvervaardiging gaan studeer by COPA.

Hierdie sielvolle liedjieskrywer en veelsydige musikant, met sy leerbaadjie en unieke stem, se droom is om betekenisvolle musiek terug te bring na die Afrikaanse mark en nuwe lewe in die bedryf te blaas… en met wat ons reeds die afgelope ruk van hom gehoor het, gaan hy beslis hierdie doelwit bereik.

Die video, wat deur Wian van der Walt en Francois Roux vervaardig is, is op verskillende plekke verfilm, insluitend ’n natuurreservaat in Alberton, in die stad, in sy eie huis in Pretoria en in Krugersdorp (waar die reksprong-toneel geskiet is).

“Ek dink dit is visueel sterk en ek hou van die feit dat dit ’n storie vertel en nie soos in die verlede ek en my orkes is wat optree nie,” deel Zaan.

Kyk Zaan Sonnekus se musiekvideo vir “Hoog” hier onder:

YouTube video player

“Hoog” is op alle digitale platforms beskikbaar.

Zaan Sonnekus is defnetief een van die kunstenaars om dop te hou in die nabye toekoms. Eks nuuskierig om te hoor hoe sy hele album gaan klink (wat later in 2021 uitgereik gaan word).

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Zaan Sonnekus
    Zaan Sonnekus Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Krapmerke”
  • Zaan Sonnekus
    Zaan Sonnekus reik nuwe enkelsnit uit: “Monitor”
  • Zaan Sonnekus
    Zaan Sonnekus Reik “Zonneblom” (Sy Debuut Album) Uit
  • Zaan Sonnekus
    Zaan Sonnekus jaag vooruit met nuwe liedjie “Spoed”

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Afrikaans Pretoria Rock South Africa Zaan Sonnekus
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Zolani Mahola - LIFT Me Higher
    Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
    July 9, 2026
  • Truth & Its Burden
    Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
    July 8, 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit
    July 6, 2026
  • Henry Ate
    Henry Ate “30 Years of Slap In The Face” Tour: Oct/Nov 2026
    June 26, 2026
  • +LIVE+ Band Picture
    +LIVE+ December 2026 South African Tour
    April 22, 2026
  • Playtopia Festival Featured
    Playtopia Festival: 3-5 December 2026
    May 14, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
  • Oasis Don't Look Back in Anger
    New Oasis Documentary Trailer Released
    July 10, 2026
  • Piano People Featured
    Piano People South Africa: November & December 2026
    July 10, 2026
NetfloristOfferforge
Popular Articles
Charlie Harris

Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”

July 3, 202635 Views
VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 2

VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit

July 6, 202630 Views
Carol-Ann Meltzer - Khazimula

Khazimula Finds Hope with New Single: “‘On a Dream”

July 3, 202630 Views
Muse Band

Muse Releases Immersive New Album: “The Wow! Signal”

July 1, 202630 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,370 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 224
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
581
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.