Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
  • Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Anton Goosen Reik “Bly By My, (My Lief)” Uit

Anton Goosen Reik “Bly By My, (My Lief)” Uit

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 24, 2024No Comments4 Mins Read Music Videos 37 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die legendariese, immergewilde en baie geliefde Suid-Afrikaanse sanger, musiekregisseur en liedjieskrywer,  Anton Goosen, is terug in die kollig met ’n splinternuwe enkelsnit wat diep tref.

“Bly By My, (My Lief) “– ’n gedig van Antjie Krog wat hy op sy besonderse manier vir die Woordfees getoonset het – is ’n liefdesliedjie in ’n “Afrikaanse sagte blues genre”.

Anton Goosen verduidelik hoe hierdie liedjie gebeur het

““Ons moes vir die Woordfees se huldigingsprogram, Al om Antjie, twee van Antjie Krog se gedigte kies. ‘Bly by my’ is een van haar bekendstes. Daar is  ander deuntjies met dieselfde titel en dus het ek dit verander na Bly By My, (My Lief), maar omdat  dit egter nie ’n liriek is nie, het ek die koorgedeelte bygeskryf,””

Die enkelsnit is deur Anton en Peter Pearlson vervaardig, met Illimar Neitz, Anton se ghitaarspeler, wat ook insette gelewer het. Dit bevat uitstekende Hammond-orrel- en ghitaarsolo’s deur onderskeidelik Simon Orange en Illimar, met betowerende agtergrondsang deur Lise Swart.

“Bly By My, (My Lief)” vorm deel van Anton se nuwe album, Sirkels, wat eersdaags uitgereik word. Die album, wat nege nuwe liedjies bevat – insluitend drie toonsettings en twee duette – is ’n luister-album wat ballades, stories, dans-, protes-, en rock-musiek insluit.

NetfloristOfferforge

Anton Goosen

Anton Goosen, wat algemeen as die vader van Afrikaanse rock beskou word, is in 1946 in die Karoo gebore en het in Kroonstad grootgeword. “Kruidjie-roer-my-nie” was sy eerste enkelsnit wat kommersiële sukses behaal het. Sy eerste album, “Boy van die suburbs”, was ook in 1979 ’n kitssukses.

Oor die jare, het hy meer treffers op sy kerfstok versamel as enige ander Suid-Afrikaner, waaronder “Silver de Lange”, “Boy van die Suburbs”, “Byeboerwa”, “’n Brief vir Simone”, “Kruidjie-roer-my-nie”, “Jantjie”,  “Waterblommetjies”,  “Harlekyn”, “Hanoverstraat”, “Trein na Matjiesfontein”, “Ta’ Mossie se sakkie-sakkie boeredans”, “Geelperskereën”, “Pampoene oppie dak”, “Dancer” (met Lucky Dube) en vele meer.

Dié lewende legende het al meer as 20 albums uitgereik, die musiek vir verskeie films geskryf – waaronder “Die Laaste Tango” (2013), ‘n Pawpaw vir my Darling (2015) en “Siembamba” (2017), asook liedjies vir beroemde kunstenaars, insluitend Laurika Rauch, Carike Keuzenkamp, Richard Clayderman en Koos Kombuis, neergepen.

Hy is ook tydens sy dekades-lange loopbaan as liedjieskrywer en sanger met verskeie toekennings vereer, o.a. Sari’s, Ghoemas, Geraas, Vonk, en dan SAMA-, Innibos-, die FAK-en Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Kuns en Kultuur toekennings vir sy lewenslange bydrae tot musiek. In 2023 is hy een van 5 kunstenaars wat in die South African Gallery of Legends ingehuldig is.

In 2022 het hy sy eie twee reekse vellies, Jantjie  en Pasgetroud velskoene, in samewerking met Vellies Boutique bekendgestel. Jantjie was geïnspireer deur sy treffer wat in 1976 deur Sonja Herholdt opgeneem en bekendgemaak is en “Pasgetroud” vanaf sy album Lappiesland (1985).

“Anton Goosen: Liedjieboer”, sy lewensverhaal wat deur die bekende joernalis Hanlie Retief neergepen is, is in 2020 deur NB-uitgewers uitgereik.

Buiten die uitreiking van sy nuwe album werk Anton Goosen vanjaar aan verskeie konsertvertonings. Die filmvervaardiger Niel van Deventer werk tans aan ’n vier-episode dokumentêr oor Anton se loopbaan.

Wanneer hy nie besig is met sy musiek nie, geniet hy tyd – en ’n glasie Kaapse rooiwyn – saam met sy beminde, Estie, en hul vier honde, stappies op die strand, gesprekke met vriende, lees en om reekse op Netflix of Britbox te kyk.

Anton Goosen

“Bly By My, (My Lief)” is ’n meesterlike toonsetting van die werk van ’n besonderse digter deur ’n ikoniese Afrikaanse kunstenaar. Dit is beslis ’n lied wat diep spore gaan laat in die Afrikaanse musiekbedryf, net soos wat Anton Goosen al jare lank doen.

Die enkelsnit is nou op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar. Laai dit HIER af.

Kyk die video vir Anton Goosen se nuwe enkelsnit hier onder:

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op “Running Wolf’s Rant”.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Anton Goosen - Gigi
    Anton Goosen Reik “Gigi” Musiekvideo Uit
  • Anton Goosen
    Anton Goosen Reik Video Uit Vir “Luka”
  • Anton Goosen
    Anton Goosen Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Tik Tok”
  • Anton Goosen
    Anton Goosen Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hokaai Hokaai”

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release "Angel" Video 1
    Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
    July 9, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”
    July 3, 2026
  • Kehlani
    Kehlani South African Tour: December 2026
    June 16, 2026
  • Limp Bizkit
    Limp Bizkit Live @ FNB Stadium: 13 December 2026
    June 8, 2026
  • Ndlovu Youth Choir 2026 SA Tour
    Ndlovu Youth Choir 2026 Tour
    November 7, 2025
  • Oasis Don't Look Back in Anger
    New Oasis Documentary Trailer Released
    July 10, 2026
  • Piano People Featured
    Piano People South Africa: November & December 2026
    July 10, 2026
  • Muse Band
    Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
    July 10, 2026
Popular Articles
The Deadly Quest for Gold - Top 10 African Films You Can Stream for Free

10 Top Award-Winning African Films You Can Stream for Free

July 3, 202625 Views
Out of Mined

“Out of Mined” Highlights Need to Protect West Coast

July 3, 202625 Views
Charlie Harris

Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”

July 3, 202625 Views
Rozanne McKenzie - Winter Fitness Tips

6 Winter Fitness Tips from Rozanne McKenzie

July 2, 202625 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,370 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 224
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
581
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.