Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Leo Sonskyn reik nuwe enkelsnit uit: “Sondagmiddag Liefde”

Leo Sonskyn reik nuwe enkelsnit uit: “Sondagmiddag Liefde”

Blitsoorsig: Leo Sonskyn, die nederige sanger van Springs, het sy nuwe Afrikaanse enkelsnit "Sondagmiddag Liefde" uitgereik. Die lied, geskryf saam met William Wolf, vier nie groot gebare nie maar fokus op die stil tye en kosbare oomblikke wat ware liefde vorm. Met lirieke wat diep persoonlik vir Leo is, en 'n eenvoudige musiekvideo wat twee mense toon wat mekaar werklik sien, bewys die lied dat daar plek is vir sagtheid en opregtheid in die Afrikaanse musiekruimte.

Henno KrugerBy Henno KrugerJuly 3, 2025No Comments3 Mins Read Music Videos 74 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Leo Sonskyn, die nederige sanger van Springs met ’n groot droom, laat harte weer klop met sy nuwe Afrikaanse enkelsnit, “Sondagmiddag Liefde.”

Dis nie net ’n lied nie – dis ’n gevoel van rus, ’n intieme ode aan daardie spesiale persoon by wie jy ten volle jouself kan wees.

Leo Sonskyn

Meer inligting oor Leo Sonskyn

Bekend van The Voice SA, Idols SA en Die Kontrak, het Leo deur die jare sy plek in die Suid-Afrikaanse musiekwêreld gevestig. Maar ondanks al die bekendheid, bly hy eenvoudig. Hy sê: “Ek’s net ’n huweliksmaat, ’n pa, en ’n gewone ou van Springs. Ek het eendag besluit ek het ’n droom, en toe het ek hom aangepak.”

Dis juis hierdie egtheid wat “Sondagmiddag Liefde” so besonders maak. Die lied is saam met William Wolf geskryf nadat William met ’n “cool melodie” vorendag gekom het. “Ons het sommer dadelik begin skryf,” vertel Leo Sonskyn. “Daai rustige gevoel van ’n Sondagmiddag saam met jou persoon het alles gedryf.”

IQ AcademyOfferforge

Terwyl baie liefdesliedjies groot gebare vier, fokus “Sondagmiddag Liefde” op die klein, kosbare oomblikke – die stil tye wat dikwels ongemerk verbygaan, maar die kern van ware liefde vorm.

Die lirieke, soos “Ek soek jou laat Sondagmiddag liefde… Ek het nooit geglo in die hemel, maar nou lê die hemel net hier langsaan my,” is vir Leo diep persoonlik. Hy sê: “Ek het nooit gedink ek sal ooit ’n vrou hê nie. Soos party mense nie in die hemel glo nie, het ek nie geglo liefde gaan met my gebeur nie. Maar toe gebeur dit. Nou weet ek – hierdie is my hemel op aarde.”

Die musiekvideo is eenvoudig en opreg – presies soos die lied self. “Ons wou wys dat liefde nie gaan oor wie jy op ’n Vrydagaand saam wil wees nie, maar oor wie jy op ’n Sondagmiddag by wíl wees. Dít is liefde,” sê hy.

Die visuele styl van die video sluit perfek aan by die tematiek van die lied: sagte aanrakinge, rustige oomblikke, en twee mense wat mekaar werklik sien.

NetfloristOfferforge

Kyk die musiekvideo hier onder:

Leo Sonskyn se musiekloopbaan het reeds op 14 begin en het hom van plaaslike verhoë tot in die Top 5 van Die Kontrak geneem. Met “Sondagmiddag Liefde” bewys hy dat daar in die Afrikaanse musiekruimte plek is vir sagtheid, stilte en opregtheid.

“In ’n wêreld wat so lawaaierig en gejaagd is, wil ek mense herinner dat liefde nie geskreeu hoef te word nie. Soms lê dit in ’n kyk, in stilte, in teenwoordigheid.”

“Sondagmiddag Liefde” is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Sit terug, maak jou hart oop, en laat Leo Sonskyn jou herinner aan wat regtig saak maak.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Leo Sonskyn Releases First English Single: “Dance All Night”

    Leo Sonskyn Releases First English Single: "Dance All Night" 1
    Music Videos 15 Jun 2026

    Leo Sonskyn releases his first English single "Dance All Night," a spiritual anthem about transformation from darkness to light and inner liberation through faith.

    Leo Sonskyn Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Tyd Vir Alles”

    Leo Sonskyn
    Music Videos 5 Sep 2025

    Leo Sonskyn se nuutste liedjie "Tyd Vir Alles" is 'n inspirerende lied oor geloof, emosionele groei en die krag van tyd, gebore uit 'n Bybelse moment.

  • Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”

    Winter Hotel
    Music Videos 5 Aug 2026

    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”

    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 2
    Music Videos 5 Aug 2026

    John Rock Prophet se nuwe liedjie "Charlene" is 'n eerbetuing aan 'n oorlede vriendin wat die tydelikheid van wat kosbaar is, verken.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Leo Sonskyn Sondagmiddag Liefde South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
Nog Artikels
  • Man As Machine - Impossible Sea
    “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released
    August 3, 2026
  • Shortstraw - Rubber Arm
    “Rubber Arm”, The New Shortstraw Single Has Arrived
    August 3, 2026
  • Lee Cole - Fool
    On New Track “Fool”, Lee Cole Confronts Self-Betrayal
    August 1, 2026
  • Manfred Zipfel
    Manfred Zipfel’s “Sunshine” Brings Hope Through Simplicity
    July 31, 2026
  • Bangkinders - Francois Van Coke
    “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier
    July 31, 2026
  • A New Country Anthem: "Keep On Kickin" by Hendry & Serrao 3
    A New Country Anthem: “Keep On Kickin” by Hendry & Serrao
    July 30, 2026
  • Millennium - Brooklyn Bachelor
    Met “Brooklyn Bachelor” Skop Millennium Die Deur Oop
    July 28, 2026
  • Riaan Benade
    Riaan Benadé bring hulde aan die liefde met ‘Lof’
    July 27, 2026
IQ AcademyOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,253
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
Cape Town 333
USA 331
Pretoria 304
Johannesburg 285
Festivals 196
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.