Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Zaan Sonnekus Reik “Zonneblom” (Sy Debuut Album) Uit

Zaan Sonnekus Reik “Zonneblom” (Sy Debuut Album) Uit

Blitsoorsig: Zaan Sonnekus, Suid-Afrika se nuutste rocksensasie, het sy lank verwagte debuut-album Zonneblom uitgereis. Saam met Tertius Human van Coolerbox Brothers geskep, bevat die album twaalf oorspronklike snitte wat oor verskeie fases van sy lewe strek. Twee liedjies, "Ek Kan Net Bid" en "Hoog", het reeds omwentelinge in die Afrikaanse mark veroorsaak. Die album is nou op alle digitale platforms beskikbaar.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 15, 2021No Comments4 Mins Read Music News 119 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Zonneblom (Zaan Sonnekus se debuut album) is hier! Suid-Afrika se nuutste rocksensasie het uit die staanspoor plaaslike musiekharte verower met sy aangrypende poëtiese lirieke, unieke klank en passievolle vertonings… en nou het die dag waarop bewonderaars al so lank wag uiteindelik aangebreek, want sy debuut-album is uiteindelik beskikbaar!

Volgens dié Pretorianer, met sy donker lokke en kunstige versameling tatoes, is Zonneblom ’n baie persoonlike album wat oor verskeie fases van sy lewe strek.

“Die musiek op die album is nie net deur een ding geïnspireer nie, maar deur verskillende fasette van my eie lewe. Ek moes iewers in die persoonlike aspek daarvan die regte klanke en woorde vind om dit universeel te maak, maar ook persoonlik te hou. Dit is ’n legkaart van my ondervindings en ervaringe in die kort tydperk wat ek op aarde is.”

Zaan Sonnekus

Hierdie alternatiewe Afrikaanse album is oor die laaste agt maande saam met Tertius Human van Coolerbox Brothers geskep en bestaan uit twaalf magiese oorspronklike snitte, waarmee die talentvolle musikant en liedjieskrywer luisteraars boei van begin tot einde.

Twee van die liedjies (met indrukwekkende musiekvideo’s), “Ek Kan Net Bid” en “Hoog” is reeds vroeër vanjaar uitgereik en het omtrent ’n omwenteling in die Afrikaanse mark kom veroorsaak. “Ek Kan Net Bid” en “Hoog” kan op nasionale stasies landswyd gehoor word en pryk bo-aan verskeie treffersparades.  ‘n Derde liedjie vanaf die album, “Tienerkwaad” is ook pas digitaal vrygestel saam met ‘n ongelooflike musiekvideo.

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Zaan vertel dat die album amper nie gerealiseer het nie, omdat hy na sy ma se dood gereed was om musiek vaarwel te roep.

Gelukkig het die span by Vonk Musiek sy passie weer laat opvlam en kan hy nou sy ma se nagedagtenis met hierdie pragtige voltooide produk eer.

“Ek dink omdat my ma baie betrokke was by die skryf van die album (sy was ook ’n skrywer by wie ek baie geleer het) en ek dit nooit vir haar sal kan wys nie, was dit amper nie meer vir my die moeite werd nie en het ek al my opnames van my rekenaar af gevee. Ek en Tertius moes dus alles van vooraf doen toe ons begin opneem het.”

Alhoewel elkeen van die liedjies ’n gedeelte van sy storie vertel, meen hy dat “Vingerverf” vir hom baie terapeuties is en dat hy hoop dat dit dieselfde uitwerking sal hê op almal wat dit hoor. “Ten Minste Vir My”, het volgens hom ook die potensiaal om ’n radiotreffer te word, omdat dit so lekker is om na te luister.

Die veelsydige musikant het in Bloemfontein grootgeword en was nog altyd versot op musiek. Toe hy sy eerste kitaar kry op die ouderdom van tien, was daar vir hom geen twyfel oor wat hy met die res van sy lewe wou doen nie en daarom het hy na skool musiekvervaardiging gaan studeer by COPA. Sy eerste enkelsnit is in 2017 uitgereik.

NetfloristOfferforge

Buiten vir musiek, is hy ook betrokke by ’n opname-ateljee genaamd Son Studios, asook Son Sound Productions wat fokus op die verkoop en verhuur van klanktoerusting en beligting. Hy en sy beste vriend het ook ’n besigheid, Inner Ink, wat op industriële vlak verharde glas vervaardig en keramiek-drukwerk doen.

Meer inligting oor Zonneblom

Zonneblom is een van daardie albums wat jou sal hoendervleis gee wanneer jy daarna luister. Elke snit is gekomponeer en vervaardig om uniek te wees en jou te laat nadink oor die lewe.

Zaan Sonnekus - Zonneblom

“Die album is opgedra aan ’n sonneblom-liefhebber. Daar is nog baie liedjies in die bank, maar ek het gevoel dat wat ek gekies het die eerste deel van my storie vertel. My grootste prestasie is dat ek nooit opgegee het op my drome nie,” sluit hy af.

Zaan se offisiële albumvrystelling sal plaasvind by die AfriForum Teater op 26 Oktober om 18h00 vir 18h30. Daar is slegs 100 kaartjies beskikbaar vir die publiek! Hou https://tixsa.co.za/ en Zaan se sosiale media dop vir meer inligting. Die album is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Kry dit HIER.

NetfloristOfferforge

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • +LIVE+ December 2026 South African Tour

    +LIVE+ Band Picture
    Upcoming Events 22 Apr 2026
  • Jaexlynne Releases New Single: “Last in Line”

    Jaexlynne
    Music News 16 Oct 2025
  • Silverstein: 13 Interesting Facts You Might Not Know

    Silverstein Band
    Music Facts 25 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Pretoria Rock South Africa Zaan Sonnekus
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Khazimula Releases New Single: “Joburg City”
    October 2, 2026
  • Deborah McKay
    Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”
    September 28, 2026
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 293
Festivals 202
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.