Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
  • Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Ruhan du Toit sê “Totsiens” vir die jaar met nuwe enkelsnit

Ruhan du Toit sê “Totsiens” vir die jaar met nuwe enkelsnit

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 18, 2025No Comments2 Mins Read Music Videos 34 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Ruhan du Toit, een van Afrikaans se mees geliefde en herkenbare stemme, sluit 2025 op ’n ligte en opbeurende noot af met sy nuwe enkelsnit, “Totsiens” – ’n lied wat perfek vasvang hoe ons die ou jaar met hoop en dankbaarheid groet en die nuwe jaar verwelkom.

Meer inligting oor Ruhan du Toit se nuutste enkelsnit

“Totsiens” is ’n vrolike, kontemporêre Afrikaanse lied wat handel oor die krag van verandering en die mense wat lig bring in moeilike tye. “Partykeer in die rofste tye het jy net daai een persoon nodig wat alles kom verander, sodat jy weer vir die slegte tye kan sê ‘cheers’,” verduidelik Ruhan.

Ruhan du Toit

Die lied is geskryf deur Georic Lomas en Marco van Deventer, wat onlangs ook die Aitsa-toekenning vir Liedjieskrywer van die Jaar ontvang het. Die lirieke en melodie vind die perfekte balans tussen inspirasie en energie, met Ruhan se kenmerkende stem wat die boodskap opreg en warm oordra.

“Ek wou die jaar afsluit met iets wat mense laat glimlag,” sê Ruhan du Toit. “Ons het almal dinge wat ons graag wil agterlaat – en ‘Totsiens’ gee jou daardie lekker gevoel van afsluiting en ’n nuwe begin. Dis ’n lied wat jy kan luister, ongeag of jy verlief is of net klaar is met alles wat sleg was.”

Volgens hom is “Totsiens” bedoel om luisteraars positief te laat voel. “Ek hoop dit bring lig en vrolikheid – iets wat jy enige tyd van die dag kan aansit om jou gemoed te lig,” voeg hy by.

NetfloristOfferforge

Die musiekvideo wat saam met die enkelsnit uitgereik word, bied ’n vars en egte kykie agter die skerms. Die produksiespan het doelbewus gekies vir ’n spontane “rehearsal”-styl video – sonder dat die orkes of videograaf die liedjie vooraf gehoor het.

“Dit het die verfilming ongelooflik natuurlik gemaak,” sê Ruhan. Die video is by Upper East Side in Hazelwood, Pretoria verfilm, met Eric Graham en sy span aan die produksie, saam met Georic Lomas en Marco van Deventer.

Met “Totsiens” wys Ruhan du Toit weer hoekom hy een van die mees gerespekteerde kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf bly – ’n kunstenaar wat telkens nuwe lewe in die taal en sy musiek blaas.

Kyk die video vir “Totsiens” hier onder:

Ruhan du Toit - Totsiens (Amptelike Musiekvideo)

Jy kan die liedjie HIER stroom/aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Ruhan du Toit
    Ruhan du Toit Reik “Dit Sal Lekker Wees, Dankie” Uit
  • Jannie Du Toit
    Jannie Du Toit Sluit 2023 af met Toekenning & Vertonings
  • Riaan Benade - Vitamiene See
    Riaan Benadé sluit die jaar af met bietjie “Vitamiene See”
  • Laurika Rauch
    Laurika Rauch na agt jaar terug met Nuwe Musiek

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

NetfloristOfferforge
Afrikaans Ruhan du Toit South Africa Totsiens
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release "Angel" Video 1
    Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
    July 9, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”
    July 3, 2026
  • +LIVE+ Band Picture
    +LIVE+ December 2026 South African Tour
    April 22, 2026
  • Kehlani
    Kehlani South African Tour: December 2026
    June 16, 2026
  • Oskido's Big Day Out 2026
    Oskido’s Big Day 2026: Twice The Music & Energy
    June 28, 2026
  • Oasis Don't Look Back in Anger
    New Oasis Documentary Trailer Released
    July 10, 2026
  • Piano People Featured
    Piano People South Africa: November & December 2026
    July 10, 2026
  • Muse Band
    Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
    July 10, 2026
Popular Articles
The Deadly Quest for Gold - Top 10 African Films You Can Stream for Free

10 Top Award-Winning African Films You Can Stream for Free

July 3, 202623 Views
Out of Mined

“Out of Mined” Highlights Need to Protect West Coast

July 3, 202622 Views
Charlie Harris

Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”

July 3, 202622 Views
Rozanne McKenzie - Winter Fitness Tips

6 Winter Fitness Tips from Rozanne McKenzie

July 2, 202622 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,370 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 224
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
581
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.