Close Menu
  • Home
  • Featured Articles
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Home
  • Featured Articles
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Home»Music News»Theuns Jordaan Tribute: Kry jou kaartjies vir Kaapstad 2024

Theuns Jordaan Tribute: Kry jou kaartjies vir Kaapstad 2024

Henno KrugerBy Henno Kruger Music News 4 Mins ReadJanuary 2, 2024
Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

Die grootskaalse Theuns Jordaan Tribute-Konsert wat vroeër vanjaar op Loftus Versfeld aangebied was, het die room van Suid-Afrika se kunstenaars voor ‘n skare van meer as 20 000 toeskouers byeengebring, om in ‘n wêreldklas produksie hulde te bring aan die ikoniese Theuns Jordaan.

Na ‘n vloedgolf van versoeke aan die organiseerders, is daar nou goeie nuus vir Kapenaars: Die Theuns Jordaan Tribute-Konsert word vroeg in 2024, op Saterdag 6 Januarie vanaf 19h00 by DHL Stadion in Kaapstad aangebied.

Theuns Jordaan Tribute - Kaapstad 2024

Die vyftien top Afrikaanse kunstenaars wat by die Pretoria konsert opgetree het, sal ook in Kaapstad op die verhoog wees om Theuns se liedjies te laat herleef in ‘n uitnemende grootskaalse produksie.

Konsertgangers kan uitsien na vertonings deur Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Ray Dylan, Dozi, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Ricus Nel, Jay du Plessis, Bok van Blerk, Danny Smoke, Liezel Pieters, Lianie May, Jacques du Plessis en Gerhard Steyn.

Die Theuns Jordaan Tribute se konsertorganiseerder, Sonett de Villiers vertel ons meer

“Die Loftus-konsert was ‘n groot viering van Theuns se lewe en musiek. Die konsert het almal se verwagtinge oortref. Dit was een van die mooiste en grootste gebeurtenisse in Afrikaanse musiek nog. Dit was verseker ‘n enig-in-sy soort musikale belewenis en spreek boekdele vir Theuns se nalatenskap sowel as van die kunstenaars, produksiespan en kreatiewe leierskap wat passievol te werk gegaan het.”

NetfloristOfferforge

Theuns Jordaan Tribute - Loftus

“Dit was ‘n enorme projek en ons het nie voorsien om dit weer te doen nie, maar sedert die Loftus-konsert, hou Kapenaars aan met vra dat die konsert ook in Kaapstad aangebied word. Ons het navorsing gedoen en agtergekom dat daar weinig Kapenaars by die Loftus-konsert teenwoordig was.”

“Ons voel verplig om iets vir Theuns se Kaapse aanhangers te bied, omdat hulle aanhou vra. Daar het baie werk, tyd en kreatiwiteit in die produksie ingegaan en dit het ‘n besonderse vertolking van Theuns se musiek opgelewer. Ons sien uit om dit met net soveel passie by die DHL Stadion aan te bied.”

Die Theuns Jordaan Tribute laat Theuns se liedjies herleef in ‘n reuse produksie wat deur gesoute vervaardigers Andries Pieterse, Deedee Oosthuizen en Floors Oosthuizen behartig word, in samewerking met Theuns se jarelange vriend Jacques du Plessis.

Hier is die program vir die Theuns Jordaan Tribute Konsert

1. “Blou Trein” – Dozi

2. “Net voor die storm kom” – Steve Hofmeyr

3. “Honger Hart” – Bok van Blerk

4. “Beautiful in Beaufort Wes” – Ricus Nel

5. “Bitterbessie Dagbreek” – Karlien van Jaarsveld

6. “Hanne” – Bobby van Jaarsveld

7. “Waar was jy” – Jacques du Plessis

8. “Tjailatyd” – Gerhard Steyn

9. “Roeper” – Jay

10. “Loslappie” – Kurt Darren

11. “Skipskop” – Juanita du Plessis

12. “Jaloersbokkie” – Lianie May

13. “Namibsroos” – Bok van Blerk

14. “Gesiggie” – Steve Hofmeyr

15. “Bietjie van My” – Jacques du Plessis

16. “Moenie” – Ricus Nel en Jacques du Plessis

17. “Deur die Winters” – Ricus Nel

18. “Skaakspel” – Liezel Pieters

19. “Ek roep jou naam” – Lianie May & Liezel Pieters

20. “Wie se kind is jy” – Dozi

21. “Vreemde Stad” – Bobby van Jaarsveld

22. “Hartseer vir die Reën” – Karlien van Jaarsveld

23. “Op soek na jou” – Kurt Darren

24. “Jou Asem” – Danny Smoke

25. “Sal jy bly” – Ray Dylan

26. “By jou” – Jay

27. “Hart vol drome / Bring jou Hart” – Juanita du Plessis

28. Koos du Plessis Medley

29. “Poets Medley” – “I Still haven’t Found” / “Tougher than the Rest” / “Go your own Way”

30. “Laslappie Medley”

31. “Soos Bloed”

Kaartjieverkope is alreeds oop en beperk tot 20 000 kaartjies. Kry jou kaartjies HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

Related Articles:

  • 20 Random Funnies (January 2024 Edition)
  • A farewell tribute to Wrestlerish
  • My Road to STRAB: A tribute to Suzie
  • “Borrowed Time”: A Tribute to Piet Botha

Like what you just read? Buy us a coffee to enable us to bring you more content like this.

You're also more than welcome to subscribe to our newsletter to stay in the loop.

Join The Wolf Pack!

Get updates in your Inbox

Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

Feeling bored? Cure your boredom! Read some random facts or watch a random music video.

NetfloristOfferforge

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Afrikaans Cape Town Concerts South Africa Theuns Jordaan
Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
Previous ArticleHow To Download Mp3s from Tubidy
Next Article What Is Neuromarketing and Does It Really Work?
Henno Kruger

Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Kategoriëe
Nog artikels in Afrikaans
VANFOKKINGTASTIES Featured
April 9, 2026

VANFOKKINGTASTIES by Marks Park: 6 Junie 2026

11 Views4 Mins Read
Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout
February 3, 2026

Schalk Bezuidenhout verruil stand-up vir ’n 9-tot-5-jop

13 Views4 Mins Read
Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout
November 25, 2025

Die Kantoor (Afrikaanse weergawe van “The Office”) is oppad

25 Views3 Mins Read
Tuiskoms
February 11, 2025

Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

107 Views2 Mins Read
Ander Artikels
Solomon John
April 20, 2026

Solomon John Returns With “Get Out Of My Head”

25 Views3 Mins Read
Carla Franco Album Launch
April 18, 2026

Carla Franco Album Launch: 25 April 2026

11 Views3 Mins Read
BYD Atto 8
April 16, 2026

BYD Launches All-New Atto 8 in South Africa

31 Views3 Mins Read
Hidden Gems South Africa
April 16, 2026

BBC Lifestyle To Launch Hidden Gems South Africa

23 Views3 Mins Read
NetfloristOfferforge
"Featured" Artikels
STRAB 2013: My Review 1
June 3, 2013

STRAB 2013: My Review

45 Views7 Mins Read
Photo Album: The Used at Oppikoppi 2011 2
August 16, 2011

Photo Album: The Used at Oppikoppi 2011

102 Views2 Mins Read
The Usual Suspects Line-up Scene
December 2, 2023

The Usual Suspects: 17 Interesting Facts You Did Not Know

6 Mins Read
The Narrow @ Synergy Live 2012
December 5, 2012

Synergy Live 2012 Johannesburg: My Review

57 Views3 Mins Read
Follow Us!
  • Facebook
  • Twitter
  • Pinterest
  • Instagram
  • YouTube
  • TikTok
Recent Comments
  • Henno Kruger on Finland: 32 Interesting Facts You Might Not Know
  • F on Finland: 32 Interesting Facts You Might Not Know
  • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
  • David Devo Oosthuizen on An Interview with Basson Laas
Subscribe to Our Newsletter

Join The Wolf Pack!

Get updates in your Inbox

Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
© 2026 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.