Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Lucinda Stel Eerste Solo Album Vry: “Uitgeskryf”

Lucinda Stel Eerste Solo Album Vry: “Uitgeskryf”

Blitsoorsig: Sangeres Lucinda het haar eerste solo album Uitgeskryf in Julie 2021 vrygestel. Die album is saam met Wesley van der Westhuizen vervaardig en bevat liedjies geskryf tussen 2019 en 2020. Met introspeksie as hooftema, bied Uitgeskryf 'n eerlike blik op wie Lucinda vandag is, met sagte en opgewekte musiek wat persoonlike lirieke bevat.

Henno KrugerBy Henno KrugerJuly 6, 2021No Comments2 Mins Read Music News 88 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Sanger, liedjieskrywer en kunstenaar Lucinda is reeds sedert die ouderdom van 16 bekend as hoofsanger van die Afrikaanse groep, Die Melktert Kommissie. In 2019 het sy saam met Bouwer Bosch ’n EP vrygestel, getitled ‘Waar Die See Die Kus Omhels’, en in 2020 haar eerste solo enkelsnit genaamd ‘Weerloos’.

Julie 2021 sien haar eerste solo album Uitgeskryf die lig na die vrystelling van die eerste enkelsnit vanaf die album, naamlik “Ons Is Ons” (saam met John-Henry Opperman van Klopjag) in Junie vanjaar.

Meeste van die liedjies op Uitgeskryf is tussen 2019 en 2020 neer gepen, behalwe ‘Engele Kom’ wat in 2016 geskryf is. Lucinda  het saam met Wesley van der Westhuizen die album vervaardig; ’n bewuste besluit omdat dit vir haar belangrik was om van die begin tot die einde deel van die skeppingsproses te wees. Die album is tussen Februarie en Mei 2021 opgeneem.

Lucinda Uitgeskryf

Lucinda vertel ons meer

“Ek skryf veral in emosioneel moeilike en uitdagende tye. Musiek gee woorde aan dit wat in jou binneste borrel, sonder om dit met enige iemand te bespreek. Die ironie is dat mens dit dan later weer deel met almal. Ek hou van die idee daarvan. Dit help my genees, en na genesing kan mens dit weg gee en moontlik ander help wat met dieselfde dinge worstel.”

NetfloristOfferforge

Uitgeskryf bied aan aanhangers ’n eerlike blik op wie Lucinda vandag is met ’n mengsel van sagte en opgewekte musiek en persoonlike lirieke. Met ‘introspeksie’ as die hooftema van die album, het Lucinda die afgelope twee jaar alles wat sy in haarself ondersoek het, neergeskryf in gedigte of stories of liedjies. Skryf skep afstand tussen jou gedagtes en dit wat jou pla, en uit sinne kom sin, en dan vir Lucinda, sing.

Lucinda - Uitgeskryf

Lucinda vertel ons hoe sy liedjies geskryf het vir Uitgeskryf

“Daar is verskeie stadiums in mens se lewe waar jy nie anders kan as om na binne te kyk nie. Ek voel as die tyd kom kan dit ‘n groot geskenk wees  – dis belangrik om jouself te leer ken. Hoe meer intiem mens kan skryf, hoe meer universeel word jou musiek. Almal kry seer en almal sukkel en almal steek dinge weg en almal hoop en droom. Ek het al die seer en deurmekaar dinge uitgeskryf.”

Jy kan Uitgeskryf HIER aflaai / stroom.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Khazimula Releases New Single: “Joburg City”

    Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Music News 2 Oct 2026
  • Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”

    Deborah McKay
    Music News 28 Sep 2026
  • The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”

    The Hill
    Music News 25 Sep 2026
  • Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”

    Charlie Void
    Music News 25 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
  • Kerk Straat
    Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”
    September 17, 2026
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.