Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Artist/Band Interviews » ‘n Onderhoud met Christof Berg

‘n Onderhoud met Christof Berg

Blitsoorsig: Singer Christof Berg het sy tweede enkelsnit "Movie" uitgereik, wat hy aan die einde van 2023 geskryf het as deel van sy vertoning "Verhale van n nomade". In hierdie onderhoud deel hy sy ervarings met gehore in 40 lande, sy liefde vir Italië, en waarom Ierland sy gunsteling plek is vir talentvolle sangers. Berg skryf sy Afrikaanse musiek op sy familieplaas Witkraal.

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 15, 2024No Comments5 Mins Read Artist/Band Interviews 60 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die sanger Christof Berg het Afrikaanse musiekliefhebbers se harte gesteel met die uitreiking van sy debuut-enkelsnit “Wil jy sien hoe lyk die Hemel” in November 2023.

Aanhangers kan nou luister na hierdie gewilde kunstenaar, wat oor twee dekades al in 40 lande opgetree het, se tweede offisiële enkelsnit, “Movie” wat vandag (die 15de Maart 2024) uitgereik is. Ons het met hom gesels oor dié nuwe uitreiking.

Christof Berg

Geluk met jou nuwe enkelsnit. “Movie” Vertel ons wanneer het jy die liedjie geskryf en wat het dit inspireer?

“Baie dankie! Movie was geskryf aan die einde van 2023 as deel van die storielyn vir my vertoning “Verhale van n nomade” Dit verwys na n sorgelose tyd van spontane musikale reise deur die wereld en al die andersheid van werelde ver hier vandaan.”

Jy het al in meer as 40 lande opgetree. Hoe is dinge vir ‘n kunstenaar oorsee anders en watter aspekte bly dieselfde as dit by optredes kom?

“Dit sal folios vat om werklik te kan beskryf! Elke land is heeltemaal anders. Europese gehore is bv besonders opgevoed en formeel, Amerikaanse gehore is weer geweldig deelnemend, in Ierland word die gehoor deel van die kunstenaar se vreugde en pyn, so kan ek aangaan.”

IQ AcademyOfferforge

“Daar is egter geen groep mense in die wereld wat meer vriendelik, verwelkomend en wat jou met oper arms ontvang as die Afrikaanse gehoor nie. Ons bly n klomp bitter spesiale mense. Maar wat altyd die selfde vir my bly, is hoe uniek elke mens se ervaring is. Hoe een liedjie n totale ander betekenis kan he vir een mens as vir n ander.”

Watter land was vir jou die een waarheen jy altyd sal wil terugkeer?

“Italië, sonder twyfel. Dit is soos om binne in n opera te lewe.”

Watter lande het die mees talentvolle sangers wat jy al ontdek het?

“Ierland. Hulle is die mees beskeie, talentvolste mense wat ek nog gesien het. Saans kom hulle in groot groepe bymekaar en begin spontaan musiek maak.”

“Daar is geen klassisme as dit by kuns kom nie, van die hoogste amp tot die mens wat die nederigste lewe leef, neem deel aan dig-aande of “poetry readings” soos hulle dit noem. Kuns, musiek en letterkunde is deel van hulle dna en word glad nie beskou as n eksklusiewe aktiwiteit vir die intellektuele kringe nie.”

NetfloristOfferforge

Vertel ons meer van die Italiaanse meisie in die lied. Wil Christof Berg hê dat ons haar naam weet?

“Al het ons paaie geskei, bly sy een van my groot inspirasies. Ek is nog in kontak met haar, maar ek het soveel respek vir haar, ek wil haar nie blootstel nie. Sy is wel bewis dat ek nog skryf oor ons tyd saam. Sy is n besonderse mens.”

Die skepping van jou Afrikaanse musiek gebeur alles op jou familieplaas Witkraal. Vertel ons meer van hierdie proses?

“Die hele Afrikaanse album gaan oor tuiskoms en Witkraal is vir my n tuiskoms, nie net na my geboortegrond nie, maar ook na Afrikaans en my wortels. Dit is waarom ek besluit het om die album hier te kom skryf. Ek het n ateljee ingerig en ek kan in stilte hier werk en herkou aan wonderlike herinneringe en rustig wag vir die groot kreatiwe bron om vir my elke keer n nuwe opdrag te gee.”

Deel met ons ons een kort snaakse gebeurtenis wat jy op jou reise beleef het

“In die noorde van Thailand was dit die gebruik vir die mans om net n groot stuk lap om jou middel te bind met niks anders aan nie, die tropiese weer was eenvoudig net te warm. Saans het ons bymekaar gekom en gekuier, maar niemand kon engels praat nie.”

“Daar was egter n drankie genaamd “saktong” wat dit verbasend maklik gemaak het vir my en my Thai vriende om mekaar te verstaan. Dit was asof die taalgrense heeltemaal verbrokkel het na n stewige paar skote daarvan. Dit is na so n aand van Saktong praat, wat my Thai vriende my toe uitgedaag het om n 30m hoe selfoon-toring te klim.”

“Met die durf van n boere-general het ek die aandbod tot hulle verbasing aanvaar en opgeseil teen die toring soos n blou-apie. Maar dis toe ek met n ballende vuis van oorwinning van doer-bo af my oorwinningssein gee, dat ek besef dat ek slegs die lap om my het en niks anders nie… Daar was net een pad af. Die slag n bietjie vinnger as n blou-apie. Met n geskater en n applous van die hoogs vermaakte groep Thais.”

Beskryf Christof Berg se musiek in 3 woorde

“Voel die lewe.”

Waar tree Christof Berg binnekort op?

“Hou my Facebook blad dop :)”

Ek wil hierdie geleentheid gebruik om vir Christof Berg te bedank vir die onderhoud. Ons wens hom als van die beste toe met sy toekomstige musikale avonture.

Kyk die video vir “Movie” hier onder:

YouTube video player

Jy kan die liedjie HIER stroom / aflaai.

Meer inligting oor Christof Berg

Christof Berg het ‘n unieke musiekstyl, gevorm en beïnvloed deur sy kleurvolle Suid-Afrikaanse opvoeding sowel as sy avant-garde reiservarings. Christof het die warm hart van Afrika met gehore regoor Europa en die Verre Ooste.

Sy ko-produksies met simfoniese orkeste in Stellenbosch en Bloemfontein het wye lof gekry. Christof het toekennings vir Jazz Piano van WCOPA in Hollywood ontvang en het die Premierstoekenning in die Vrystaat (die provinsie waar hy gebore is).

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Interviews kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Christof Berg Reik “Wil jy sien hoe lyk die hemel” uit

    Christof Berg Artist
    Music Videos 13 Nov 2023

    Sanger Christof Berg het sy eerste Afrikaanse enkelsnit "Wil jy sien hoe lyk die hemel" bekendgestel, geskryf en opgeneem op sy geboorteplaas Witkraal.

    An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)

    Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Artist/Band Interviews 10 Jul 2026

    South African songwriter Carol-Ann Meltzer discusses her creative process, collaboration, and how her new single "On a Dream" invites listeners to pause and reflect on life's possibilities.

  • An Interview With GAZ

    GAZ
    Artist/Band Interviews 22 Apr 2026

    GAZ discusses his new single "Moving On", a deeply personal song about separation and rebuilding, and reflects on his artistic evolution since his solo debut.

    An Interview with Mark from The Fismits

    The Fismits Mark Biagio
    Artist/Band Interviews 30 Mar 2026

    The Fismits' Mark Biagio discusses songwriting, production, and maintaining creative independence while building a long career in music.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Christof Berg South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Anton Edwards Artist
    An Interview with Anton Edwards
    February 23, 2026
  • Michael Ferguson
    An Interview with Michael Ferguson
    December 9, 2025
  • Dani Villé
    ‘n Onderhoud met Dani Villé
    August 14, 2025
  • Sheron
    An Interview With Sheron
    November 25, 2024
  • Dylan Tori
    An Interview With Dylan Tori
    August 7, 2024
  • Jasper Dan
    An Interview With Jasper Dan
    July 30, 2024
  • Basson Laas
    An Interview with Basson Laas
    July 25, 2024
  • The Fismits - Mark
    An Interview with Mark Biagio (from The Fismits)
    June 5, 2024
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,253
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 510
Cape Town 333
USA 331
Pretoria 303
Johannesburg 286
Festivals 197
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.