Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » André Schwartz Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Sal Jy?”

André Schwartz Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Sal Jy?”

Blitsoorsig: André Schwartz, 'n veelsydige kunstenaar en baanbreker in Suid-Afrika se musieklandskap, het sy nuwe lied "Sal jy?" uitgereik. Die lied gaan oor twee mense wat perfekte pasmaats kon wees, maar in verskillende dimensies van tyd en omstandighede leef. Met wysheid en humor skryf Schwartz oor 'n liefde wat in ruimte, nie tyd, kan bestaan, met 'n progressiewe musiekvideo deur digitale ontwerper Seun.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 15, 2023No Comments3 Mins Read Music Videos 56 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

André Schwartz is bekend vir sy grensverskuiwende werk in die Suid-Afrikaanse musieklandskap. Hy is ‘n uiters veelsydige kunstenaars, akteur en televisie-aanbieder en het oor die jare verskeie indrukwekkende toekennings ingepalm.

Sy nuwe enkelsnit “Sal jy?” getuig van sy passie vir die liefde en die lewe. Sy superster-stem en eerlike lirieke sal aanhangers se harte opnuut verwarm.

Andre Schwartz - Sal Jy

“Sal jy?” gaan oor twee mense wat perfekte pasmaats kon wees. Hulle vind mekaar egter in verdraaide dimensies van ouderderdom en omstandighede. Schwartz skryf met wysheid, humor en helderheid oor `n liefde wat nie plek in Tyd kon vind nie, maar wel in Ruimte.

Selfs al is die boek van hierdie Liefde reeds lankal toegemaak, steek die passievolle toon `n vuur van ewige hoop aan in hierdie rou, hartsgedrewe liedjie waarin daar gespeel word tussen die skakerings van verlange asook die oorgawe aan `n heilige ontasbaarheid. Daar is altyd Hoop. “Sal Jy? Want eendag is beter as niks nie.” 

NetfloristOfferforge

Die progressiewe video van “Sal Jy?” getuig van André Schwartz se nimmereindigende rol as baanbreker.

“Die briljante digitale produksie ontwerper, Seun, het `n weergawe van my lied “Lief vir alles hier” op Instagram gedoen en dit vir my aangestuur. Daar was ‘n beeldskone gevoel van simboliek en hoe hy elemente laag op laag laat saampraat.”

“Ons het begin gesels en toe “Sal Jy?” ‘n werklikheid word, het ek hom genader om vir my ‘n musiekvideo te maak. Ons geniet beide die proses van wisselwerking tussen sang, solokunstenaar, kunswerk en vertelling. ‘n Ontgunning van ‘n spasie waar eenderse denke gevier word.” sê hy.

Die video kan beskryf word as `n “kosmiese digitale klankreis” verduidelik Seun. “My inspirasie kom vanuit die spasie tussen die kyker en die kunswerk. Wat gebeur in daardie spasie? Daar bestaan ‘n liminale ruimte, ‘n plek van oorgang of nostalgiese aantrekkingskrag. Ons speel dan veral met die konneksie en interaksie tussen hierdie beelde en elemente.”

Kyk die video vir “Sal Jy?” hier onder:

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Meer inligting oor André Schwartz

André Schwartz se vollengte CD Die Pad is in 2019 bekendgestel en die trefferliedjies “Die Pad”, “Tweede Kans”, “19 September” en “Ek sal Wag” het trefferstatus bereik. “19 September”, ‘n lied gebasseer op geslagsgeweld het ‘n spesiale plek in Andrè se hart.

In Oktober 2020 het Schwartz ‘n mini Kersfeesalbum bekend getiteld “`n Stukkie Kersfees” vrygestel. Die lied “Ek Wens vir jou ‘n Kersfees” is gratis beskikbaar op alle digitale platvorms en was ook kykNET se amptelike kerslied vir 2020.

Andre Schwartz

In Julie 2021 het André Schwartz die enkelsnit “Ek haal asem” bekendgestel. Hy het die lied geskryf nadat hy vir die eerste keer kon asemhaal na sowat drie maande op suurstof. Dit was ‘n Oorwinningslied nadat hy letterlik by die dood omgedraai het as gevolg van Covid-19 komplikasies. Dit is egter ook ‘n dankbaarheidslied vir elke asemteug wat ons as vanselfsprekend aanvaar.

André Schwartz is die enigste Suid-Afrikaanse manlike kunstenaar wat die Andrew Lloyd Webber stempel van goedkeuring dra, vir die naamrol in The Phantom of the Opera in Suid-Afrika.

NetfloristOfferforge

André se vertoning “Any Dream will Do – My pad met Webber” word op 3 en 4 Oktober by Aardklop aangebied en op 10 en 13 Oktober by Toyota US Woordfees. Die storielyn is ‘n verhandeling wat dié besonderse vriendskap ontgun, deur middel van musiek en gesprek.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”

    Winter Hotel - Koffiewinkel
    Music Videos 6 Sep 2026
  • Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”

    Sasha Burn
    Music Videos 5 Sep 2026
  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Piper Connolly Returns With “Unapologetic”

    Piper Connolly
    Music Videos 28 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
  • Tuin Artist
    Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”
    August 18, 2026
  • Basson Laas - Every River
    Basson Laas Embraces the Beauty of the Journey on “Every River”
    August 10, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,287
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 515
USA 335
Cape Town 335
Pretoria 304
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.