Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
  • Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Jannie Du Toit Sluit 2023 af met Toekenning & Vertonings

Jannie Du Toit Sluit 2023 af met Toekenning & Vertonings

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 12, 2023No Comments3 Mins Read Music News 23 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die geliefde en bekroonde sanger en liedjieskrywer, Jannie du Toit, is vanjaar een van die eregaste by Pretoria FM se gesogte Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings wat op 19 September 2023 by die Choose Life Ouditorium in Pretoria plaasvind.

Jannie Du Toit, wat sy eerste professionele verhoogoptrede in 1971 gehad het en in 1979 bekendheid verwerf het, word tydens hierdie glansgeleentheid vereer vir sy lewenslange bydrae tot die plaaslike musiekbedryf

“Wat ’n eer en aanmoediging vir die pad vorentoe” sê hy oor hierdie besonderse toekenning wat hom binnekort te beurt gaan val.

Jannie Du Toit

Buiten vir die toekenningsgeleentheid, het die veelsydige kunstenaar nog ’n paar groot hoogtepunte op sy kalender vir die res van die jaar. Op 24 September doen hy ’n baie spesiale Erfenisdagkonsert, getiteld Die Musiek van Jannie en Christa, saam met die FAK Jeugsimfonieorkes by die Voortrekkermonument se Heldesaal.

Dié konsert, onder leiding van dirigent Jaco van Staden, begin om 16:00 en toegang beloop R200 per volwassene en R100 per kind. Kry jou kaartjies HIER.

Op 4 en 5 Oktober 2023 sal Jannie Du Toit te sien wees by Aardklop met sy splinternuwe produksie, Margaretastraat. 

NetfloristOfferforge

Tydens hierdie hoendervleismooi vertoning, laat herleef hy die legendariese liedjieaande van 1981/82 by sy huis in Margaretastraat 28 in Pretoria, onder begeleiding van sy gereelde pianis oor die afgelope tien jaar – die uiters begaafde Chanie Jonker.

Jannie Du Toit - Margaretastraat

Nie net gesels hy oor daardie ikoniese tydperk vanaf die einde sewentigs se “Musiek en liriek” en daarna nie. Hy kleur ook die verhaal in met die musiek van die liedjie-aande: staatmakers Koos Doep, Lucas Maree, Coenie de Villiers, Anneli van Rooyen, Janita Claassen, Marietjie Stoop asook ’n paar minder bekende sangers en teksskrywers.

Kaartjies kos R160 per persoon (R140 vir pensioenarisse) en kan HIER gekoop word.

Tydens die Toyota US Woordfees, wat vanaf 7 tot 15 Oktober 2023 in Stellenbosch plaasvind, vier Jannie Du Toit die werk van sy jarelange vriendin Marie Tredoux met die verhoogproduksie, Die maan deur ’n gaatjie in die nag.

Met die hulp van Chanie Jonker (klavier en akkordeon) en Annelie du Plessis-Hoberg (fluit), stel Jannie (stem en kitaar) die gehoor bekend aan hierdie Jacobsbaaise legende wat in September vier-en-negentig word en steeds liedjies skryf wat die hart raak. Sy is veral bekend vir die aangrypende Jacobsbaai se Aandlied wat in die nuwe FAK Sangbundel opgeneem is, Mis oor Jacobsbaai wat deur Laurika Rauch opgeneem is en ’n Regte Ou Kaapse Reën wat gewild is onder kore.

Die aard van Marie se liedjies herinner aan ’n Paryse straatkafee of ’n nostalgiese Nederlandse seemanslied. Die bindingsteks vir die verhoogproduksie is geskryf deur haar vriend, Dana Snyman, vroeër ook ’n inwoner van Jacobsbaai.

Jannie du Toit trap al vir dekades lank diep spore in die plaaslike bedryf en is nog lank nie klaar om gehore te betower met sy unieke musiek en talent nie.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Ruhan du Toit
    Ruhan du Toit sê “Totsiens” vir die jaar met nuwe enkelsnit
  • Neil Sandilands
    Neil Sandilands sluit 2024 af met merkwaardige prestasies
  • Riaan Benade - Vitamiene See
    Riaan Benadé sluit die jaar af met bietjie “Vitamiene See”
  • Dodo Nyoka - Meisie
    Dodo Nyoka sluit 2024 af met ‘Meisie’

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

NetfloristOfferforge
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Zolani Mahola - LIFT Me Higher
    Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
    July 9, 2026
  • Truth & Its Burden
    Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
    July 8, 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit
    July 6, 2026
  • Galpalooza 2026
    Galpalooza 2026: Coming to 9 Venues Across SA
    April 7, 2026
  • Ndlovu Youth Choir 2026 SA Tour
    Ndlovu Youth Choir 2026 Tour
    November 7, 2025
  • Fatboy Slim South African Tour: December 2026 2
    Fatboy Slim South African Tour: December 2026
    June 18, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
  • Oasis Don't Look Back in Anger
    New Oasis Documentary Trailer Released
    July 10, 2026
  • Piano People Featured
    Piano People South Africa: November & December 2026
    July 10, 2026
NetfloristOfferforge
Popular Articles
The Deadly Quest for Gold - Top 10 African Films You Can Stream for Free

10 Top Award-Winning African Films You Can Stream for Free

July 3, 202624 Views
Rozanne McKenzie - Winter Fitness Tips

6 Winter Fitness Tips from Rozanne McKenzie

July 2, 202624 Views
Charlie Harris

Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”

July 3, 202623 Views
Out of Mined

“Out of Mined” Highlights Need to Protect West Coast

July 3, 202622 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,370 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 224
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
581
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.