Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Jaid River Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Wakker”

Jaid River Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Wakker”

Blitsoorsig: Jaid River het haar splinternuwe enkelsnit "Wakker" vrygestel, wat haar artistieke groei toon. Die liedjie, wat in 2022 ontstaan het tydens 'n rustige aand op 'n plaas, verken temas van verlange, twyfel en balans tussen drome en hede. Met haar medewerker Jaco Smit het sy 'n vars retro pop-klank geskep wat unieke produksie-elemente insluit, soos opgenome klanke van 'n horlosie en koffiemasjien.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 11, 2025No Comments4 Mins Read Music News 82 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer Jaid River het ’n splinternuwe enkelsnit, “Wakker” vrygestel. Bekend vir haar introspektiewe, storievertellende lirieke en unieke klank, weerspieël JAID se musiek deurlopend haar ontwikkeling as kunstenaar en “Wakker” is geen uitsondering hierop nie.

Meer inligting oor Jaid River se nuwe liedjie

Na die sukses van haar 2023-debuutalbum, Verlanger, en die 2024-enkelsnit “Geskryf,” het Jaid River (gebore Jeanlie Minnie) nuwe materiaal geskryf met die fokus om haar artistieke groei en ervaring ten toon te stel.

Jaid River

Die afgelope jaar was sy diep gedompel in liedjieskryf, asook die uitvoering en verfyning van haar klank. Sy erken haar ervaringe, insluitend haar samewerkinggedrewe ‘Singkamer’-optredes saam met Jaco Smit en Thys Nortje, met gaskunstenaars soos Joshua Na Die Reën en Leon Gropp, as sleuteloomblikke wat haar jongste werk gevorm het.

‘n Liedjie wat onder die sterre gebore is, “Wakker” het die eerste keer in 2022 gestalte gekry, tydens ‘n rustige aand op ‘n plaas. Terwyl JAID na die uitgestrekte naghemel gestaar het, verdwaal in haar eie gedagtes, het die liedjie se koor na haar toe gekom – ’n weerspieëling van die vrae en onsekerhede wat dikwels met die lewensreis gepaardgaan.

NetfloristOfferforge

Daardie oomblik van introspeksie het gelei tot die skepping van ‘n lied wat temas van verlange, twyfel en die delikate balans tussen ’n droom en ‘lewe in die hede’ ondersoek.

“Dit gaan ook vir my daaroor om bewus deur die lewe te gaan. Dis baie maklik om jouself in n droomwêreld te verloor en die lewe te mis. Ek wonder nogals dikwels oor wat daardie balans is.” sê Jaid River.

Soos met baie van haar musiek, het Jaid die produksie van “Wakker” aan haar jarelange medewerker Jaco Smit toevertrou, met wie sy ‘n diep musikale sinergie deel.

Hul eksperimentele benadering tot produksie het onverwagte elemente in die liedjie gebring, insluitend die opgeneemde klanke van ‘n horlosie en ‘n koffiemasjien – subtiele dog opsetlike klein bestanddele wat die liedjie se atmosfeer verbeter.

NetfloristOfferforge

Jaid River beskryf die opnameproses as een van haar gunsteling dele van musiekmaak, aangesien dit haar die vryheid gee om te verken en haar visie tot lewe te bring.

“Wakker” merk ‘n evolusie in Jaid se soniese reis as ‘n nuwe klank en die begin van ‘n nuwe hoofstuk. Terwyl sy getrou bly aan haar introspektiewe lirieke, omhels sy ‘n vars nuwe ‘retro pop’-klank, wat dit haar mees kommersiële vrystelling nog maak.

Sy bly altyd oop om nuwe genres en style te verken, om te verseker dat elke liedjie ‘n outentieke voorstelling van sy storie en emosie is.

In sy kern is “Wakker” ‘n liedjie vir die dromers en enigiemand wat al ooit die toekoms bevraagteken het, verlore gevoel het in hul gedagtes, of gesukkel het om die balans tussen hoop en werklikheid te vind.

NetfloristOfferforge

Jaid River glo dat studente en jong volwassenes, veral, sal aanklank vind by die temas van die enkelsnit, aangesien hulle ‘n onsekere dog transformerende tyd in hul lewens navigeer.

“Dit is ongelooflik hoe ‘n liedjie wat ek jare gelede geskryf het mettertyd nuwe betekenis kan kry. Dis een van my gunstelling dinge van musiek, en dis daai stukkie van myself wat in die liedjie agterbly wat altyd konstant sal bly in my musiek.” besin Jaid.

Met “Wakker” wat die toon aangee vir wat kom, kan aanhangers meer musiek in die nabye toekoms verwag, aangesien Jaid aanhou werk aan haar volgende projek – ‘n splinternuwe EP wat later vanjaar vrygestel word.

Jy kan “Wakker” HIER stroom/aflaai.

NetfloristOfferforge

Regstreekse optredes en opwindende samewerkings is ook op die horison, wat verseker dat hierdie volgende hoofstuk in haar loopbaan een sal wees om voor uit te kyk.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Jaid River Reik Nuwe EP Uit: “Marionet”

    Jaid River Artist
    Music News 8 Aug 2025
  • Jaid River Reik Nuwe Enkelsnit uit: “Marionet”

    Jaid River - Marionet
    Music News 20 Jun 2025
  • Jaid River Releases New Single: “Sidewalks”

    Jaid River
    Music Videos 2 Aug 2023
  • Jaid River Reik “Stad Van Verlange” Musiekvideo Uit

    Jaid River
    Music Videos 20 Apr 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Jaid River South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 200
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.