Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Ilán van Staden Reik Nuwe Enkelnsit Uit: “SMK”

Ilán van Staden Reik Nuwe Enkelnsit Uit: “SMK”

Blitsoorsig: Singer and actor Ilán van Staden's latest single "SMK" explores enduring love that feels forever young, inspired by the tradition of Sunday afternoon rest. Written with Johan Vorster and Jacomien de Wet, the track blends modern country elements with contemporary sounds. The accompanying music video, filmed at Langkloof farm, tells the story of young love meeting older generations, featuring vintage aircraft and nostalgic warmth. This is van Staden's fourth single from his debut album My Mense, releasing late September.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 2, 2023No Comments4 Mins Read Music Videos 77 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Net soos met gewoontes en tradisies, soos om ’n Sondagmiddagknippie (SMK) te vat om jou battery te herlaai vir die week wat kom, hou ware liefde ook ’n blywende en bekende betowering in wat selfs na baie jare jou hart steeds laat vinniger klop.

In sy nuutste enkelsnit, “SMK”, sing die gewilde sanger en akteur, Ilán van Staden, oor dié tipe liefde wat – net soos ’n verkwikkende middagslapie – gereeld jou siel herlaai en die jonger generasie inspireer om in jou voetspore te volg.

Ilán van Staden

Ilán van Staden verduidelik waaroor die liedjie gaan

“Dit gaan oor ou liefde wat vir altyd hou en sodoende nog soos jong liefde voel. Dit word gekombineer met die konsep van daardie lekker skuins-lê na kerk op Sondae voor die week weer begin en alles lekker besig raak.”

Ilán van Staden het die snit saam met Johan Vorster en Jacomien de Wet geskryf. Volgens die sanger, was die besluit om ’n akroniem as titel te gebruik doelbewus om mense te laat wonder, en word dié konsep wat ook deur die ouer garde afgekort is of as ‘knippie’ beskryf is, breedvoerig in die koor verduidelik.

NetfloristOfferforge

Dirk van Niekerk was aan stuur van sake in die ateljee en het dit reggekry om moderne country-elemente te verweef met moderne tendense om ’n baie besonderse eindproduk te skep wat lank in jou kop bly vassteek nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het.

Net soos met sy vorige enkelsnit, “Ontlaai” – wat ook die temalied is van die kykNET-program Safari Roetes – spog die lied ook met ’n musiekvideo wat die lirieke en boodskap perfek komplementeer.

Die video is op Langkloof-plaas in Vaalwater verfilm, met Inhoud Huis Musiek as vervaardiger, Johan Vorster as regisseur en Abel Knobel as DOP, en speel af in ’n ou plaashuis wat ’n tipe warmte en nostalgie aan die video verleen.

Ilán van Staden verduidelik die musiekvideo vir “SMK”

“Dit vertel die storie van Boetie wat vir die eerste keer sy meisie huis toe bring, sy ouers se opgewondenheid daaroor en die wisselwerking tussen ou en jong liefde. Boetie besef ook dat sy pa cheetahs gevlieg het wat bydra tot ‘Kaplyn’-geïnspireerde plekke en tonele en die insluiting van ’n TSI Sling-vliegtuig wat toertjies doen in een van die tonele.”

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Oud en jonk sal aanklank vind by die idee van ‘magies vol, ogies toe’ en skuins-lê-na-kerk en by die boodskap dat ware liefde vir altyd hou.

“SMK” is die musikant se vierde enkelsnit en vorm deel van sy debuut-album, My Mense, wat einde September uitgereik word. Ilán het in 2022 vir homself naam gemaak as deel van die suksesvolle teaterproduksie, Die Gelofte: ’n Musiekblyspel, waarna hy in 2023 een van die hoofrolle in nog ’n musiekblyspel, Die Kaplyn, vertolk het en ’n platekontrak losgeslaan het by Inhoud Huis Musiek.

Buiten vir sy eie musiek, het Ilán van Staden ook ’n duet uitgereik genaamd “Soen My Op My Mond” saam met Bernice West, wat spesifiek vir Die Gelofte geskryf en steeds ’n treffer is op radiostasies landswyd.

Vandat hy kan onthou, wou dié 27-jarige Pretorianer nog altyd musiek maak. Hy het as tiener begin musiek skryf en saam met sy skoolorkes optree. Verder was hy ook dromspeler en mede-komponis van verskeie Sêr-groepe op universiteit – hy het sy meestersgraad in omgewings- en biologiese wetenskappe aan Noordwes-Universiteit behaal in 2019 – terwyl hy op elke geleentheid wat hy kon kry saam met musiekgroepe opgetree het in Potchefstroom.

NetfloristOfferforge

Sedertdien werk Ilán van Staden hard daaraan om sy musiekvaardighede op te skerp en die beste te maak van elke geleentheid wat hy kry en daarom het hy ook aan die derde seisoen van The Voice SA deelgeneem.

Wanneer Ilán van Staden nie op die verhoog is nie, bestuur hy sy eie musiekskool Ilán’s Music Academy (IMA) in Muldersdrif, wat vanjaar reeds vyf jaar bestaan en sang-, drom-, en kitaarlesse aanbied vir enigiemand bo die ouderdom van vyf.

Verder sien hy uit om die land plat te toer om sy opkomende album te bemark en sy stempel behoorlik op die plaaslike musiekbedryf af te druk.

“Die Here is goed vir my en dit kan net opgesom word as onverdiende guns. My beker loop oor. Ek is dankbaar vir vandag en opgewonde vir môre,” sê Ilán van Staden.

NetfloristOfferforge

“SMK” is ’n lekkerluisterliedjie wat jou uitnooi om saam te sing en jou herinner dat ware liefde jou net so kan laat tuis voel soos die tradisies wat jou mense al vir dekades lank volg. Die enkelsnit is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Kry dit HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Ilán van Staden reik langverwagte debuut-album uit

    Ilan Van Staden
    Music News 29 Sep 2023
  • Ilán van Staden Reik “Ontlaai” Musiekvideo Uit

    Ilán van Staden
    Music Videos 13 Feb 2023
  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Piper Connolly Returns With “Unapologetic”

    Piper Connolly
    Music Videos 28 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Ilán van Staden South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
  • Tuin Artist
    Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”
    August 18, 2026
  • Basson Laas - Every River
    Basson Laas Embraces the Beauty of the Journey on “Every River”
    August 10, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 334
Cape Town 334
Pretoria 303
Johannesburg 288
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.