Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Zoé Reik Nuwe Enkel Sit Uit: “Crazy Meisie”

Zoé Reik Nuwe Enkel Sit Uit: “Crazy Meisie”

Blitsoorsig: Zoé het haar debuut enkelsnit "Crazy Meisie" uitgereik, 'n kontemporêre pop-rock liedjie met 'n belangrike boodskap vir jong dames. Die liedjie herinner hulle dat hulle genoeg is soos hulle is. Zoé het vanuit 'n klein dorp naby Tzaneen begin en het deur 'n toevallige reeks gebeure by CoolerBox Records uitgenooi. Sy skryf al haar liedjies self en werk nou aan nuwe musiek.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 14, 2023No Comments4 Mins Read Music Videos 55 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Zoé se debuut enkelsnit, “Crazy Meisie” is hier. Marilyn Monroe is aangehaal met die woorde, “If you can’t handle me at my worst, you sure as hell don’t deserve me at my best.” Dit is ‘n boodskap wat dwarsdeur die nuweling se enkelsnit weerklink.

Meer inligting oor Zoé se “Crazy Meisie”

“Crazy Meisie” is ‘n kontemporêre snit wat pop- en rock-elemente saamsnoer. Zoé het dit geskryf as ‘n kreet om jong dames te herinner dat hulle genoeg is. Zoé het op ‘n plaas net buite Tzaneen grootgeword en het van kleins af ‘n liefde vir musiek gehad.

Zoe - Crazy Meisie

“My ma hulle vertel altyd dat ek al gesing het voordat ek kon praat, en ek het altyd my eie liedjies opgemaak. My sussie het my betrokke gemaak by kultuur, en danksy haar sing en dans ek my hele lewe lank al,” vertel sy.

Behalwe vir hoërskool serenade en om hier en daar na bands te gaan luister in iemand se motorhuis, was daar nie veel geleenthede om haar passie vir musiek uit te leef nie. Zoé het begin kuns gee by Hoërskool Ben Voster terwyl sy vir haar onderwysgraad studeer het.

IQ AcademyOfferforge

“Ek het vir die Kontrak ingeskryf, maar ek het dit net tot by die top 10 gemaak en aanvaar dat dit ‘n teken was.” vertel Zoé.

Sy het weer haar pos ingeneem by die skool, maar ‘n vreemde samevoeging van gebeure sou sorg vir ‘n teken dat ‘n loopbaan in musiek wel vir haar bedoel is.

Sy het as ‘n grap die woorde van ‘n Rainbow Kitten Surprise liedjie in Afrikaans oorgeskryf. Sy en ‘n vriendin het dit opgeneem en dit aan haar kuns-onderwyser gestuur om haar opinie te kry. Haar kuns-juffrou het dit vir haar skoondogter gestuur, wat by ‘n TV-produksie-maatskappy werk wat kantore deel met ‘n platemaatskappy. Toe gebeur die onverwagte.

“Ek was besig om klas te gee en toe lui my foon. Ek het nie die nommer herken nie, maar besluit om te antwoord. Die volgende oomblik het iemand my genooi om die eienaars van CoolerBox Records te ontmoet.” vertel sy

NetfloristOfferforge

Zoé het versigtig opgewonde Johannesburg toe gery om ‘n oudisie by die platemaatskappy af te lê.

“Ek het vir hulle die cover-liedjie gesing, en hulle het my huis toe gestuur met huiswerk. Ek het huis toe gegaan en myself uitgedaag om drie liedjies te skryf, en ‘n maand later het ek my tweede oudisie afgelê.” vertel sy.

Zoé  se 2Oste verjaarsdag is gevier saam met haar ma Louisa en Tertius in die ateljee terwyl sy haar drie liedjies omgeneem het. Zoé skryf al haar liedjies self en meen dat Crazy Meisie ‘n belangrike boodskap het.

Sy lag en sê: ”As ‘n vrou passievol is, word sy maklik mal genoem, maar as ‘n man dieselfde optree, wel dis nie eers iets waaroor ek wil praat nie.”

Sy vertel ook dat sy jaloers, impulsief en foutief kan wees, maar dat mense haar moet aanvaar vir wie sy is. Die liedjie sluit af met die lirieke: ”Daar’s iemand anders wat al beter pas in jou plek en dit is ek.”

Zoé hoop dat hierdie boodskap jong meisies sal aanspreek. Sy sê ook dat die enigste persoon se goedkeuring wat jy nodig het, jou eie is.

Die musiekvideo van Crazy Meisie is nou beskikbaar en dit was een van Zoé se hoogtepunte.

Sy sê: ”Dit was ongelooflike harde werk, maar in dieselfde asem was dit so vinnig verby. Ek voel so bevoorreg, want hierdie tipe ding gebeur nie met mense nie.”

Kyk die video hier onder:

YouTube video player

Zoé is reeds besig met nuwe musiek en haar band oefen vir haar eerste vertonings. Sy sê dat sy uitsien na die volgende hoofstuk en dat sy geseënd voel om saam met mense te werk wat haar kreatiwiteit uitlaat, haar deel laat wees van besluite, en haar laat eksperimenteer sonder om in ‘n boksie gedruk te word nie.

”Vrouens is kompleks, ons wil nie een ding wees nie, ons wil alles wees,” sê sy.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Zoé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “My Hede”

    Zoe - My Hede
    Music Videos 15 Jul 2026

    Afrikaanse kunstenaar Zoé se nuwe enkelsnit "My Hede" verken die spanning tussen droomnajaag, uitbranding en selfvergifnis met 'n skerp rock-klank.

    Zoé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Insecure Meisies”

    Zoe - Insecure Meisies
    Music Videos 3 Sep 2025

    Zoé se nuwe liedjie "Insecure Meisies" het viral gegaan op TikTok met 'n kragtige boodskap oor boeliegedrag, selfwaarde en die druk om in te pas.

  • “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released

    Man As Machine - Impossible Sea
    Music Videos 3 Aug 2026

    Man As Machine release "Impossible Sea," a hopeful alternative rock single exploring growth, self-discovery, and the emotional weight of leaving behind loved ones.

    “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier

    Bangkinders - Francois Van Coke
    Music Videos 31 Jul 2026

    Francois van Coke het sy nuwe punk anthem "Bangkinders" uitgereik. Dis propvol rou energie en satire oor moderne absurditeite.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Crazy Meisie Rock South Africa Tzaneen Zoe
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
Nog Artikels
  • Winter Hotel
    Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”
    August 5, 2026
  • John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”
    August 5, 2026
  • Shortstraw - Rubber Arm
    “Rubber Arm”, The New Shortstraw Single Has Arrived
    August 3, 2026
  • Lee Cole - Fool
    On New Track “Fool”, Lee Cole Confronts Self-Betrayal
    August 1, 2026
  • Manfred Zipfel
    Manfred Zipfel’s “Sunshine” Brings Hope Through Simplicity
    July 31, 2026
  • A New Country Anthem: "Keep On Kickin" by Hendry & Serrao 2
    A New Country Anthem: “Keep On Kickin” by Hendry & Serrao
    July 30, 2026
  • Millennium - Brooklyn Bachelor
    Met “Brooklyn Bachelor” Skop Millennium Die Deur Oop
    July 28, 2026
  • Riaan Benade
    Riaan Benadé bring hulde aan die liefde met ‘Lof’
    July 27, 2026
IQ AcademyOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,253
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
Cape Town 333
USA 331
Pretoria 304
Johannesburg 285
Festivals 196
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.