Facebook Twitter Instagram
    Running Wolf's Rant
    Latest News
    • Britney Meistre heads to Hollywood to record “By My Side”
    • Artists Announced for MTN Bushfire Festival 2022
    • David Kramer Reik Liedjie Uit Vir Eseltjiesrus se Donkies
    • Nomadic Orchestra release flavourful album: “Out & About”
    • Emerger Prepares For Take-Off With “Aeroplane Park”
    • Amy Lilley releases new single: “Video Games”
    • Jeremy Loops Colabs With Ed Sheeran on “Better Together”
    • Nibs Van Der Spuy releases “Maiden of the river”
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS TikTok
    Home
    • Categories
      • Entertainment
      • Facts
      • General News
      • Hacks
      • Opinion
      • Photography
      • Quotes
      • Technology
    • Pages
      • Interesting Music Facts
      • Music Events
      • South African Artists & Bands
      • South African Live Music Events, Venues & Festivals
      • Submit Music Facts
      • Submit Music Festival Stories
    • Featured
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Subscribe
    Running Wolf's Rant
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    Home»Entertainment»Music»Lekkerland Carnival 2017: Groot pret in Dullstroom

    Lekkerland Carnival 2017: Groot pret in Dullstroom

    Alice GreenBy Alice GreenApr 7, 2017 Music 6 Mins Read34 Views
    Share
    Facebook Twitter Email Telegram WhatsApp

    Dullstroom is ‘n piep klein dorpie tussen Lydenburg en Belfast met Tonteldoos as ‘n buurman. Dis in die hart van die grasvelde van Mpumalanga waar jy gaan forrel vang, roof voëls kan sien en lekker rustig wees. Maar nie as jy by die eerste Lekkerland Carnival was nie! Dis was ‘n magnificent ontploffing van mense en musiek…

    Ek het saam met my mense die kort pad vanaf Nelsparta aangedurf Dullies toe (dis wat ons locals dit noem). Gelukkig is al die potholes reggemaak (al kan mense nie dieselfde se van Lydenburg nie) en ons het ‘n lekker cruise gehad. Ons het ons tassies gaan los by Dullstroom Inn en sommer gepotivar (geloop vir julle ongeletterdes) na die Dullstroom Greenery waar ‘n kaleidoskoop van kleur en families ons ingewag het.

    As jy gedink het dit raak nooit warm in Dulstroom nie, you are sadly mistaken. Mense het ver onder die koeltebome gesit met ‘n koue ene in die hand en die bands van ver gekyk. Ek het persoonlik bietjie meer karnival verwag, jy weet? Soos narre, dudes wat swaardesluk, vuurblasers, balon-gevoude diere…sulke karnival goed.

    Mr Valiant Swart was ons eerste live act, ons het Nikki Botha en The Oh So Serious gemis (jammer maats) maar ek like Valiant (ek wil vir hom my eye shadow wys). Hy het lekker grappies en stories vertel waarby mense either nie baie hard lag of skaam is in Dullstroom. Dalk was die son te warm. Met ‘n rondte by ‘n semi cheap bar en ‘n worsboordjie in die ander poot het ons plek gaan soek voor die stage vir Lauren Lavine en Josie Field.

    Lekkerland Carnival 2017: Groot pret in Dullstroom 1

    Magtag, was ek nie ‘n oomblik terug in STRAB se strand gewees tydens die twee girls se vertoning nie? Anyway, Al wat my human bietjie afgesit was ‘n tannie wat gekla het sy moet sit terwyl sy fotos neem. Dis toe die koei in my uit kom, ‘n paar moo’s na haar kant het sy skaam gekry. Sies, jy staan en kyk ‘n band auntie.

    Lekkerland Carnival 2017: Groot pret in Dullstroom 2

    Josie en Lauren se stemme was so mooi in harmonie, dit het mooi oor die Dullstroom grasvlaktes gesweef. Kry hulle album (“Tiger Lilly”) by hulle volgende show of aanlyn. Ons het hulle lanklaas gesien maar ai, dit was mooi om na te kyk en mooi om na te luister.

    Lekkerland Carnival 2017: Groot pret in Dullstroom 3

    Na dit het ons gaan jasse en serpe aantrek. ‘n Paar jaar terug was ons ook in Dullstroom, en ons het gedink ons was in Laeveld. Ons het gevries teen 6 uur.  So ons Riana Nel gemis, maar baie families het haar nog ondersteun, wat nogals kief was. Die stap terug na Dullstroom Inn was vlink ene, met ‘n vinnige stop by die OTM. Die Dullstroom OTM curse van “we have run out of money” het ons ook al gevang op ‘n vorige besoek. Gelukkig was die OTM vriendelik die keer.

    Na ‘n lekker blaas kans, ‘n beter bier en ‘n jas,  is ons terug na Lekkerland toe. Matthew Mole (die oulikste ou in SA musiek) was op die verhoog en besig om op te stel. Is dit ek of het sy hele setup verander? Dis amper ‘n vol drum kit, keyboard en kitaar? Nonetheless, al die meisies kon nie stywer teen die heining staan nie en dit het gelyk soos ‘n klomp vinke wat hang aan ‘n nes.

    ‘n Paar kinders was ook voor (die klein soort), so jy moet pasop waar jy trap. Baie mense wat seker die advertensies gesien het, het gedink “cool ‘n fees” en  daar aangekom met ‘n baba pram en party van hulle was daar met hulle honde wat gewonder het wat gaan aan. King Price (een van die grootste sponsors van die fees) het baie pryse uitgedeel. Mense was happy om groot suig lekkers, penne, lisensie skywe (die sticker soort), babalas emergency kits, etc te kry by hulle.

    Matthew het begin met sy set en almal was reeds op hulle voete. Met liedjies soos “I’ll take yours, you take mine”, “By your side” het die crowd lekker saam gesing. Mense het hulle shit verloor toe hy op die heining gaan staan het met ‘n massive drom en toe hy dit slaan was water op. Party het die shower gelove en ander het ys gegooi. We all get that one, hey?

    Lekkerland Carnival 2017: Groot pret in Dullstroom 4

    Na Matthew se set was dit Die Heuwels Fantasties se beurt. Die setup het ‘n bietjie lank gevat want daar was ‘n paar tegniese probleme. Intussen het Bouwer Bosch en maat wat die MC’s vir die dag was, die crowd besig gehou met ‘n 30 Seconds tipe speletjie. Toe DHF reg was, het hulle oopgemaak met “Beloofde Land”. Die show was ou en nuwe songs in die mix gehad het en dit het goed afgegaan (soos ‘n rooi wyntjie om daai koue windjie te keer).

    Lekkerland Carnival 2017: Groot pret in Dullstroom 5

    However, daar was so extra ietsie tydens hulle show. Evert Kleynhans van Pretoria het sy meisie Vianda Huisamen gevra om te trou op die stage net voordat DHF hulle treffer, “Sy” gespeel het. Natuurlik het die crowd dit op geeët soos soekkoek en sy het darem ja gesê. So cute. Daar is selfs ‘n video daarvan.

    Na DHF was alles verby en dit was nog voor 10 uur die aand. Ek dink die non-fees muise sou dit nie kon maak nie. My general feeling van Lekkerland was dat dit anders is as jou gewone feeste. Wat ons, lesers van Running’s Wolf Rant, gewoont is.

    Dis ook okay, party keer moet jy iets anders doen. Dit was super familie vriendelik met ‘n hele kids jol plek, pony rides en so aan. Kosgewys was dit okay ek meen daar was pannekoek, boerewors rolletjies, spookasem, slap tjips, Indian lamb curry en biltong. Nie veel as jy ‘n vegan of vegataries is nie. Badkamers was okay, (was dieselfde ouens by Mieliepop).

    Al wat ek kan se vir die ‘after party’ was dat dit ‘n packed Duck & Trout was met twee barmanne wat hulle bene afgehardloop het. Maar in klein dorpies kan die reëls nogals kwaai wees en teen 12 uur was almal uit die bar gesit…natuurlik teen hulle sin. Drank lisensie reëls met die polisie het sieklik gaan slaap. Deur die mis het ons OBS en tequila gedrink in die tuin van Dullstroom Inn tot vroeg in die oggend ure. Dit was ‘n heerlike wegkom kans.

    Na die tyd het ek uitgevind daar was 3,000 mense by Lekkerland. Nie te sleg for first timers nie. Ons het ‘n lekker tyd gehad,  sien julle by Lekkerland 2018.

    Get updates via email
    Afrikaans Die Heuwels Fantasties Dullstroom Festivals Josie Field Laurie Levine Lekkerland Matthew Mole Reviews South Africa
    Share. Facebook Twitter Pinterest LinkedIn Telegram WhatsApp Reddit Email
    Previous ArticleFokofpolisiekar maak Geskiedenis in 9 dae
    Next Article Jack Parow kry sy eie fees in Nederland
    Alice Green

    A green cow, part of a heard of plastic / latex cows, spread between Nelspruit, Sabie and Cape Town. My owner adopted me when I only could speak Chinese, now I'm fluent in Afrikaans, English second language and cow.

    Related Posts

    Saarkie stel nuwe enkelsnit bekend: “River Blues”

    Apr 27, 20212 Mins Read

    Van Pletzen Debuut Album nou beskikbaar

    Mar 26, 20182 Mins Read21 Views

    Fokofpolisiekar – Parkiebank, herfs 2017 Musiekvideo Vrygestel

    Jan 18, 20184 Mins Read25 Views

    Resensie: Liefde By Die Dam 2017

    Aug 10, 20175 Mins Read46 Views

    ‘n Vinnige Geselsie met Die Heuwels Fantasties

    Jul 26, 20172 Mins Read5 Views

    Mieliepop 2017 – Wat ‘n lekker jol

    Apr 3, 20177 Mins Read26 Views

    Leave A Reply Cancel Reply

    You Might Like

    Review: Guns N’ Roses at FNB Stadium in Johannesburg

    Nov 30, 201840 Views

    Album Review: Backcapwoods – “As a Matter of Matter”

    Sep 28, 2018

    Resensie: Mieliepop 2018

    Apr 3, 201825 Views

    A quick chat with Majozi

    May 11, 201620 Views

    The Rise of Skywalker: The Good, The Bad and the Ugly

    Dec 31, 201947 Views
    Subscribe
    Get updates via email
    You Might Also Like

    Michael Osland gives crucial tips to help start a business

    Sep 29, 2021

    Bitcoin Prime: Everything You Should Know

    May 14, 2021

    Advertising: How to reach a generation that blocks adverts

    Apr 29, 2021

    Interior Design: 7 Interesting Facts You Didn’t Know

    Oct 31, 202149 Views

    Bill Hicks on Smoking

    Apr 25, 2012108 Views
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    About Running Wolf’s Rant
    About Running Wolf's Rant

    Running Wolf's Rant has been covering the South African Music Scene and featuring interesting, funny and engaging content since 2008.

    Feel free to explore the various sections and categories. We hope that you find something howling good while you're exploring. Please share posts that you find interesting with your friends on Social Media. Share buttons are provided.

    Featured Posts

    My 2 Cents on STRAB 2014

    May 29, 201423 Views

    Photo Album: Van Coke Kartel @ Park Acoustics

    May 4, 201328 Views

    1990s Music: 101 Interesting Facts You Might Not Know

    Feb 24, 20205,907 Views
    Recent Posts

    Britney Meistre heads to Hollywood to record “By My Side”

    May 17, 202227 Views

    The Best Time For A Deep Sea Fishing Trip In Australia

    May 14, 20228 Views

    Artists Announced for MTN Bushfire Festival 2022

    May 12, 202221 Views
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    © 2022 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.