Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Francois Van Coke “Hierdie Is Die Lewe” vrygestel

Francois Van Coke “Hierdie Is Die Lewe” vrygestel

Blitsoorsig: Francois Van Coke se tweede solo album "Hierdie Is Die Lewe" is vandag vrygestel en beskikbaar in winkels, iTunes en Google Play. Die derde musiek video "Dit Raak Beter" is ook vrygestel op YouTube, met beeldmateriaal van sy jeugdae en liefde vir musiek. Ander videos sluit "Mensdom" en "Klein Prys" in, terwyl "My Hart" op 5FM bekend gemaak is. 'n Launch toer loop deur Februarie met shows in Potchefstroom, Kaapstad, Pretoria, Johannesburg en ander stede.

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 2, 2017No Comments2 Mins Read Music News 65 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Vandag is die 2de Februarie 2017, die dag wat Francois Van Coke se 2de solo album “Hierdie Is Die Lewe” vrygestel word.

Die album is nou beskikbaar in winkels landswyd, op iTunes en op Google Play, by sy vertonings en op plaat op die Permanent Record webwerf. Ek moet sê dat ek baie opgewonde is om die hele album van die begin tot die einde te luister.

Francois Van Coke

Francois Van Coke se derde musiek video vanaf Hierdie is die Lewe, “Dit Raak Beter” is ook vandag vrygestel op YouTube. Die video bevat aangrypende en rare beeldmateriaal van Francois se grootword jare en sy liefdes verhouding met musiek, met skote van hom wat optree by sy alma mater, Hoërskool Bellville, tussen-in. We Fixen Photo Hire het hierdie musiek video moontlik gemaak. Kyk die musiek video hier onder:

Die ander musiek videos van die Francois Van Coke album wat reeds vrygestel is, is Mensdom en Klein Prys (Francois se huldeblyk aan Fokofpolisiekar). My Hart, Francois se huidige gunstelingliedjie op die album, is ook op 5FM se Hamman Time program bekend gemaak vanoggend. Julle kan ook kyk hoe Francois en Die Gevaar Paradys by Popsicle Studios opvoer by hierdie link.

NetfloristOfferforge

Francois Van Coke

As jy lus is vir ‘n party, trek jou partytjie skoentjies aan en maak seker dat jy jou musiek-lefhebbende tushie deur die deur / hek kry by die volgende Francois Van Coke “Hierdie Is Die Lewe” Launch Toer shows in Februarie:

  • 2 Februarie 2017: Puk Jool, Potchefstroom
  • 3 Februarie 2017: District, Kaapstad
  • 4 Februarie 2017: Cape Town Tens, Groenpunt Stadion, Kaapstad
  • 5 Februarie 2017: Park Acoustics, Voortrekker Monument, Pretoria
  • 10 Februarie 2017: Weiveld, Pretoria
  • 11 Februarie 2017: Rumours Rock City, Johannesburg
  • 12 Februarie 2017: Dozi’s Back to the Roots, Hartebeespoort
  • 17 Februarie 2017: Mystic Boer, Bloemfontein
  • 18 Februarie 2017 Bieliemielie Fees, Reitz

Wees op die uitkyk vir gereelde updates in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier

    Bangkinders - Francois Van Coke
    Music Videos 31 Jul 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit

    VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    Music News 6 Jul 2026
  • Francois van Coke & Vriende 2026: Als Wat Jy Moet Weet

    Francois Van Coke & Vriende 2025
    Upcoming Events 3 Jun 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Francois van Coke Rock South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,287
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 515
USA 335
Cape Town 335
Pretoria 304
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.