Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Artist/Band Interviews » ‘n Vinnige Geselsie met Bacchus Nel

‘n Vinnige Geselsie met Bacchus Nel

Blitsoorsig: Leer meer oor Bacchus Nel, die talentvolle blinde musikant van Suid-Afrika se musiekscène. Die artikel deel 'n snaakse anekdote van Oppikoppi Easter en 'n onderhoud waar hy oor sy naam, toekomstige shows by Park Acoustics, en sy nuwe bandopstelling praat.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 23, 2017No Comments3 Mins Read Artist/Band Interviews 126 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

As jy ‘n groot liefhebber van diep Afrikaanse musiek is, het Bacchus Nel geen bekendstelling nodig nie. Hierdie mannetjie maak al musiek sedert die middel 2000’s en het al rippels gemaak in die Suid-Afrikaanse musiek scene. Die blinde musikant het ongelooflik baie talent.

'n Vinnige Geselsie met Bacchus Nel 5

‘n Paar jaar terug was ek by Oppikoppi Easter gewees en het ongelukkig laat op die een middag uitgepass. Toe ek wakker word het ek na my vriende se tent toe geloop om te check wat gaan aan (want ek het al die bands gemis). Bacchus Nel het saam met my vriende gekamp. Ongelukkig het 2 van my vriende (Anne en Derrick) hulle tent se flap oopgelos en toe reën als nat in die tent. Hulle was heel pissed off daaroor en het toe maar onder die gazebo ‘n drankie saam met Bacchus sit en drink.

Ons ander vriend Flitz Blitz het aangeloop gekom en het oral in die campsite na iets gesoek. Na ‘n paar minute se gesoek het hy obviously moedeloos geraak en het toe vir Bacchus gevra “Het jy nie die kannetjie water gesien wat hier gestaan het nie?” Bacchus het dadelik reply “Ag Fritz, ek het dit al lankal in wyn verander”. Die man het defnitief ‘n way met woorde as jy my vra…

Bacchus Nel is een van die kunsternaars wat by die volgende Park Acoustics gaan speel op die 29ste Oktober 2017. aKING, Klopjag en Georgetown gaan ook daar wees. Ek het onlangs met hom gesels hieroor en oor so paar ander goedjies. Hier is wat hy te sê gehad het:

NetfloristOfferforge

Het jy baie wyn en bier gedrink voor jy Bacchus Nel geword het? Waar kom die naam vandaan?

Mmmm, lang storie, maar ja dit is die mitologiese god van wyn en plesier.

Wat is die snaakste ding wat al gebeur tydens een van jou shows?

‘n Ou wat na ‘n show in ‘n bar vir my getune het: “Jy lyk nogal baie
soos Bacchus Nel, en as jy daai ‘Oppiplaas’ song sing klink jy ook nogal
soos hy.”

NetfloristOfferforge

Wat is jou gedagtes oor die huidige stand van sake in die SA musiek bedryf?

Hoeveel tyd het jy? (Ek dink ek moet hom vra om hieroor uit brei in ‘n opvolg artikel)

'n Vinnige Geselsie met Bacchus Nel 6

Wat is jou gunsteling quote oor musiek?

“The music business is a cruel and shallow money trench, a long plastic hallway where thieves and pimps run free, and good men die like dogs. There’s also a negative side.”  Hunter S. Thompson.

NetfloristOfferforge

Wat kan musiek-liefhebbers verwag van jou show by Park Acousics?

Ek’s baie opgewonde oor die nuwe line-up; Marissa wat vir jare deel was van
die band, het Kaap toe verhuis – sonder om te veel weg te gee: maar die
musiek beweeg in ‘n nuwe interesante rigting.

Ek wil hierdie geleentheid gebruik om vir Bacchus Nel te bedank vir hierdie onderhoud. As jy hom nog nie live gesien het nie, maak seker jy kry jou kaartjies vir Park Acoustics hier.

Luister na sy liedjie, “Oppieplaas” hier onder om jouself in die mood te kry vir die naweek se partytjie by die Voortrekker Monument:

NetfloristOfferforge

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music en Interviews kategoriëe op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”

    Lyra K
    Music News 4 Sep 2026
  • Folk-Pop Phenomena Alyssa Grace Releases Debut EP

    Alyssa Grace
    Music News 4 Aug 2026
  • Kabaal Klankbaan Releases “Rain Checks and Read Receipts”

    Kabaal Klankbaan
    Music Videos 16 Jun 2026
  • Seth Tabatznik Releases New Single: “We Are Walking Home”

    Seth Tabatznik
    Music News 3 Feb 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Bacchus Nel Folk Oppieplaas Park Acoustics Rock South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
    July 10, 2026
  • GAZ
    An Interview With GAZ
    April 22, 2026
  • The Fismits Mark Biagio
    An Interview with Mark from The Fismits
    March 30, 2026
  • Anton Edwards Artist
    An Interview with Anton Edwards
    February 23, 2026
  • Michael Ferguson
    An Interview with Michael Ferguson
    December 9, 2025
  • ABFAB
    An Interview with ABFAB
    November 26, 2025
  • Jaakie
    ‘n Onderhoud met Jaakie
    October 11, 2025
  • Dani Villé
    ‘n Onderhoud met Dani Villé
    August 14, 2025
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.