Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Anton Myburgh Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Lorrie Man”

Anton Myburgh Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Lorrie Man”

Blitsoorsig: Anton Myburgh het "Lorrie man" geskryf vanuit die perspektief van 'n seuntjie wat altyd 'n lorriebestuurder wou wees. Die liedjie vang die kontras tussen kinderlike bewondering en die werklikheid van lang ure en gemiste geliefdes. Dit is 'n ode aan opoffering, integriteit en volharding wat die manne en vroue vier wat die lang paaie aandurf.

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 23, 2026No Comments3 Mins Read Music News 109 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Anton Myburgh stel sy splinternuwe enkelsnit, “Lorrie man,” bekend – ’n roerende huldeblyk aan die ikoniese vragmotorbestuurders wat Suid-Afrika se paaie aandurf en die land aan die beweeg hou.

Hierdie liedjie kom uit ’n plek van kinderlike bewondering. “Lorrie man” is geskryf vanuit die perspektief van daardie klein seuntjie wat altyd ’n lorriebestuurder wou wees.

Anton Myburgh

As kinders was ons gefassineer deur die groot lorries met hul lang neuse, die dreun van enjins en die stil, sterk figure agter die stuur. Hulle het soos helde gelyk – vry, onverskrokke en in beheer van die oop pad.

Die Droom en Die Werklikheid

Maar soos ons ouer word, verander die prentjie. Agter die romantiek van die oop pad lê lang ure, kilometers van huis af, en die verlange na geliefdes wat wag. Dit is juis hierdie kontras – tussen bewondering en realiteit – wat Anton met deernis en eerlikheid in “Lorrie man” vasvang.

NetfloristOfferforge

Anton Myburgh vertel: “Ek het die liedjie oorspronklik vir iemand spesifiek geskryf, maar die tema bly universeel – dit gaan oor hoe geliefd hierdie man is met sy lorrie en veral met sy hooter wanneer hy by die plaas aankom om goed op te tel of af te laai. Daardie oomblik wanneer almal weet: hier kom hy.”

Daardie bekende toeter word meer as net ’n geluid; dit word ’n aankondiging van toewyding, harde werk en teenwoordigheid.

Anton Myburgh bring ’n Ode aan Harde Werk en Integriteit

Met lirieke soos: “Deur die draaie en die swaaie / Kruis en dwars reg oor die land, Ry sy Lorrie sal die paaie / Hy regeer met luister hand” skets die liedjie ’n man wat met trots en vasberadenheid sy pad gebou het – iemand wat met “bloed, sweet en trane” sy plek verdien het. Sy greep is sterk, sy woord is sy woord. Daar is geen groot vertoon nie, net eerlike arbeid en stille krag.

“Lorrie man” is dus nie net ’n liedjie oor vragmotorbestuurders nie; dit is ’n ode aan opoffering, integriteit en volharding. Dit vier die manne én vroue wat die lang paaie aandurf sodat ander hul drome kan uitleef – die wagtyd by die stoor, die stof van die plaaswerf, die oë wat oor die horison soek na daardie bekende trok.

NetfloristOfferforge

Met sy kenmerkende eerlike aanslag en diep gewortelde storievertelling lewer Anton Myburgh ’n liedjie wat nostalgie en respek saamsnoer in ’n kragtige, sing-saam refrein wat lank ná die laaste noot nog eggo.

“Lorrie man” herinner ons daaraan dat ware helde nie altyd in die kollig staan nie – soms sit hulle agter ’n stuurwiel, met die oop pad voor hulle en ’n land wat op hulle staatmaak.

Jy kan Anton Myburgh se “Lorrie man” stroom op Spotify (en alle ander stromingsplatvorms).

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Anton Myburgh Reik “Wat Verby is, is Verby” Uit

    Anton Myburgh
    Music Videos 13 Jun 2025
  • Zolani Mahola Drops Groovy Single “A Good Time”

    Zolani Mahola
    Music News 16 Oct 2026
  • Ghost Jr. Drops High-Energy Single: “2 Phones”

    Ghost Jr.
    Music News 14 Oct 2026
  • Zoë Modiga Shares “When The Rain Comes”

    Zoe Modiga
    Music News 14 Oct 2026

Goeters Om Te Doen

  • Fabric Returns to South Africa in January 2027

    Fabric South Africa 2027
    Upcoming Events
  • Praise the LOUD Fest @ Sognage: 24 October 2026

    Praise the LOUD Fest 2026 Featured
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Anton Myburgh Lorrie man South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Tobias Bergson
    Producer Tobias Bergson Unveils “Promise” EP
    October 13, 2026
  • Strongboi Duo
    Strongboi Releases Funk-Infused Single “Dizzy”
    October 13, 2026
  • Deena G & Sun-El Musician
    Deena G Teams Up With Sun-El Musician
    October 13, 2026
  • Jan Bloukaas
    Nuwe Jan Bloukaas Dokkie Tref ‘n Teer Snaar
    October 12, 2026
  • Pilani Bubu
    Pilani Bubu Unveils New Single “Caged Heart”
    October 9, 2026
  • Craig Hinds - Watershed
    Watershed Drops New Single: “My House”
    October 8, 2026
  • Matthew Mole - Love Me
    Matthew Mole Kicks Off Hopeful New Chapter With “Love Me”
    October 6, 2026
  • Seth Tabatznik
    Seth Tabatznik Releases New Single: “Infinite Beings”
    October 5, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,343
Rock 622
Useful Tips 566
Afrikaans 526
Cape Town 349
USA 337
Pretoria 307
Johannesburg 294
Festivals 201
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.