Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Why Football Remains the Heart of Modern Sports Betting
  • Bok van Blerk Reik Kragtige Nuwe Enkelsnit Uit: “Hart Van ’n Leeu”
  • How to Choose Reliable Bulk Animal Feed Suppliers in SA
  • Parklive Jozi: 30 August 2026
  • Teddy Swims Releases New Single: “Break Up in Reverse”
  • Carol-Ann Meltzer (Khazimula): 10 Interesting Facts
  • Anacy Releases “Khulula” (A Cinematic Afropop Journey)
  • The Color Blew Unveil “Popcorn and Candyfloss”
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Ilán van Staden reik langverwagte debuut-album uitBlitsoorsig: Ilán van Staden het sy langverwagde debuutalbum My Mense uitgereik. Die twaalfsnit-album bevat 'n mengsel van goedvoel- en country-musiek, geskep deur ervare vervaardigers en liedjieskrywers. Ilán vertel hoe die liedjies kreatief in verskillende plekke geskryf is. Die album belofte musiekliefhebbers se verwagtinge te oortref.

Ilán van Staden reik langverwagte debuut-album uit

Blitsoorsig: Ilán van Staden het sy langverwagde debuutalbum My Mense uitgereik. Die twaalfsnit-album bevat 'n mengsel van goedvoel- en country-musiek, geskep deur ervare vervaardigers en liedjieskrywers. Ilán vertel hoe die liedjies kreatief in verskillende plekke geskryf is. Die album belofte musiekliefhebbers se verwagtinge te oortref.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 29, 2023No Comments3 Mins Read Music News 33 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Sedert hy in 2022 sy buiging in die plaaslike vermaakbedryf gemaak het, sien die sanger, liedjieskrywer en akteur, Ilán van Staden, se bewonderaars al uit na sy eerste vollengte album.

IQ AcademyOfferforge

Nou, na meer as ’n jaar se harde werk en beplanning, is die wag uiteindelik verby, want My Mense is pas vrygestel en beloof om musiekliefhebbers se grootste verwagtinge te oortref.

Dié twaalfsnit-album bestaan uit ’n kombinasie van goedvoel- en country-musiek wat sorgvuldig uitgesoek is om almal wat daarna luister tuis en gemaklik te laat voel.

Ilan Van Staden

Ilán van Staden vertel ons meer oor hierdie album

“Hierdie album bestaan uit stukke. Stukke van my, stukke van al die kosbare mense na aan my en ’n stuk van ’n groot droom wat uiteindelik waar geword het,”

Verskeie gesoute vervaardigers, waaronder Dirk van Niekerk, Robin Kylie en Arnold de Wet, en liedjieskrywers soos Johan Vorster, Jacomien de Wet, Arnold de Wet en Ilán self, het saamgewerk om ’n volmaakte eindproduk te skep waarop die kunstenaar besonders trots is.

NetfloristOfferforge

Ilán van Staden vertel ons van sy ervaring agter die skerms

“Die meeste van die liedjies is in ’n kreatiewe span-opset geskryf op verskillende plekke, van Johan se TV-kamer en Jacomien se eetkamertafel tot in Namibië se Hentiesbaai. Dis ’n smeltpot van goeie herinneringe, drome, gedagtes en ervarings wat vasgevang is op papier. Ek was heeltemal verstom oor die proses en dit was wonderlik om te sien hoe elke lied lewe kry in die ateljee. Dit was ’n baie opwindende tyd en ek sien uit om aan te hou groei en leer.”  

Hoewel dit vir hom moeilik is om ’n gunsteling-treffer te kies, erken hy dat “SMK”, “Wannelaas” en “My Mense” hom na aan die hart lê en daarom is hulle ook die eerste drie snitte wat jy hoor wanneer jy eers begin luister.

’n Paar spesiale vertonings word beplan om die album amptelik aan die publiek bekend te stel en meer inligting hieroor sal op sy sosialemediaplatforms gedeel word.

Ilán Van Staden het in 2022 vir homself naam gemaak as deel van die suksesvolle teaterproduksie, Die Gelofte: ’n Musiekblyspel, waarna hy in 2023 een van die hoofrolle in nog ’n musiekblyspel, Die Kaplyn, vertolk het en ’n platekontrak losgeslaan het by Inhoud Huis Musiek.

Hy het reeds vier suksesvolle enkelsnitte, waarvan Ontlaai die temalied is van die kykNET-program Safari Roetes, en ’n duet met Bernice West uitgereik wat almal deel uitmaak van sy nuwe vrystelling.

Vandat Ilán Van Staden kan onthou, wou dié 26-jarige Pretorianer nog altyd musiek maak. Hy het as tiener begin musiek skryf en saam met sy skoolorkes optree.

Verder was hy ook dromspeler en mede-komponis van verskeie Sêr-groepe op universiteit – hy het sy meestersgraad in omgewings- en biologiese wetenskappe aan Noordwes-Universiteit behaal in 2019 – terwyl hy op elke geleentheid wat hy kon kry saam met musiekgroepe opgetree het in Potchefstroom.

Sedertdien werk hy hard daaraan om sy musiekvaardighede op te skerp en die beste te maak van elke geleentheid wat hy kry en daarom het hy ook aan die derde seisoen van The Voice SA deelgeneem.

Wanneer Ilán Van Staden nie op die verhoog is nie, bestuur hy sy eie musiekskool Ilán’s Music Academy (IMA) in Muldersdrif, wat vanjaar reeds vyf jaar bestaan en sang-, drom-, en kitaarlesse aanbied vir enigiemand bo die ouderdom van vyf.

My Mense is ’n lekkerluister-album wat sal aanklank vind by enigiemand met ’n liefde en passie vir Afrikaanse musiek en is ’n opwindende nuwe hoofstuk in hierdie begaafde musikant se baie belowende loopbaan.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🌍 Besoek die Afrikaanse Hoekie

Kry Goeters Om Te Doen

📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎫 Check die SA Gig Guide uit

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Ilán van Staden
    Ilán van Staden Reik “Ontlaai” Musiekvideo Uit
  • Ilán van Staden
    Ilán van Staden Reik Nuwe Enkelnsit Uit: “SMK”
  • Werner Van Der Hoven
    Werner van der Hoven Reik Debuut-Album Uit: “Hart Se Taal”
  • Natasha Van Der Merwe
    Natasha Van Der Merwe Reik Debuut Enkelsnit Uit

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Afrikaans Ilán van Staden South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Anacy Featured
    Anacy Releases “Khulula” (A Cinematic Afropop Journey)
    July 17, 2026
  • The Color Blew
    The Color Blew Unveil “Popcorn and Candyfloss”
    July 17, 2026
  • Zolani Mahola - LIFT Me Higher
    Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
    July 9, 2026
  • Truth & Its Burden
    Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
    July 8, 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit
    July 6, 2026
  • Muse Band
    Muse Releases Immersive New Album: “The Wow! Signal”
    July 1, 2026
  • Christiaan Baartman
    Christiaan Baartman Reik “Weskus Wals” Uit
    June 29, 2026
  • The Fismits
    The Fismits Release New EP: “Falling Joy”
    June 27, 2026
NetfloristOfferforge
Popular Articles
9Apps Vidmate

9Apps: Use it to download Vidmate

February 26, 202071 Views
Football - Modern Sports Betting

Why Football Remains the Heart of Modern Sports Betting

July 21, 202653 Views
Zoe - My Hede

Zoé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “My Hede”

July 15, 202653 Views
Carol-Ann Meltzer - Khazimula

Carol-Ann Meltzer (Khazimula): 10 Interesting Facts

July 18, 202652 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,378 ▼
Music 2,597
Events 243
Interviews 225
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
580
Hacks
502
Facts
466 ▼
Music Facts 152
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
226
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.