Facebook Twitter Instagram
    Running Wolf's Rant
    Latest News
    • Amy Lilley Releases Mesmerizing New Single: “Miles”
    • Francois Van Coke reik “Maak Wakker” (saam Elandré) uit
    • Elle E Releases New Single: “Oh Blue Eyes”
    • Ghast release savage new single: “Lawless”
    • The Shabs release new single: “Mom Was Wrong”
    • “Innie Boland” Released by Parow, YoungstaCPT & Middelvinger
    • Imagine Dragons Announce 2023 SA Tour Dates
    • Dan Mace discovers incredible musical duo
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS TikTok
    Home
    • Categories
      • Entertainment
      • Facts
      • General News
      • Hacks
      • Opinion
      • Photography
      • Quotes
      • Technology
    • Pages
      • Interesting Music Facts
      • Music Events
      • South African Artists & Bands
      • South African Live Music Events, Venues & Festivals
      • Submit Music Facts
      • Submit Music Festival Stories
    • Featured
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Subscribe
    Running Wolf's Rant
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    Home»Entertainment»Music»Park Acoustics: Bouwer Bosch (Straatligkinders) Onderhoud

    Park Acoustics: Bouwer Bosch (Straatligkinders) Onderhoud

    Bianca NieuwenhuisBy Bianca NieuwenhuisJan 28, 2019 Music 4 Mins Read20 Views
    Share
    Facebook Twitter Email Telegram WhatsApp

    Straatligkinders is een van groepe wat die naweek optree by die eerste edisie van Park Acoustics vir 2019. Die groep (wat hul oorsprong gehad het in Potchefstroom in die mid 2000’s) het in 2018 hulle eerste album in 6 jaar uitgereik.

    Ek het onlangs met groep se hoofsanger Bouwer Bosch gesels oor Park Acoustics en so paar ander goedjies. Hier is wat hy te sê gehad het.

    Dis die begin van ‘n nuwe jaar. Julle skop Park Acoustics 2019 af saam met ander groot name soos Fokofpolisiekar en Retro Dizzy, is jul net so excited soos ons vir hierdie party van ‘n line-up?

    Ja nee flip, ons is ongelooflik humbled om deel te wees van so ‘n epic lineup. Ons kan nie wag vir die show nie!

    Straatligkinders

    Julle was vir ‘n hele lang ruk stil gewees (6 jaar basies), maar as mens so na jul upcoming shows kyk lyk dit of 2019 ‘n bedrywige jaar gaan wees. Enige groot planne wat jul met ons kan deel, soos nog ‘n nuwe album wat gaan verskyn so vinnig na Verdwyn?

    Ja nee kyk, ons is baie honger om te speel. As jy vir so lank vakansie gevat het kom jy terug met ‘n groot honger vir live shows. Op die oomblik is die plan maar net om die musiek oral te vat waar ons kan.

    As jy ‘n musikant is, is jy maar ‘n traveling salesman, so ons wil maar travel en gaan musiek maak. Ons is defnitief gretig om weer aan die skryf te kom maar jy moet jouself pace en jou eie album ook tyd gee om bietjie te broei.

    Albums het nodig om eers bietjie op mense te groei voor jy wegstap na ‘n nuwe een voel ek. Daar is nog heelwat songs op daardie album wat ons van videos wil maak en nog deel met Suid Afrika. Singles is maar sterker as albums so ons wil aanhou singles push.

    Ek het in 2008 vir die eerste keer regtig in Afrikaanse musiek begin raak (dankie MK89). Sweef Soos ‘n Vuishou was een van die eerste albums wat ek met my eie geld gekoop het. In hoërskool het ons pouses op MP3 players na jul musiek geluister. Kan ons uitsien na ‘n paar van jul ouer, “nostalgiese” songs by Park Acoustics? Dalk songs soos “Kan Ek Met Jou Dans”, “Gedagte Vir Die Dag” en “Avontuur Van ‘n Hartbreek”?

    Ja nee, ons live show bestaan uit omtrent helfte ou songs van ons vorige albums.

    Daai songs beteken vir ons net so baie soos wat dit vir luisteraars beteken so jy gaan defnitief al drie daardie songs hoor Sondag sowel as ‘n paar ander wat op daai albums was.

    Die 10-year challenge was nou onlangs ‘n groot ding op social media. As jul Straatligkinders se sound van tien jaar terug moet vergelyk met hoe dit nou is, hoe sou jul die beskryf?

    Sjoe, great vraag. 10 Jaar terug was ons defnitief ‘n hardcore rock band en vandag dink ek is ons net ‘n rock band. Ek skree nie meer, hoe ouer jy word hoe rustiger word jy kom ek agter, nou wil ek praat oor dinge in plaas om te skree oor dinge soos toe ek jonger was.

    Straatligkinders

    Is daar enige verrassings wat wag by Park Acoustics vir dié van ons wat Straatligkinders nog nie voorheen live gesien het nie?

    Ek dink die mense kan maar uitkyk vir ‘n paar nostalgiese treffers uit die argiewe. Hein en Benjamin geen tekere op stage asof hulle 16 is en ek staan stil asof ek 87 is. #DankieInsecurites

    Ons hou van live speel so jy kan maar net ‘n fun 45 min slot verwag met lekke tunes en lame grappies. Ek werk aan my standup loopbaan so tussen al die songs.

    Ek wil vir Bouwer Bosch en Straatligkinders bedank vir hierdie onderhoud. Ek sien nogals erg uit om hulle die naweek te sien.

    As jy nog nie kaartjies vir die naweek se Park Acoustics het nie, kry joune HIER.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Get updates via email
    Afrikaans Interviews Park Acoustics Rock South Africa Straatligkinders
    Share. Facebook Twitter Pinterest LinkedIn Telegram WhatsApp Reddit Email
    Previous ArticleHellcats Release “The Hex and The Healer”
    Next Article ‘n Onderhoud met Wynand Myburgh van Fokofpolisiekar
    Bianca Nieuwenhuis

    Art is not what I create. What I create is chaos.

    Related Posts

    Park Acoustics: Janie Bay Onderhoud

    Feb 26, 20202 Mins Read17 Views

    Park Acoustics: Pieter De Jager Onderhoud

    Jan 29, 20203 Mins Read27 Views

    Park Acoustics: Jannie “Hanepoot” Van Tonder Onderhoud

    Nov 26, 20195 Mins Read44 Views

    Park Acoustics: ‘n Onderhoud met Van Pletzen

    Jul 26, 20192 Mins Read24 Views

    ‘n Vinnige Pre Park Acoustics onderhoud met The Black Cat Bones

    May 15, 20174 Mins Read13 Views

    ‘n Pre Park Acoustics Onderhoud met Fokofpolisiekar

    May 9, 20174 Mins Read12 Views

    Leave A Reply Cancel Reply

    You Might Like

    Pirate Fest 2019: An Interview with Brandon from Atreyu

    Aug 15, 201918 Views

    A quick chat with The Sextons

    Dec 19, 201620 Views

    Mrs B. Interview

    Aug 20, 201035 Views

    An Interview with Gareth Wilson (Southern Gypsy Queen)

    Mar 3, 201048 Views

    A quick chat with Bad Peter

    Jul 26, 201733 Views
    Subscribe
    Get updates via email
    You Might Also Like

    Stress: Say Goodbye to it with CBD

    Sep 24, 2020

    7 Things to Know Before Purchasing Refurbished Electronics

    Oct 13, 20216 Views

    101 Weird Laws Around The World

    Nov 11, 202014 Views

    Coronavirus: 20 Interesting Facts You Might Not Have Known

    Jun 21, 2021904 Views

    The Best of Triumph The Insult Comic Dog (Video)

    Nov 12, 201262 Views
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    About Running Wolf’s Rant
    About Running Wolf's Rant

    Running Wolf's Rant has been covering the South African Music Scene and featuring interesting, funny and engaging content since 2008.

    Feel free to explore the various sections and categories. We hope that you find something howling good while you're exploring. Please share posts that you find interesting with your friends on Social Media. Share buttons are provided.

    Featured Posts

    The 100 Greatest Movie Insults of All Time (Video)

    Nov 6, 201259 Views

    30 Epic Dave Grohl Quotes

    Sep 7, 202049 Views

    My 2 Cents on Synergy Live 2013 Johannesburg

    Dec 5, 201323 Views
    Recent Posts

    Cryptocurrencies: What Are The Risks Involved?

    Jul 7, 2022

    Job Interview Hack: How To Explain Why You Left a Job

    Jul 6, 20227 Views

    Moenie Die FOKOF 19 Birthday Party Mis Nie!

    Jul 5, 202226 Views
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    © 2022 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.