Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Demi Lee Moore stel nuwe enkelsnit vry: “Net Myne”

Demi Lee Moore stel nuwe enkelsnit vry: “Net Myne”

Blitsoorsig: Demi Lee Moore is back with "Net Myne," her latest country-tinged single following the success of "Hart Breek." The song explores enduring love between two different people who choose each other repeatedly through life's challenges. Written by Johan Oberholzer and produced by her husband Barthlo Visagie, the track comes with a music video filmed in Magoebaskloof that captures romantic moments through an old lens.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 4, 2024No Comments3 Mins Read Music Videos 92 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Ná die ongekende sukses van haar enkelsnit Hart Breek in Desember 2023, is Demi Lee Moore terug met ’n nuwe enkelsnit wat dieselfde countryklanke bevat. Die liedjie, getiteld “Net Myne”, is nou beskikbaar op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify, Deezer en YouTube Music.

“Net Myne gaan oor die tipe liefde wat deur enigiets kan gaan en sterker uitkom. Twee mense wat mekaar oor-en-oor sal kies. Twee mense wat so verskillend is, maar tog die beste in mekaar uitbring.” sê Demi Lee Moore.

Demi Lee Moore - Net Myne

Op die vraag waarom sy besluit het om voort te bou op die sukses van Hart Breek se countryklank, het sy gesê: “Ek is mal oor country en wil dit graag in my Afrikaanse musiek ook deurbring.”

Die liedjie is geskryf deur die gesoute liedjieskrywer Johan Oberholzer en vervaardig deur Demi Lee se man, Barthlo Visagie.

NetfloristOfferforge

“Ek hou van die liedjie want ek hou van die liefde, veral as mens weet jy het ‘net joune’ gevind. Hoe lekker is dit nie? Ek noem dit my langpad liefdesliedjie.”

“Hy gaan lekker wees vir die lang pad, maar weerspieël ook die lang pad van liefde. As jy jou ‘net myne’ gekry het kies jy hulle weer en weer maak nie saak watter draaie die lewe met jou maak nie. Solank jy altyd veg vir mekaar, en dit is maklik as jy weet dit is net JOUNE.” sê Demi Lee Moore.

Demi Lee Moore hoop mense sal die liefde in die liedjie voel – en as hulle nie self sulke liefde het nie, dat hulle graag sulke liefde sal wil hê, want dit is darem lekker.

Die musiekvideo vir Net Myne is deur Eric Graham en Tehan Buys verfilm in ’n pragtige kothuis in Magoebaskloof.

“Dit is basies die storie van twee mense wat weg is op ’n romantiese naweek, wat mekaar, asook die klein oomblikke, vasvang deur ’n ou lens. Die mooi in die eenvoudige dinge van die lewe. Amper asof mens die mooi in jou ander helfde meer moet uitlig en raaksien,” verduidelik Demi Lee Moore.

NetfloristOfferforge

“Ek het ’n goeie idee gehad van wat ek wou hê en uitbring in die video en ek voel hulle het absoluut my ‘vision’ vasgevang. Die liriek in die koor sing: Sal jy net myne wees, Ek vra jou mooi al het ons alreeds, Baklei, Gestry, Vermy, Weer opgemaak, So sal jy? Sal jy net myne wees?” sê sy.

“Dit is nie noodwendig baklei soos mens sou dink nie, vir my is dit baklei vir mekaar. Stry met die dinge wat die lewe jou kant toe gooi, die dinge vermy waarvoor jy bang is. As jy saam al hierdie dinge doen kan jy net sterker en meer lief wees. Kies mekaar bo alles.” vertel sy.

Alhoewel Demi Lee al verskeie hoogtepunte in haar loopbaan kan uitsonder, staan die Afrikaans is Groot-konsert kop-en-skouers bo die res uit.

“Afrikaans is Groot elke jaar is natuurlik heel bo aan my lys – om betrokke te wees by so produksie is ’n groot voorreg,” sê sy.

NetfloristOfferforge

Kyk die video vir die liedjie hier onder:

YouTube video player

Jy kan “Net Myne” HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”

    Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Music Videos 25 Sep 2026
  • Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”

    Anrich - Ek Onthou
    Music Videos 22 Sep 2026
  • Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”

    Ricus Nel
    Music Videos 22 Sep 2026
  • Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”

    Nicholis Louw
    Music Videos 22 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,313
Rock 616
Useful Tips 564
Afrikaans 524
Cape Town 339
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.