Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Zoé Reik Nuwe Enkel Sit Uit: “Crazy Meisie”

Zoé Reik Nuwe Enkel Sit Uit: “Crazy Meisie”

Blitsoorsig: Zoé het haar debuut enkelsnit "Crazy Meisie" uitgereik, 'n kontemporêre pop-rock liedjie met 'n belangrike boodskap vir jong dames. Die liedjie herinner hulle dat hulle genoeg is soos hulle is. Zoé het vanuit 'n klein dorp naby Tzaneen begin en het deur 'n toevallige reeks gebeure by CoolerBox Records uitgenooi. Sy skryf al haar liedjies self en werk nou aan nuwe musiek.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 14, 2023No Comments4 Mins Read Music Videos 134 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Zoé se debuut enkelsnit, “Crazy Meisie” is hier. Marilyn Monroe is aangehaal met die woorde, “If you can’t handle me at my worst, you sure as hell don’t deserve me at my best.” Dit is ‘n boodskap wat dwarsdeur die nuweling se enkelsnit weerklink.

Meer inligting oor Zoé se “Crazy Meisie”

“Crazy Meisie” is ‘n kontemporêre snit wat pop- en rock-elemente saamsnoer. Zoé het dit geskryf as ‘n kreet om jong dames te herinner dat hulle genoeg is. Zoé het op ‘n plaas net buite Tzaneen grootgeword en het van kleins af ‘n liefde vir musiek gehad.

Zoe - Crazy Meisie

“My ma hulle vertel altyd dat ek al gesing het voordat ek kon praat, en ek het altyd my eie liedjies opgemaak. My sussie het my betrokke gemaak by kultuur, en danksy haar sing en dans ek my hele lewe lank al,” vertel sy.

Behalwe vir hoërskool serenade en om hier en daar na bands te gaan luister in iemand se motorhuis, was daar nie veel geleenthede om haar passie vir musiek uit te leef nie. Zoé het begin kuns gee by Hoërskool Ben Voster terwyl sy vir haar onderwysgraad studeer het.

NetfloristOfferforge

“Ek het vir die Kontrak ingeskryf, maar ek het dit net tot by die top 10 gemaak en aanvaar dat dit ‘n teken was.” vertel Zoé.

Sy het weer haar pos ingeneem by die skool, maar ‘n vreemde samevoeging van gebeure sou sorg vir ‘n teken dat ‘n loopbaan in musiek wel vir haar bedoel is.

Sy het as ‘n grap die woorde van ‘n Rainbow Kitten Surprise liedjie in Afrikaans oorgeskryf. Sy en ‘n vriendin het dit opgeneem en dit aan haar kuns-onderwyser gestuur om haar opinie te kry. Haar kuns-juffrou het dit vir haar skoondogter gestuur, wat by ‘n TV-produksie-maatskappy werk wat kantore deel met ‘n platemaatskappy. Toe gebeur die onverwagte.

“Ek was besig om klas te gee en toe lui my foon. Ek het nie die nommer herken nie, maar besluit om te antwoord. Die volgende oomblik het iemand my genooi om die eienaars van CoolerBox Records te ontmoet.” vertel sy

NetfloristOfferforge

Zoé het versigtig opgewonde Johannesburg toe gery om ‘n oudisie by die platemaatskappy af te lê.

“Ek het vir hulle die cover-liedjie gesing, en hulle het my huis toe gestuur met huiswerk. Ek het huis toe gegaan en myself uitgedaag om drie liedjies te skryf, en ‘n maand later het ek my tweede oudisie afgelê.” vertel sy.

Zoé  se 2Oste verjaarsdag is gevier saam met haar ma Louisa en Tertius in die ateljee terwyl sy haar drie liedjies omgeneem het. Zoé skryf al haar liedjies self en meen dat Crazy Meisie ‘n belangrike boodskap het.

Sy lag en sê: ”As ‘n vrou passievol is, word sy maklik mal genoem, maar as ‘n man dieselfde optree, wel dis nie eers iets waaroor ek wil praat nie.”

NetfloristOfferforge

Sy vertel ook dat sy jaloers, impulsief en foutief kan wees, maar dat mense haar moet aanvaar vir wie sy is. Die liedjie sluit af met die lirieke: ”Daar’s iemand anders wat al beter pas in jou plek en dit is ek.”

Zoé hoop dat hierdie boodskap jong meisies sal aanspreek. Sy sê ook dat die enigste persoon se goedkeuring wat jy nodig het, jou eie is.

Die musiekvideo van Crazy Meisie is nou beskikbaar en dit was een van Zoé se hoogtepunte.

Sy sê: ”Dit was ongelooflike harde werk, maar in dieselfde asem was dit so vinnig verby. Ek voel so bevoorreg, want hierdie tipe ding gebeur nie met mense nie.”

NetfloristOfferforge

Kyk die video hier onder:

Zoé is reeds besig met nuwe musiek en haar band oefen vir haar eerste vertonings. Sy sê dat sy uitsien na die volgende hoofstuk en dat sy geseënd voel om saam met mense te werk wat haar kreatiwiteit uitlaat, haar deel laat wees van besluite, en haar laat eksperimenteer sonder om in ‘n boksie gedruk te word nie.

”Vrouens is kompleks, ons wil nie een ding wees nie, ons wil alles wees,” sê sy.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Zoé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “My Hede”

    Zoe - My Hede
    Music Videos 15 Jul 2026
  • Perry & Blackwell Drop Resilient Single: “Psych”

    Perry & Blackwell
    Music Videos 15 Oct 2026
  • KALEO February 2027 SA Tour: Everything You Should Know

    KALEO
    Upcoming Events 15 Oct 2026
  • Southern Wild Drops New Single: “Right On Time”

    Southern Wild Band
    Music Videos 12 Oct 2026

Goeters Om Te Doen

  • +LIVE+ December 2026 South African Tour

    +LIVE+ Band Picture
    Upcoming Events
  • Vusi Mahlasela & Guy Buttery Live Tour: All The Deets

    Vusi Mahlasela & Guy Buttery Tour Featured
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Crazy Meisie Rock South Africa Tzaneen Zoe
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Neon Dreams & 4KORNERS
    Neon Dreams & 4KORNERS Reimagine “Sunday Morning”
    October 14, 2026
  • Amy Tjasink Returns Home in "Valley Girl" Video 1
    Amy Tjasink Returns Home in “Valley Girl” Video
    October 12, 2026
  • Chantal Stanfield - My Favourite Ice Cream
    Chantal Stanfield Serves Up Her Favourite Ice Cream
    October 9, 2026
  • The Medicine Dolls
    The Medicine Dolls Release Furious Track: “Twisted By Sound”
    October 9, 2026
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 2
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,343
Rock 622
Useful Tips 566
Afrikaans 526
Cape Town 349
USA 337
Pretoria 307
Johannesburg 294
Festivals 201
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.