Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Ruhan du Toit sê “Totsiens” vir die jaar met nuwe enkelsnit

Ruhan du Toit sê “Totsiens” vir die jaar met nuwe enkelsnit

Blitsoorsig: Ruhan du Toit sluit 2025 af met sy nuwe lied "Totsiens", 'n vrolike Afrikaanse nommer oor verandering en die mense wat lig in moeilike tye bring. Geskryf deur Georic Lomas en Marco van Deventer, vang die liedjie die perfekte balans tussen inspirasie en energie. Die musiekvideo is op 'n natuurlike, spontane "rehearsal"-styl gefilm en vertoon Ruhan se kenmerkende stem wat die boodskap opreg en warm oordra.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 18, 2025No Comments2 Mins Read Music Videos 138 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Ruhan du Toit, een van Afrikaans se mees geliefde en herkenbare stemme, sluit 2025 op ’n ligte en opbeurende noot af met sy nuwe enkelsnit, “Totsiens” – ’n lied wat perfek vasvang hoe ons die ou jaar met hoop en dankbaarheid groet en die nuwe jaar verwelkom.

Meer inligting oor Ruhan du Toit se nuutste enkelsnit

“Totsiens” is ’n vrolike, kontemporêre Afrikaanse lied wat handel oor die krag van verandering en die mense wat lig bring in moeilike tye. “Partykeer in die rofste tye het jy net daai een persoon nodig wat alles kom verander, sodat jy weer vir die slegte tye kan sê ‘cheers’,” verduidelik Ruhan.

Ruhan du Toit

Die lied is geskryf deur Georic Lomas en Marco van Deventer, wat onlangs ook die Aitsa-toekenning vir Liedjieskrywer van die Jaar ontvang het. Die lirieke en melodie vind die perfekte balans tussen inspirasie en energie, met Ruhan se kenmerkende stem wat die boodskap opreg en warm oordra.

“Ek wou die jaar afsluit met iets wat mense laat glimlag,” sê Ruhan du Toit. “Ons het almal dinge wat ons graag wil agterlaat – en ‘Totsiens’ gee jou daardie lekker gevoel van afsluiting en ’n nuwe begin. Dis ’n lied wat jy kan luister, ongeag of jy verlief is of net klaar is met alles wat sleg was.”

NetfloristOfferforge

Volgens hom is “Totsiens” bedoel om luisteraars positief te laat voel. “Ek hoop dit bring lig en vrolikheid – iets wat jy enige tyd van die dag kan aansit om jou gemoed te lig,” voeg hy by.

Die musiekvideo wat saam met die enkelsnit uitgereik word, bied ’n vars en egte kykie agter die skerms. Die produksiespan het doelbewus gekies vir ’n spontane “rehearsal”-styl video – sonder dat die orkes of videograaf die liedjie vooraf gehoor het.

“Dit het die verfilming ongelooflik natuurlik gemaak,” sê Ruhan. Die video is by Upper East Side in Hazelwood, Pretoria verfilm, met Eric Graham en sy span aan die produksie, saam met Georic Lomas en Marco van Deventer.

Met “Totsiens” wys Ruhan du Toit weer hoekom hy een van die mees gerespekteerde kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf bly – ’n kunstenaar wat telkens nuwe lewe in die taal en sy musiek blaas.

NetfloristOfferforge

Kyk die video vir “Totsiens” hier onder:

Jy kan die liedjie HIER stroom/aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Ruhan du Toit Reik “Dit Sal Lekker Wees, Dankie” Uit

    Ruhan du Toit
    Music Videos 26 Mar 2026
  • Vyf sangers vat die pad bos toe vir ’n ‘Jagtrip’

    Jagtrip
    Music News 3 Jun 2025
  • Gerald Clark Keer Terug Met “Soms wil ek huis toe kom”

    Gerald Clark
    Music Videos 20 Oct 2026
  • Ricus en Liza Nel Reik “Ek Het Nie” Uit

    Ricus en Liza Nel
    Music Videos 20 Oct 2026

Goeters Om Te Doen

  • Liefde by die Dam 2026: Alles Wat Jy Moet Weet

    Liefde By Die Dam 2026
    Upcoming Events
  • Luna Paige “Die Reisigers” Toer: Als Wat Jy Moet Weet

    Luna Paige - Die Reisigers Toer
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Ruhan du Toit South Africa Totsiens
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Appel en Ichnus
    Appel en Ichnus vra ‘Jy Sallie?”
    October 19, 2026
  • Perry & Blackwell
    Perry & Blackwell Drop Resilient Single: “Psych”
    October 15, 2026
  • Neon Dreams & 4KORNERS
    Neon Dreams & 4KORNERS Reimagine “Sunday Morning”
    October 14, 2026
  • Southern Wild Band
    Southern Wild Drops New Single: “Right On Time”
    October 12, 2026
  • Amy Tjasink Returns Home in "Valley Girl" Video 1
    Amy Tjasink Returns Home in “Valley Girl” Video
    October 12, 2026
  • Chantal Stanfield - My Favourite Ice Cream
    Chantal Stanfield Serves Up Her Favourite Ice Cream
    October 9, 2026
  • The Medicine Dolls
    The Medicine Dolls Release Furious Track: “Twisted By Sound”
    October 9, 2026
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,350
Rock 622
Useful Tips 567
Afrikaans 530
Cape Town 348
USA 336
Pretoria 306
Johannesburg 295
Festivals 203
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.