Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Zaan Sonnekus Reik “Zonneblom” (Sy Debuut Album) Uit

Zaan Sonnekus Reik “Zonneblom” (Sy Debuut Album) Uit

Blitsoorsig: Zaan Sonnekus, Suid-Afrika se nuutste rocksensasie, het sy lank verwagte debuut-album Zonneblom uitgereis. Saam met Tertius Human van Coolerbox Brothers geskep, bevat die album twaalf oorspronklike snitte wat oor verskeie fases van sy lewe strek. Twee liedjies, "Ek Kan Net Bid" en "Hoog", het reeds omwentelinge in die Afrikaanse mark veroorsaak. Die album is nou op alle digitale platforms beskikbaar.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 15, 2021No Comments4 Mins Read Music News 46 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Zonneblom (Zaan Sonnekus se debuut album) is hier! Suid-Afrika se nuutste rocksensasie het uit die staanspoor plaaslike musiekharte verower met sy aangrypende poëtiese lirieke, unieke klank en passievolle vertonings… en nou het die dag waarop bewonderaars al so lank wag uiteindelik aangebreek, want sy debuut-album is uiteindelik beskikbaar!

Volgens dié Pretorianer, met sy donker lokke en kunstige versameling tatoes, is Zonneblom ’n baie persoonlike album wat oor verskeie fases van sy lewe strek.

“Die musiek op die album is nie net deur een ding geïnspireer nie, maar deur verskillende fasette van my eie lewe. Ek moes iewers in die persoonlike aspek daarvan die regte klanke en woorde vind om dit universeel te maak, maar ook persoonlik te hou. Dit is ’n legkaart van my ondervindings en ervaringe in die kort tydperk wat ek op aarde is.”

Zaan Sonnekus

Hierdie alternatiewe Afrikaanse album is oor die laaste agt maande saam met Tertius Human van Coolerbox Brothers geskep en bestaan uit twaalf magiese oorspronklike snitte, waarmee die talentvolle musikant en liedjieskrywer luisteraars boei van begin tot einde.

Twee van die liedjies (met indrukwekkende musiekvideo’s), “Ek Kan Net Bid” en “Hoog” is reeds vroeër vanjaar uitgereik en het omtrent ’n omwenteling in die Afrikaanse mark kom veroorsaak. “Ek Kan Net Bid” en “Hoog” kan op nasionale stasies landswyd gehoor word en pryk bo-aan verskeie treffersparades.  ‘n Derde liedjie vanaf die album, “Tienerkwaad” is ook pas digitaal vrygestel saam met ‘n ongelooflike musiekvideo.

IQ AcademyOfferforge

Zaan vertel dat die album amper nie gerealiseer het nie, omdat hy na sy ma se dood gereed was om musiek vaarwel te roep.

Gelukkig het die span by Vonk Musiek sy passie weer laat opvlam en kan hy nou sy ma se nagedagtenis met hierdie pragtige voltooide produk eer.

“Ek dink omdat my ma baie betrokke was by die skryf van die album (sy was ook ’n skrywer by wie ek baie geleer het) en ek dit nooit vir haar sal kan wys nie, was dit amper nie meer vir my die moeite werd nie en het ek al my opnames van my rekenaar af gevee. Ek en Tertius moes dus alles van vooraf doen toe ons begin opneem het.”

Alhoewel elkeen van die liedjies ’n gedeelte van sy storie vertel, meen hy dat “Vingerverf” vir hom baie terapeuties is en dat hy hoop dat dit dieselfde uitwerking sal hê op almal wat dit hoor. “Ten Minste Vir My”, het volgens hom ook die potensiaal om ’n radiotreffer te word, omdat dit so lekker is om na te luister.

Die veelsydige musikant het in Bloemfontein grootgeword en was nog altyd versot op musiek. Toe hy sy eerste kitaar kry op die ouderdom van tien, was daar vir hom geen twyfel oor wat hy met die res van sy lewe wou doen nie en daarom het hy na skool musiekvervaardiging gaan studeer by COPA. Sy eerste enkelsnit is in 2017 uitgereik.

NetfloristOfferforge

Buiten vir musiek, is hy ook betrokke by ’n opname-ateljee genaamd Son Studios, asook Son Sound Productions wat fokus op die verkoop en verhuur van klanktoerusting en beligting. Hy en sy beste vriend het ook ’n besigheid, Inner Ink, wat op industriële vlak verharde glas vervaardig en keramiek-drukwerk doen.

Meer inligting oor Zonneblom

Zonneblom is een van daardie albums wat jou sal hoendervleis gee wanneer jy daarna luister. Elke snit is gekomponeer en vervaardig om uniek te wees en jou te laat nadink oor die lewe.

Zaan Sonnekus - Zonneblom

“Die album is opgedra aan ’n sonneblom-liefhebber. Daar is nog baie liedjies in die bank, maar ek het gevoel dat wat ek gekies het die eerste deel van my storie vertel. My grootste prestasie is dat ek nooit opgegee het op my drome nie,” sluit hy af.

Zaan se offisiële albumvrystelling sal plaasvind by die AfriForum Teater op 26 Oktober om 18h00 vir 18h30. Daar is slegs 100 kaartjies beskikbaar vir die publiek! Hou https://tixsa.co.za/ en Zaan se sosiale media dop vir meer inligting. Die album is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Kry dit HIER.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Zaan Sonnekus jaag vooruit met nuwe liedjie “Spoed”

    Zaan Sonnekus
    Music Videos 13 Sep 2025

    Afrikaanse rocker Zaan Sonnekus het sy nuutste enkelsny "Spoed" losgelaat, 'n rou rockliedjie wat die vinnige tempo van die lewe en sy loopbaan vasvang.

    +LIVE+ December 2026 South African Tour

    +LIVE+ Band Picture
    Upcoming Events 22 Apr 2026

    American rock legends +LIVE+ are returning to South Africa in December 2026 after nearly a decade away, bringing their 90s anthems to fans.

  • Jaexlynne Releases New Single: “Last in Line”

    Jaexlynne
    Music News 16 Oct 2025

    South African rock star Jaexlynne channels heartbreak into empowerment with her latest single "Last In Line," proving rock music is her unfiltered truth.

    “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released

    Man As Machine - Impossible Sea
    Music Videos 3 Aug 2026

    Man As Machine release "Impossible Sea," a hopeful alternative rock single exploring growth, self-discovery, and the emotional weight of leaving behind loved ones.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Pretoria Rock South Africa Zaan Sonnekus
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
Nog Artikels
  • Amadé (Brian Chaplin's Solo Project) Unveiled 1
    Amadé (Brian Chaplin’s Solo Project) Unveiled
    August 6, 2026
  • Shabadu Featured
    Shabadu Captures Soul of African Jazz With “Warmly Grounds”
    August 6, 2026
  • Strongboi
    Neo-Psych Duo Strongboi Release New Single
    August 4, 2026
  • Alyssa Grace
    Folk-Pop Phenomena Alyssa Grace Releases Debut EP
    August 4, 2026
  • GoodLuck
    GoodLuck Return With Powerful Release: “Last Deep Breath”
    August 3, 2026
  • Jamie-Lee Sexton - Wild Electric Featured
    New Single “Wild electric” unleashed by Jamie-Lee Sexton
    August 1, 2026
  • Scatterlings - Johnny Clegg Reimagined
    “Scatterlings”: A New Generation Reimagines Johnny Clegg
    August 1, 2026
  • Blush - Pose
    With “Pose”, Blush is searching for connection
    August 1, 2026
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,253
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
Cape Town 333
USA 331
Pretoria 304
Johannesburg 285
Festivals 196
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.