Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Saarkie reik “Rondomtalie” Musiekvideo Uit

Saarkie reik “Rondomtalie” Musiekvideo Uit

Blitsoorsig: Saarkie het hulle sesde album se eerste enkelsnit "Rondomtalie" vrygestel, 'n Afrikaans folk-liedjie oor die rondomtalie van menswees en onverwagte verbindings. Die musiekvideo, verfilm in 'n antieke huis, vertel van 'n verliefdde paartjie se verhaal. Die liedjie volg vorige suksesse en het al Afri-Indie-toekennings vir die groep besorg.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 15, 2022No Comments4 Mins Read Music News 96 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

“Rondomtalie”, die eerste enkelsnit vanaf Saarkie se sesde ateljee-album, is ’n Afrikaans folk-liedjie wat gaan oor die ‘rondomtalie’ van menswees.

“Die lewe vat ’n mens op geheimsinnige paaie, ’n mallemeule van oomblikke. Op ’n dag ontmoet jy iemand, en dit voel of jy die besonderse mens al ’n leeftyd ken. So asof hulle nog altyd daar was, maar die tyd moes eers reg wees,” vertel hulle oor die betekenis agter dié liedjie uit die pen van Adèle Fouché, met mede-skrywers, Lila Botha en Christine du Plessis. “Soos wat die tyd aanstap, deur die rondomtalie van my menswees, besef jy die persoon was eintlik nog altyd daar gewees.”

Saarkie Band - Rondomtalie

Saarkie, Suid-Afrika se gunsteling-rockgroep, het al diep spore in die musiekbedryf getrap, en hierdie Vrouemaand het dié musikante meer as een rede om fees te vier.

Nie net kan hulle weer vrylik voor groot gehore optree en het hulle skoonskip gemaak by die onlangse Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings nie, maar hulle nuutste enkelsnit en musiekvideo is ook pas vrygestel en is reeds besig om soos ’n veldbrand te versprei!

NetfloristOfferforge

Meer inligting oor “Rondomtalie”

Volgens die groeplede sal die snit wat deur Jacques du Plessis van High Seas Studios opgeneem en deur Gustav van Rooyen verwerk is, aanklank vind by ’n wye gehoor, omdat almal al in die lewe ’n rondomtalie van goeie en slegte tye ervaar het.

Die musiekvideo, wat deur Kopwond Films in ’n ou antieke huis verfilm is, vertel die storie van ’n verliefde paartjie wat saam daar intrek nadat hy haar op die rondomtalie in die parkie vir die eerste keer daarvan vertel. Die meisies verduidelik: “Die huis is vol geheimsinnige gange en deure wat na nuwe vertrekke lei en nuwe uitdagings bied. In die tuin vind hulle ’n veilige hawe, waar hulle sorgvry kan wees soos toe hulle nog kinders was.”

Saarkie - Rondomtalie

Wat die video nog meer spesiaal maak, is dat dit in Lila Botha se Die Nagington Manor geskiet is, en dat Francois Jacobs en Shané Nykie Pretorius (wat op die kykNET-program Op My Eish! ontmoet het) die hoofrolle vertolk.

“Rondomtalie” volg in die suksesvolle voetspore van vorige treffers soos “Waar lê jou hart” (die titelsnit van hulle vorige album), “Reënweer” en “River Blues”, wat goed ontvang is en aan hulle vier Afri-Indie-toekennings besorg het, waaronder Beste lewendige rockgroep, Beste alternatiewe album, Beste alternatiewe enkelsnit en Beste rock-enkelsnit.

NetfloristOfferforge

Alhoewel Saarkie, wat oorspronklik bestaan uit Adèle Fouché en Lila Botha, hoofsaaklik nog altyd ’n meisiesgroep was, word hulle deesdae op die verhoog vergesel deur baskitaarspeler Angelo Roman. Dié sestienjarige Pretorianer en seun van die bekende musikant Rixi Roman is nou al vir ’n jaar by die groep doenig en geniet elke oomblik daarvan.

“Angelo is baie musikaal en het ’n besonderse aanvoeling vir musiek. Hy het ’n mooi hart en ons hou van sy persoonlikheid, maar op die verhoog is hy ’n rockster. Hy’s ons Big Daddy A,” sê die meisies.

Buiten vir ’n nuwe album, het die groep ’n lekker vol kalender vir die res van die jaar en beplan hulle aan ’n 2023-toer na Nieu-Seeland en Australië. Wanneer hulle nie op die verhoog is of liedjies skryf nie, bestuur Lila haar nuwe besigheid – Da Capo Trading – en hou Adèle haarself besig met kuns- en houtprojekte. Hulle geniet dit ook baie om by die see of in die bosveld te ontspan.

Saarkie bestaan al vir sestien jaar en met “Rondomtalie” kom wys hulle net weer hoekom hulle so geliefd is. “Liefde is die saadjie van die liedjie en die boodskap is om die lewe te geniet en die mooi in elke aspek daarvan raak te sien. Suid-Afrikaners hou van sing en dans en dit is presies wat hierdie snit bied,” sluit hulle af.

NetfloristOfferforge

Jy kan “Rondomtalie” op Spotify en ander musiekplatforms stroom

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets

    Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets 1
    Upcoming Events 14 Sep 2026
  • Dave Koz January 2027 South African Tour: All The Deets

    Dave Koz
    Upcoming Events 5 Sep 2026
  • Riverdance 30 – The New Generation: April 2027 SA Tour Deets

    Riverdance 30 - The New Generation: April 2027 SA Tour Deets 2
    Upcoming Events 5 Aug 2026
  • Halloween 2026 in Pretoria: Featuring Silverstein & More

    Halloween 2026 in Pretoria Featured
    Upcoming Events 30 Jul 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Pretoria South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
  • Kerk Straat
    Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”
    September 17, 2026
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,305
Rock 615
Useful Tips 563
Afrikaans 521
Cape Town 338
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 200
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.