Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Event Reviews » Lekkerland Carnival 2017: Groot pret in Dullstroom

Lekkerland Carnival 2017: Groot pret in Dullstroom

Blitsoorsig: The first Lekkerland Carnival transformed the quiet village of Dullstroom into a vibrant celebration with live performances from Matthew Mole, Die Heuwels Fantasties, and Valiant Swart. The family-friendly event featured food stalls, kids' activities, and a surprise proposal on stage. Despite early closing times due to local liquor laws, it was a refreshing change from typical festivals with three thousand attendees enjoying music and community vibes.

Alice GreenBy Alice GreenApril 7, 2017No Comments6 Mins Read Event Reviews 84 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Dullstroom is ‘n piep klein dorpie tussen Lydenburg en Belfast met Tonteldoos as ‘n buurman. Dis in die hart van die grasvelde van Mpumalanga waar jy gaan forrel vang, roof voëls kan sien en lekker rustig wees. Maar nie as jy by die eerste Lekkerland Carnival was nie! Dis was ‘n magnificent ontploffing van mense en musiek…

Ek het saam met my mense die kort pad vanaf Nelsparta aangedurf Dullies toe (dis wat ons locals dit noem). Gelukkig is al die potholes reggemaak (al kan mense nie dieselfde se van Lydenburg nie) en ons het ‘n lekker cruise gehad. Ons het ons tassies gaan los by Dullstroom Inn en sommer gepotivar (geloop vir julle ongeletterdes) na die Dullstroom Greenery waar ‘n kaleidoskoop van kleur en families ons ingewag het.

As jy gedink het dit raak nooit warm in Dulstroom nie, you are sadly mistaken. Mense het ver onder die koeltebome gesit met ‘n koue ene in die hand en die bands van ver gekyk. Ek het persoonlik bietjie meer karnival verwag, jy weet? Soos narre, dudes wat swaardesluk, vuurblasers, balon-gevoude diere…sulke karnival goed.

Mr Valiant Swart was ons eerste live act, ons het Nikki Botha en The Oh So Serious gemis (jammer maats) maar ek like Valiant (ek wil vir hom my eye shadow wys). Hy het lekker grappies en stories vertel waarby mense either nie baie hard lag of skaam is in Dullstroom. Dalk was die son te warm. Met ‘n rondte by ‘n semi cheap bar en ‘n worsboordjie in die ander poot het ons plek gaan soek voor die stage vir Lauren Lavine en Josie Field.

IQ AcademyOfferforge

Lekkerland Carnival 2017: Groot pret in Dullstroom 11

Magtag, was ek nie ‘n oomblik terug in STRAB se strand gewees tydens die twee girls se vertoning nie? Anyway, Al wat my human bietjie afgesit was ‘n tannie wat gekla het sy moet sit terwyl sy fotos neem. Dis toe die koei in my uit kom, ‘n paar moo’s na haar kant het sy skaam gekry. Sies, jy staan en kyk ‘n band auntie.

Lekkerland Carnival 2017: Groot pret in Dullstroom 12

Josie en Lauren se stemme was so mooi in harmonie, dit het mooi oor die Dullstroom grasvlaktes gesweef. Kry hulle album (“Tiger Lilly”) by hulle volgende show of aanlyn. Ons het hulle lanklaas gesien maar ai, dit was mooi om na te kyk en mooi om na te luister.

Lekkerland Carnival 2017: Groot pret in Dullstroom 13

Na dit het ons gaan jasse en serpe aantrek. ‘n Paar jaar terug was ons ook in Dullstroom, en ons het gedink ons was in Laeveld. Ons het gevries teen 6 uur.  So ons Riana Nel gemis, maar baie families het haar nog ondersteun, wat nogals kief was. Die stap terug na Dullstroom Inn was vlink ene, met ‘n vinnige stop by die OTM. Die Dullstroom OTM curse van “we have run out of money” het ons ook al gevang op ‘n vorige besoek. Gelukkig was die OTM vriendelik die keer.

Na ‘n lekker blaas kans, ‘n beter bier en ‘n jas,  is ons terug na Lekkerland toe. Matthew Mole (die oulikste ou in SA musiek) was op die verhoog en besig om op te stel. Is dit ek of het sy hele setup verander? Dis amper ‘n vol drum kit, keyboard en kitaar? Nonetheless, al die meisies kon nie stywer teen die heining staan nie en dit het gelyk soos ‘n klomp vinke wat hang aan ‘n nes.

NetfloristOfferforge

‘n Paar kinders was ook voor (die klein soort), so jy moet pasop waar jy trap. Baie mense wat seker die advertensies gesien het, het gedink “cool ‘n fees” en  daar aangekom met ‘n baba pram en party van hulle was daar met hulle honde wat gewonder het wat gaan aan. King Price (een van die grootste sponsors van die fees) het baie pryse uitgedeel. Mense was happy om groot suig lekkers, penne, lisensie skywe (die sticker soort), babalas emergency kits, etc te kry by hulle.

Matthew het begin met sy set en almal was reeds op hulle voete. Met liedjies soos “I’ll take yours, you take mine”, “By your side” het die crowd lekker saam gesing. Mense het hulle shit verloor toe hy op die heining gaan staan het met ‘n massive drom en toe hy dit slaan was water op. Party het die shower gelove en ander het ys gegooi. We all get that one, hey?

Lekkerland Carnival 2017: Groot pret in Dullstroom 14

Na Matthew se set was dit Die Heuwels Fantasties se beurt. Die setup het ‘n bietjie lank gevat want daar was ‘n paar tegniese probleme. Intussen het Bouwer Bosch en maat wat die MC’s vir die dag was, die crowd besig gehou met ‘n 30 Seconds tipe speletjie. Toe DHF reg was, het hulle oopgemaak met “Beloofde Land”. Die show was ou en nuwe songs in die mix gehad het en dit het goed afgegaan (soos ‘n rooi wyntjie om daai koue windjie te keer).

Lekkerland Carnival 2017: Groot pret in Dullstroom 15

However, daar was so extra ietsie tydens hulle show. Evert Kleynhans van Pretoria het sy meisie Vianda Huisamen gevra om te trou op die stage net voordat DHF hulle treffer, “Sy” gespeel het. Natuurlik het die crowd dit op geeët soos soekkoek en sy het darem ja gesê. So cute. Daar is selfs ‘n video daarvan.

Na DHF was alles verby en dit was nog voor 10 uur die aand. Ek dink die non-fees muise sou dit nie kon maak nie. My general feeling van Lekkerland was dat dit anders is as jou gewone feeste. Wat ons, lesers van Running’s Wolf Rant, gewoont is.

Dis ook okay, party keer moet jy iets anders doen. Dit was super familie vriendelik met ‘n hele kids jol plek, pony rides en so aan. Kosgewys was dit okay ek meen daar was pannekoek, boerewors rolletjies, spookasem, slap tjips, Indian lamb curry en biltong. Nie veel as jy ‘n vegan of vegataries is nie. Badkamers was okay, (was dieselfde ouens by Mieliepop).

Al wat ek kan se vir die ‘after party’ was dat dit ‘n packed Duck & Trout was met twee barmanne wat hulle bene afgehardloop het. Maar in klein dorpies kan die reëls nogals kwaai wees en teen 12 uur was almal uit die bar gesit…natuurlik teen hulle sin. Drank lisensie reëls met die polisie het sieklik gaan slaap. Deur die mis het ons OBS en tequila gedrink in die tuin van Dullstroom Inn tot vroeg in die oggend ure. Dit was ‘n heerlike wegkom kans.

Na die tyd het ek uitgevind daar was 3,000 mense by Lekkerland. Nie te sleg for first timers nie. Ons het ‘n lekker tyd gehad,  sien julle by Lekkerland 2018.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Kelvin Momo: Headlining eThekwini Shisanyama Festival

    Kelvin Momo
    Upcoming Events 8 Aug 2026

    The eThekwini Shisanyama Festival returns September 26, 2026, celebrating township food culture, local entrepreneurship, and community with headliner Kelvin Momo.

    Halloween 2026 in Pretoria: Featuring Silverstein & More

    Halloween 2026 in Pretoria Featured
    Upcoming Events 30 Jul 2026

    Halloween 2026 Pretoria is bringing heavy alternative music to Heartfelt Arena Gardens with international headliners Silverstein and local rock and metal acts.

  • Liefde by die Dam 2026: Alles Wat Jy Moet Weet

    Liefde By Die Dam 2026
    Upcoming Events 28 Jul 2026

    Liefde by the Dam vier sy tiende-jaar in 2026 met twee groot feeste. Die Emmarentia Dam-konsert op 1 Augustus en 'n Kaapse fees in November bied wêreldklas musiek en atmosfeer.

    Praise the LOUD Fest @ Sognage: 24 October 2026

    Praise the LOUD Fest 2026 Featured
    Upcoming Events 26 Jul 2026

    Praise the LOUD Fest returns October 24, 2026 at Sognage with iconic South African rock and alternative bands, fresh talent, and community celebration.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Dullstroom Festivals Lekkerland South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Alice Green

A green cow, part of a heard of plastic / latex cows, spread between Nelspruit, Sabie and Cape Town. My owner adopted me when I only could speak Chinese, now I'm fluent in Afrikaans, English second language and cow.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Misty Waters
    Misty Waters: The Music Festival We’ve Been Waiting For
    May 12, 2026
  • Green Day @ Calabash 2025
    Calabash 2025 at FNB Stadium: My Review
    January 22, 2025
  • Mieliepop Sign 2024
    Resensie: Mieliepop 2024
    March 15, 2024
  • Will Linley - Calabash South Africa
    My 2 Cents on Calabash South Africa 2024 at FNB Stadium
    February 9, 2024
  • Bos Boogie 2023
    Bos Boogie 2023: My Resensie
    September 7, 2023
  • Sting at SunBet Arena
    Review: Sting Live at the SunBet Arena in Pretoria
    February 7, 2023
  • David Gray Featured
    Review: David Gray Live @ SunBet Arena in Pretoria
    December 6, 2022
  • Bos Boogie March 2022
    Review: Bos Boogie March 2022
    March 28, 2022
IQ AcademyOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,254
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
USA 331
Cape Town 331
Pretoria 303
Johannesburg 285
Festivals 197
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.