Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Ilán van Staden Reik “Ontlaai” Musiekvideo Uit

Ilán van Staden Reik “Ontlaai” Musiekvideo Uit

Blitsoorsig: Ilán van Staden het sy nuwe enkelsnitvrystelling "Ontlaai" uitgegee, geskryf deur Johan Vorster en David de Villiers. Die musiekvideo is by Lubeksdal Lodge geskiet en bevat Ilán, sy pa en vriende. Dit is 'n positiewe liedjie oor die behoefte aan ontlading van druk deur dinge soos jag en vuur.

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 13, 2023No Comments2 Mins Read Music Videos 99 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Ilán van Staden se nuutste enkelsnitvrystelling, “Ontlaai”, is uit die pen van Johan Vorster en David de Villiers. Die snit is op 3 Februarie 2023 vrygestel en is reeds baie goed deur talle radiostasies ontvang. En nou is die musiekvideo vir die treffer ook pas vrygestel.

Die video is by Lubeksdal Lodge geskiet en Johan Vorster het die regie behartig. David de Villiers, Dirk van Niekerk en Johan Vorster het die musiekvideo vervaardig. Ilán, sy Pa (Michael), vriende Revan Luus, CJ Woller en Zian Roux is almal in die video te sien.

Ilán van Staden

Ilán van Staden vertel ons meer van “Ontlaai”

“Dit is ’n positiewe goedvoel-liedjie, wat gaan oor hoe almal van ons een of ander vorm van ontlading nodig het. Soms is jy onder soveel druk dat dit te veel raak. Dit is dan wanneer jy moet stil raak, asem skep en doen waarvoor jy lief is – soos om te gaan jag, vis te vang, om die bosveldvuur te ontspan en te braai.”

Ilán van Staden

“Dit is elke man se roeping om ’n baken vir sy gesin te wees en hulle te lei en ek hoop dat hierdie liedjie elkeen wat dit hoor sal inspireer. ‘Ontlaai’ bring samehorigheid en raak onderwerpe aan waaroor mans al baie gewonder het, gebid het en gesels het om die bosveldvuur.”

NetfloristOfferforge

Kyk die vir musiek video Ilán van Staden se “Ontlaai” hier onder:

YouTube video player

Tans is Ilán van Staden besig met fiksheidsvoorbereiding vir ’n splinternuwe musiekblyspel oor die grensoorlog, Die Kaplyn, wat in April begin en waarin hy ook die hoofrol vertolk. Verder is hy ook in die proses om sy eerste album te finaliseer en bestuur hy sy musiekskool, Ilán’s Music Academy, wat vanjaar reeds vyf jaar bestaan. Intussen doen hy ook soveel optredes as moontlik en beplan hy om vanjaar die land plat te toer.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Ilán van Staden reik langverwagte debuut-album uit

    Ilan Van Staden
    Music News 29 Sep 2023
  • Ilán van Staden Reik Nuwe Enkelnsit Uit: “SMK”

    Ilán van Staden
    Music Videos 2 Sep 2023
  • Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”

    Ama Top Dawgz
    Music Videos 14 Sep 2026
  • Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”

    Keep Guessing Charlie Band
    Music Videos 11 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Ilán van Staden Ontlaai South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.