Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
  • Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Demi Lee Moore stel nuwe enkelsnit vry: “Net Myne”

Demi Lee Moore stel nuwe enkelsnit vry: “Net Myne”

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 4, 2024No Comments3 Mins Read Music Videos 24 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Ná die ongekende sukses van haar enkelsnit Hart Breek in Desember 2023, is Demi Lee Moore terug met ’n nuwe enkelsnit wat dieselfde countryklanke bevat. Die liedjie, getiteld “Net Myne”, is nou beskikbaar op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify, Deezer en YouTube Music.

“Net Myne gaan oor die tipe liefde wat deur enigiets kan gaan en sterker uitkom. Twee mense wat mekaar oor-en-oor sal kies. Twee mense wat so verskillend is, maar tog die beste in mekaar uitbring.” sê Demi Lee Moore.

Demi Lee Moore - Net Myne

Op die vraag waarom sy besluit het om voort te bou op die sukses van Hart Breek se countryklank, het sy gesê: “Ek is mal oor country en wil dit graag in my Afrikaanse musiek ook deurbring.”

Die liedjie is geskryf deur die gesoute liedjieskrywer Johan Oberholzer en vervaardig deur Demi Lee se man, Barthlo Visagie.

“Ek hou van die liedjie want ek hou van die liefde, veral as mens weet jy het ‘net joune’ gevind. Hoe lekker is dit nie? Ek noem dit my langpad liefdesliedjie.”

NetfloristOfferforge

“Hy gaan lekker wees vir die lang pad, maar weerspieël ook die lang pad van liefde. As jy jou ‘net myne’ gekry het kies jy hulle weer en weer maak nie saak watter draaie die lewe met jou maak nie. Solank jy altyd veg vir mekaar, en dit is maklik as jy weet dit is net JOUNE.” sê Demi Lee Moore.

Demi Lee Moore hoop mense sal die liefde in die liedjie voel – en as hulle nie self sulke liefde het nie, dat hulle graag sulke liefde sal wil hê, want dit is darem lekker.

Die musiekvideo vir Net Myne is deur Eric Graham en Tehan Buys verfilm in ’n pragtige kothuis in Magoebaskloof.

“Dit is basies die storie van twee mense wat weg is op ’n romantiese naweek, wat mekaar, asook die klein oomblikke, vasvang deur ’n ou lens. Die mooi in die eenvoudige dinge van die lewe. Amper asof mens die mooi in jou ander helfde meer moet uitlig en raaksien,” verduidelik Demi Lee Moore.

“Ek het ’n goeie idee gehad van wat ek wou hê en uitbring in die video en ek voel hulle het absoluut my ‘vision’ vasgevang. Die liriek in die koor sing: Sal jy net myne wees, Ek vra jou mooi al het ons alreeds, Baklei, Gestry, Vermy, Weer opgemaak, So sal jy? Sal jy net myne wees?” sê sy.

“Dit is nie noodwendig baklei soos mens sou dink nie, vir my is dit baklei vir mekaar. Stry met die dinge wat die lewe jou kant toe gooi, die dinge vermy waarvoor jy bang is. As jy saam al hierdie dinge doen kan jy net sterker en meer lief wees. Kies mekaar bo alles.” vertel sy.

Alhoewel Demi Lee al verskeie hoogtepunte in haar loopbaan kan uitsonder, staan die Afrikaans is Groot-konsert kop-en-skouers bo die res uit.

“Afrikaans is Groot elke jaar is natuurlik heel bo aan my lys – om betrokke te wees by so produksie is ’n groot voorreg,” sê sy.

Kyk die video vir die liedjie hier onder:

YouTube video player

Jy kan “Net Myne” HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Straatligkinders - Kom Saam
    Straatligkinders stel nuwe enkelsnit vry: “Kom Saam”
  • Deon Meiring en Glaskas
    Glaskas Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Die Lig”
  • Deon Meiring
    Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Gebede en Briewe”
  • Kabaal Klankbaan - Stapelgek
    Kabaal Klankbaan Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Stapelgek”

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

NetfloristOfferforge
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release "Angel" Video 1
    Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
    July 9, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”
    July 3, 2026
  • Liefde By Die Dam 2026
    Liefde by die Dam 2026: Alles Wat Jy Moet Weet
    June 1, 2026
  • Piano People Featured
    Piano People South Africa: November & December 2026
    July 10, 2026
  • Henry Ate
    Henry Ate “30 Years of Slap In The Face” Tour: Oct/Nov 2026
    June 26, 2026
  • Oasis Don't Look Back in Anger
    New Oasis Documentary Trailer Released
    July 10, 2026
  • Muse Band
    Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
    July 10, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
    July 10, 2026
Popular Articles
The Deadly Quest for Gold - Top 10 African Films You Can Stream for Free

10 Top Award-Winning African Films You Can Stream for Free

July 3, 202624 Views
Rozanne McKenzie - Winter Fitness Tips

6 Winter Fitness Tips from Rozanne McKenzie

July 2, 202624 Views
Out of Mined

“Out of Mined” Highlights Need to Protect West Coast

July 3, 202622 Views
Charlie Harris

Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”

July 3, 202622 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,370 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 224
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
581
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.