Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Ilán van Staden reik langverwagte debuut-album uit

Ilán van Staden reik langverwagte debuut-album uit

Blitsoorsig: Ilán van Staden het sy langverwagde debuutalbum My Mense uitgereik. Die twaalfsnit-album bevat 'n mengsel van goedvoel- en country-musiek, geskep deur ervare vervaardigers en liedjieskrywers. Ilán vertel hoe die liedjies kreatief in verskillende plekke geskryf is. Die album belofte musiekliefhebbers se verwagtinge te oortref.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 29, 2023No Comments3 Mins Read Music News 106 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Sedert hy in 2022 sy buiging in die plaaslike vermaakbedryf gemaak het, sien die sanger, liedjieskrywer en akteur, Ilán van Staden, se bewonderaars al uit na sy eerste vollengte album.

Nou, na meer as ’n jaar se harde werk en beplanning, is die wag uiteindelik verby, want My Mense is pas vrygestel en beloof om musiekliefhebbers se grootste verwagtinge te oortref.

Dié twaalfsnit-album bestaan uit ’n kombinasie van goedvoel- en country-musiek wat sorgvuldig uitgesoek is om almal wat daarna luister tuis en gemaklik te laat voel.

Ilan Van Staden

Ilán van Staden vertel ons meer oor hierdie album

“Hierdie album bestaan uit stukke. Stukke van my, stukke van al die kosbare mense na aan my en ’n stuk van ’n groot droom wat uiteindelik waar geword het,”

NetfloristOfferforge

Verskeie gesoute vervaardigers, waaronder Dirk van Niekerk, Robin Kylie en Arnold de Wet, en liedjieskrywers soos Johan Vorster, Jacomien de Wet, Arnold de Wet en Ilán self, het saamgewerk om ’n volmaakte eindproduk te skep waarop die kunstenaar besonders trots is.

Ilán van Staden vertel ons van sy ervaring agter die skerms

“Die meeste van die liedjies is in ’n kreatiewe span-opset geskryf op verskillende plekke, van Johan se TV-kamer en Jacomien se eetkamertafel tot in Namibië se Hentiesbaai. Dis ’n smeltpot van goeie herinneringe, drome, gedagtes en ervarings wat vasgevang is op papier. Ek was heeltemal verstom oor die proses en dit was wonderlik om te sien hoe elke lied lewe kry in die ateljee. Dit was ’n baie opwindende tyd en ek sien uit om aan te hou groei en leer.”  

Hoewel dit vir hom moeilik is om ’n gunsteling-treffer te kies, erken hy dat “SMK”, “Wannelaas” en “My Mense” hom na aan die hart lê en daarom is hulle ook die eerste drie snitte wat jy hoor wanneer jy eers begin luister.

’n Paar spesiale vertonings word beplan om die album amptelik aan die publiek bekend te stel en meer inligting hieroor sal op sy sosialemediaplatforms gedeel word.

NetfloristOfferforge

Ilán Van Staden het in 2022 vir homself naam gemaak as deel van die suksesvolle teaterproduksie, Die Gelofte: ’n Musiekblyspel, waarna hy in 2023 een van die hoofrolle in nog ’n musiekblyspel, Die Kaplyn, vertolk het en ’n platekontrak losgeslaan het by Inhoud Huis Musiek.

Hy het reeds vier suksesvolle enkelsnitte, waarvan Ontlaai die temalied is van die kykNET-program Safari Roetes, en ’n duet met Bernice West uitgereik wat almal deel uitmaak van sy nuwe vrystelling.

Vandat Ilán Van Staden kan onthou, wou dié 26-jarige Pretorianer nog altyd musiek maak. Hy het as tiener begin musiek skryf en saam met sy skoolorkes optree.

Verder was hy ook dromspeler en mede-komponis van verskeie Sêr-groepe op universiteit – hy het sy meestersgraad in omgewings- en biologiese wetenskappe aan Noordwes-Universiteit behaal in 2019 – terwyl hy op elke geleentheid wat hy kon kry saam met musiekgroepe opgetree het in Potchefstroom.

NetfloristOfferforge

Sedertdien werk hy hard daaraan om sy musiekvaardighede op te skerp en die beste te maak van elke geleentheid wat hy kry en daarom het hy ook aan die derde seisoen van The Voice SA deelgeneem.

Wanneer Ilán Van Staden nie op die verhoog is nie, bestuur hy sy eie musiekskool Ilán’s Music Academy (IMA) in Muldersdrif, wat vanjaar reeds vyf jaar bestaan en sang-, drom-, en kitaarlesse aanbied vir enigiemand bo die ouderdom van vyf.

My Mense is ’n lekkerluister-album wat sal aanklank vind by enigiemand met ’n liefde en passie vir Afrikaanse musiek en is ’n opwindende nuwe hoofstuk in hierdie begaafde musikant se baie belowende loopbaan.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Ilán van Staden Reik Nuwe Enkelnsit Uit: “SMK”

    Ilán van Staden
    Music Videos 2 Sep 2023
  • Ilán van Staden Reik “Ontlaai” Musiekvideo Uit

    Ilán van Staden
    Music Videos 13 Feb 2023
  • Khazimula Releases New Single: “Joburg City”

    Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Music News 2 Oct 2026
  • Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”

    Deborah McKay
    Music News 28 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Ilán van Staden South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
  • Kerk Straat
    Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”
    September 17, 2026
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,322
Rock 617
Useful Tips 565
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.