Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Vyf sangers vat die pad bos toe vir ’n ‘Jagtrip’

Vyf sangers vat die pad bos toe vir ’n ‘Jagtrip’

Blitsoorsig: Ricus Nel, Ruhan du Toit, Chris Steyn, Bok van Blerk en Jay het hul passie vir die bos saamgebring vir "Jagtrip", 'n nuwe lied vol humor en persoonlikheid. Geskryf deur Georic Lomas en Marco van Deventer, die lied vang die gees van jagtrips en kameraadskap. Elke kunstenaar bydra sy unieke karakter, van Jay se praktiese pakkersadviese tot Bok van Blerk se tong-in-die-kies-humor. Die lied is nou beskikbaar op alle groot digitale platforms.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 3, 2025No Comments2 Mins Read Music News 93 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Pak daai tas – want vyf van Suid-Afrika se gewildste manlike kunstenaars het saamgespan vir iets besonders: ’n “jagtrip” wat nie net as avontuur dien nie, maar ook as inspirasie vir ’n nuwe enkelsnit.

Ricus Nel, Ruhan du Toit, Chris Steyn, Bok van Blerk en Jay het hul passie vir die bos en kameraadskap verenig in ’n energieke lied met dieselfde naam: “Jagtrip”, nou beskikbaar op alle digitale stroomdienste.

Jagtrip

Die lied is geskryf deur Georic Lomas en Marco van Deventer, wat self die idee gekry het terwyl hulle saam met vriende in die bos was.

“Ons kon nie regtig jag nie,” sê Marco, “maar ons het definitief die gees gebring.” Georic voeg met ’n glimlag by: “Daar is altyd daai ouens wat jag vir die trofees… en dan is daar ons – wat jag vir die gees.”

NetfloristOfferforge

“Jagtrip” is ’n samewerking Vol Gees en Humor

Wat “Jagtrip” besonders maak, is hoe elke kunstenaar sy unieke geur bydra. Die lied is propvol persoonlikheid, humor en daardie spesiale kameraadskap wat net op ’n regte jagtrip ervaar kan word.

Jay deel: “Wanneer ek bos toe gaan, pak ek altyd my .300 WinMag, my jagpakkie, hoed en vellies, my fles, mes, flits, patrone – en natuurlik skoon onderbroeke!” Sy raad? “Los jou werk en alles wat jou pla by die huis, en geniet die bos.”

Bok van Blerk sluit aan met dieselfde tong-in-die-kies-humor: “Ek pak gewoonlik my kettie, ’n knipmes en onderbroeke… en maak seker mamma het blomme en dat die kredietkaart se limiet laag is voor ek gaan jag.”

’n Lied Vir Enigiemand Met Bosveld-In-Jou-Bloed

Of jy nou werklik op ’n jagtrip is, of net wens jy kon gaan – “Jagtrip” bring die gees van die veld reg tot by jou luidsprekers. Met ’n pakkende melodie, sinnige lirieke en die onmiskenbare stemme van vyf topkunstenaars, is hierdie lied gemaak om op repeat te speel.

NetfloristOfferforge

Dis meer as net ’n lied – dis ’n uitnodiging om jou werk agter te laat, die flessie te gryp en die volume oop te draai.

“Jagtrip” is nou beskikbaar op Apple Music, Spotify en alle ander groot digitale platforms. Luister dit HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Ruhan du Toit Reik “Dit Sal Lekker Wees, Dankie” Uit

    Ruhan du Toit
    Music Videos 26 Mar 2026
  • Ruhan du Toit sê “Totsiens” vir die jaar met nuwe enkelsnit

    Ruhan du Toit
    Music Videos 18 Nov 2025
  • Chris Steyn vry na ’n “Bruinoog Blond”

    Chris Steyn
    Music Videos 4 Dec 2025
  • Chris Steyn Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Kan Nie”

    Chris Steyn
    Music Videos 4 Sep 2025

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Chris Steyn Ruhan du Toit South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.