Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Julanie J se eerste Afrikaanse (“Mooi”) is nou beskikbaar

Julanie J se eerste Afrikaanse (“Mooi”) is nou beskikbaar

Blitsoorsig: Talentvolle sangeres Julanie J het haar eerste Afrikaanse album Mooi uitgereik. Die album bevat tien oorspronklike liedjies wat elk `n kort liefdesverhaal vertel wat in haar lewe gebeur het. Dit volg op drie suksesvolle Afrikaanse engelsnitte wat sy oor die afgelope jaar uitgereik het, insluitende die duet "Liefde Wat Ons Heelmaak" met Ivan Roux.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 11, 2020No Comments3 Mins Read Music News 34 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die talentvolle sangeres en liedjieskrywer Julanie J se eerste Afrikaanse album Mooi het pas die lig gesien. Dit volg op die sukses van drie Afrikaanse enkelsnitte wat sy oor die afgelope jaar uitgereik het. Julanie vertel dat die liedjies op die vollengte album elk `n kort liefdesverhaal is. Sy sê: “Mooi se tema is selfondekking en elke liedjie vertel `n storie oor iets wat in my lewe gebeur het wat ek graag met ander wil deel.”

Meer inligting oor Julanie J se eerste Afrikaanse album

Die enkelsnit “Liefde wat ons heelmaak” is `n duet wat Julanie saam met die talentvolle sanger Ivan Roux opgeneem het. Julanie sê: “Ek is baie opgewonde oor hierdie liedjie. Ek mik altyd na internasionale produksie-gehalte en ek voel trots op wat ons met hierdie enkelsnit reggekry het. Die liedjie gaan oor n “break-up.” Een of ander tyd gaan meeste mense maar deur die ervaring van `n gebreekte hart. Dit was vir my `n voorreg om saam met Ivan Roux te kon sing. Met sy donker, warm stem het hy het hy die gevoel van hierdie lied perfek help oordra.”

Julanie J Photo by Willem Botha

Een van die snitte wat vir Julanie die naaste aan haar eie hart le is die lied “Arm.” Sy het dit vir haar man JP Chetty geskryf, nog iewers voor hulle troue verlede jaar.

Julanie J verduidelik: “Die liedjie vertel bietjie van wie ons is en hoe ek oor hom voel. “Jy’s die stil van stilheid wat praat” – JP is vreeslik stil; praat nie `n woord nie maar as hy iets sê is dit gewoonlik baie toepaslik en in die kol. Ek kan myself soms heeltemal te ernstig opvat en hy het `n manier om my altyd te laat lag. Dis waar die lirieke “Jy`s die suiker in my koffie sodat ek nie bitter smaak” vandaan kom.

NetfloristOfferforge

Julanie J

Daar is 10 oorspronklike liedjies op hierdie lieflike album insluitende die treffers van die afgelope jaar: Dalk is Ek, Sandkastele en Gegrond.  Julanie sien uit om die album met almal te deel: “Ek was nog nooit so trots op enigeiets nie. Ek is baie dankbaar teenoor Warner Music South Africa en die musikante en technici wat my in hierdie afgelope twee jaar vanaf Dalk is Ek se vrystelling tot nou toe help skep het. My beker loop ordentelik oor!”

Meer inligting oor Julanie J

Julanie J (wat onlangs haar 22ste verjaardag gevier het), het haar eerste liedjie op die ouderdom van 4 jaar geskryf en haar debuutalbum “Spirit Breakout” (2015) het binne 24 uur die Top 30 van die internasionale iTunes trefferlys gehaal. Sy is in 2016 vir n Mzanzi Christian Toekenning genomineer.

Julanie J skryf ook vir verskeie ander kunstenaars en het al onder meer liedjies geskryf vir Lokua Kanza, sowel as vir Helmut Meijer AKA Calev, Sanet Lambrechtsen die sangeres Nadia Vorster. Haar Afrikaanse enkelsnitte wat in 2019 en 2020 uitgereik is het verskeie nommer 1 posisies gehaal. Huisgenoot het in `n resensie genoem dat sy beslis `n kunstenaar is om dop te hou.

Jy kan Julanie J se album HIER stroom.

NetfloristOfferforge

Kyk die lyric video vir “Liefde Wat Ons Heelmaak” hier onder

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”

    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Music News 14 Aug 2026
  • Max More Releases New Single: “Cherry”

    Max More Releases New Single: "Cherry" 2
    Music News 14 Aug 2026
  • Eva Marie Releases New Single: “Keep My Name Out Your Mouth”

    Eva Marie
    Music News 10 Aug 2026
  • Teddy Swims Releases New Single: “Break Up in Reverse”

    Teddy Swims
    Music Videos 19 Jul 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Pop South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Keep Guessing Charlie
    Keep Guessing Charlie Release New Track: “Loved & Lost”
    August 13, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.