Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Zaan Sonnekus Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hoog”

Zaan Sonnekus Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hoog”

Blitsoorsig: Zaan Sonnekus, die Pretoria rock-sensasie, het sy tweede enkelsnit "Hoog" uit gelewer, 'n alternatiewe folk-nommer wat oor die soektog na jouself en lewese se hoogte- en laagtepunte gaan. Die liedjie is anders as sy vorige werk en is nader aan die klank waarheen hy wil beweeg. Die musikvideo sal in September vrygestel word en "Hoog" is die tweede snit van sy komende album wat in Oktober uitgereik word.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 24, 2021No Comments4 Mins Read Music News 105 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Pretoria rock-sensasie Zaan Sonnekus is terug met nog ’n liedjie wat luisteraars se asems gaan wegslaan, “Hoog”. Met sy donker lokke en poëtiese lirieke, het Sonnekus alreeds ’n omwenteling in die plaaslike musiekmark veroorsaak met sy treffer, “Ek Kan Net Bid”, wat vroeër vanjaar vrygestel is en steeds op elke prominente radiostasies gehoor kan word.

“Hoog” is ’n alternatiewe folk-snit, uit dié Pretorianer met sy kunstige versameling tatoes se eie pen, en kan beskryf word as ’n hoopvolle goedvoel-liedjie met ’n donker laag.

Zaan Sonnekus - Hoog

Zaan Sonnekus vertel ons meer van “Hoog”

“Die lewe is crazy. Ek dink ons almal probeer nog onsself vind, of ten minste net weer ons voete vind, in tye soos vandag… dinge is nie meer so eenvoudig nie. Baiekeer moet jy in die soektog na jouself eers verlore raak.”

“Jy soek na jouself as jy hoog is (op kruine) en soms as jy laag is (in ’n trog) en is dan oneerlik, want jy gee voor dat jy okay is omdat jy nie wil hê mense moet weet hoe jy regtig voel nie. In hierdie “soektog” na jouself stoot jy dalk mense weg en verloor hulle in die proses, al was dit nie jou bedoeling nie. Hulle is hoog en laag op hulle eie tyd en die hartseer ding is dat hulle nie altyd vir jou kan of wil wag om jou voete te vind nie.”

NetfloristOfferforge

“Hoog is anders as enige van my vorige songs, maar definitief nader aan die klank waarheen ek wil beweeg en ek dink dis iets wat oud en jonk sal geniet,” sê hy. “Die liedjie gaan hulle laat goed voel en ek is seker van die lirieke sal aanklank vind in hulle lewens. Ons almal gaan deur hoogte- en laagtepunte.”

Zaan Sonnekus

Dit is die musikant se tweede snit saam met Tertius Human van CoolerBox Brothers en dit is nader aan die klank wat hy graag wil weergee as sy vorige werk. Die “Hoog” musiekvideo sal in  September vrygestel word.

“Hoog” is die tweede enkelsnit vanaf sy komende album, wat in Oktober uitgereik word, waaroor hy baie opgewonde is.

Zaan verduidelik

“Ek dink ek het êrens in 2020 uiteindelik my klank gevind en mense sal dit hoor in die album wat op pad is. Hierdie snit is ’n goeie inleiding daarvoor.”

NetfloristOfferforge

Zaan het in Bloemfontein grootgeword en was nog altyd versot op musiek. Toe hy sy eerste kitaar kry op die ouderdom van tien, was daar vir hom geen twyfel oor wat hy met die res van sy lewe wou doen nie en daarom het hy na skool musiekvervaardiging gaan studeer by COPA.

Hierdie sielvolle liedjieskrywer en veelsydige musikant, met sy leerbaadjie en unieke stem, se droom is om betekenisvolle musiek terug te bring na die Afrikaanse mark en nuwe lewe in die bedryf te blaas… en met wat ons reeds die afgelope ruk van hom gehoor het, gaan hy beslis hierdie doelwit bereik.

Die video, wat deur Wian van der Walt en Francois Roux vervaardig is, is op verskillende plekke verfilm, insluitend ’n natuurreservaat in Alberton, in die stad, in sy eie huis in Pretoria en in Krugersdorp (waar die reksprong-toneel geskiet is).

“Ek dink dit is visueel sterk en ek hou van die feit dat dit ’n storie vertel en nie soos in die verlede ek en my orkes is wat optree nie,” deel Zaan.

NetfloristOfferforge

Kyk Zaan Sonnekus se musiekvideo vir “Hoog” hier onder:

“Hoog” is op alle digitale platforms beskikbaar.

Zaan Sonnekus is defnetief een van die kunstenaars om dop te hou in die nabye toekoms. Eks nuuskierig om te hoor hoe sy hele album gaan klink (wat later in 2021 uitgereik gaan word).

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • +LIVE+ December 2026 South African Tour

    +LIVE+ Band Picture
    Upcoming Events 22 Apr 2026
  • Jaexlynne Releases New Single: “Last in Line”

    Jaexlynne
    Music News 16 Oct 2025
  • Jimmy Carr March 2027 SA Tour: Everything You Should Know

    Jimmy Carr March 2027 SA Tour: Everything You Should Know 1
    Upcoming Events 13 Oct 2026

Goeters Om Te Doen

  • Playtopia Festival: 3-5 December 2026

    Playtopia Festival Featured
    Upcoming Events
  • J. Cole Live @ FNB Stadium: 12 December 2026

    J. Cole South African Tour 2026
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Pretoria Rock South Africa Zaan Sonnekus
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • SaxbyTwins
    SaxbyTwins Return to Pop Roots With “This Party”
    October 21, 2026
  • Music Business Awards Africa
    Music Business Awards Africa Set for November 2026
    October 21, 2026
  • Bernice West
    Bernice West Deel Persoonlike Boodskap in “Lyntjies”
    October 20, 2026
  • Praise the LOUD Fest 2026 Featured
    Win Tickets To Praise The LOUD Festival @ Sognage
    October 19, 2026
  • Zolani Mahola
    Zolani Mahola Drops Groovy Single “A Good Time”
    October 16, 2026
  • Ghost Jr.
    Ghost Jr. Drops High-Energy Single: “2 Phones”
    October 14, 2026
  • Zoe Modiga
    Zoë Modiga Shares “When The Rain Comes”
    October 14, 2026
  • Tobias Bergson
    Producer Tobias Bergson Unveils “Promise” EP
    October 13, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,350
Rock 622
Useful Tips 567
Afrikaans 530
Cape Town 348
USA 336
Pretoria 306
Johannesburg 295
Festivals 203
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.