Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Jannie Du Toit Sluit 2023 af met Toekenning & Vertonings

Jannie Du Toit Sluit 2023 af met Toekenning & Vertonings

Blitsoorsig: Legendary singer Jannie du Toit is being honored at Pretoria FM's Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings for his lifelong contribution to South African music. He has several exciting performances lined up, including a Heritage Day concert with the FAK Youth Symphony Orchestra, a new production at Aardklop celebrating iconic songwriting evenings from the 1980s, and a tribute to Marie Tredoux at the Toyota US Woordfees in October.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 12, 2023No Comments3 Mins Read Music News 110 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die geliefde en bekroonde sanger en liedjieskrywer, Jannie du Toit, is vanjaar een van die eregaste by Pretoria FM se gesogte Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings wat op 19 September 2023 by die Choose Life Ouditorium in Pretoria plaasvind.

Jannie Du Toit, wat sy eerste professionele verhoogoptrede in 1971 gehad het en in 1979 bekendheid verwerf het, word tydens hierdie glansgeleentheid vereer vir sy lewenslange bydrae tot die plaaslike musiekbedryf

“Wat ’n eer en aanmoediging vir die pad vorentoe” sê hy oor hierdie besonderse toekenning wat hom binnekort te beurt gaan val.

Jannie Du Toit

Buiten vir die toekenningsgeleentheid, het die veelsydige kunstenaar nog ’n paar groot hoogtepunte op sy kalender vir die res van die jaar. Op 24 September doen hy ’n baie spesiale Erfenisdagkonsert, getiteld Die Musiek van Jannie en Christa, saam met die FAK Jeugsimfonieorkes by die Voortrekkermonument se Heldesaal.

Dié konsert, onder leiding van dirigent Jaco van Staden, begin om 16:00 en toegang beloop R200 per volwassene en R100 per kind. Kry jou kaartjies HIER.

NetfloristOfferforge

Op 4 en 5 Oktober 2023 sal Jannie Du Toit te sien wees by Aardklop met sy splinternuwe produksie, Margaretastraat. 

Tydens hierdie hoendervleismooi vertoning, laat herleef hy die legendariese liedjieaande van 1981/82 by sy huis in Margaretastraat 28 in Pretoria, onder begeleiding van sy gereelde pianis oor die afgelope tien jaar – die uiters begaafde Chanie Jonker.

Jannie Du Toit - Margaretastraat

Nie net gesels hy oor daardie ikoniese tydperk vanaf die einde sewentigs se “Musiek en liriek” en daarna nie. Hy kleur ook die verhaal in met die musiek van die liedjie-aande: staatmakers Koos Doep, Lucas Maree, Coenie de Villiers, Anneli van Rooyen, Janita Claassen, Marietjie Stoop asook ’n paar minder bekende sangers en teksskrywers.

Kaartjies kos R160 per persoon (R140 vir pensioenarisse) en kan HIER gekoop word.

NetfloristOfferforge

Tydens die Toyota US Woordfees, wat vanaf 7 tot 15 Oktober 2023 in Stellenbosch plaasvind, vier Jannie Du Toit die werk van sy jarelange vriendin Marie Tredoux met die verhoogproduksie, Die maan deur ’n gaatjie in die nag.

Met die hulp van Chanie Jonker (klavier en akkordeon) en Annelie du Plessis-Hoberg (fluit), stel Jannie (stem en kitaar) die gehoor bekend aan hierdie Jacobsbaaise legende wat in September vier-en-negentig word en steeds liedjies skryf wat die hart raak. Sy is veral bekend vir die aangrypende Jacobsbaai se Aandlied wat in die nuwe FAK Sangbundel opgeneem is, Mis oor Jacobsbaai wat deur Laurika Rauch opgeneem is en ’n Regte Ou Kaapse Reën wat gewild is onder kore.

Die aard van Marie se liedjies herinner aan ’n Paryse straatkafee of ’n nostalgiese Nederlandse seemanslied. Die bindingsteks vir die verhoogproduksie is geskryf deur haar vriend, Dana Snyman, vroeër ook ’n inwoner van Jacobsbaai.

Jannie du Toit trap al vir dekades lank diep spore in die plaaslike bedryf en is nog lank nie klaar om gehore te betower met sy unieke musiek en talent nie.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Win Tickets To Praise The LOUD Festival @ Sognage

    Praise the LOUD Fest 2026 Featured
    Music News 19 Oct 2026
  • Zolani Mahola Drops Groovy Single “A Good Time”

    Zolani Mahola
    Music News 16 Oct 2026
  • Ghost Jr. Drops High-Energy Single: “2 Phones”

    Ghost Jr.
    Music News 14 Oct 2026
  • Zoë Modiga Shares “When The Rain Comes”

    Zoe Modiga
    Music News 14 Oct 2026

Goeters Om Te Doen

  • +LIVE+ December 2026 South African Tour

    +LIVE+ Band Picture
    Upcoming Events
  • Limp Bizkit Live @ FNB Stadium: 13 December 2026

    Limp Bizkit
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Tobias Bergson
    Producer Tobias Bergson Unveils “Promise” EP
    October 13, 2026
  • Strongboi Duo
    Strongboi Releases Funk-Infused Single “Dizzy”
    October 13, 2026
  • Deena G & Sun-El Musician
    Deena G Teams Up With Sun-El Musician
    October 13, 2026
  • Jan Bloukaas
    Nuwe Jan Bloukaas Dokkie Tref ‘n Teer Snaar
    October 12, 2026
  • Pilani Bubu
    Pilani Bubu Unveils New Single “Caged Heart”
    October 9, 2026
  • Craig Hinds - Watershed
    Watershed Drops New Single: “My House”
    October 8, 2026
  • Matthew Mole - Love Me
    Matthew Mole Kicks Off Hopeful New Chapter With “Love Me”
    October 6, 2026
  • Seth Tabatznik
    Seth Tabatznik Releases New Single: “Infinite Beings”
    October 5, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,345
Rock 622
Useful Tips 567
Afrikaans 527
Cape Town 348
USA 336
Pretoria 306
Johannesburg 295
Festivals 203
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.