Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Christof Berg Reik “Wil jy sien hoe lyk die hemel” uit

Christof Berg Reik “Wil jy sien hoe lyk die hemel” uit

Blitsoorsig: Christof Berg, wat in meer as 40 lande opgetree het, is terug op sy soutplaas Witkraal in die Suid-Vrystaat. Hy het sy nuwe enkelsnit "Wil jy sien hoe lyk die hemel" daar geskryf en die musiekvideo op ikooniese plekke op die plaas gefilmeer. Die liedjie handel oor verlies en sterfte, terwyl Witkraal simboliseer die terugkeer na sy moedertaal en sy hart.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 13, 20231 Comment3 Mins Read Music Videos 154 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die sanger Christof Berg is in die Herfs van 1986 gebore en het grootgeword op Witkraal, ’n soutplaas in die Suid-Vrystaat. Christof het in sy loopbaan, tot nou, in meer as 40 lande wêreldwyd opgetree. Hy is tans terug op die plaas, om te werk aan `n vollengte Afrikaanse album wat in 2024 uitgereik word.

Aanhangers van Christof Berg sal bly wees om te hoor dat die eerste enkelsnit, “Wil jy sien hoe lyk die hemel,” reeds op Vrydag 10 November 2023 bekendgestel is.

Christof Berg

Christof Berg vertel meer oor hoe hierdie uitsonderlike liedjie ontstaan het

“Terwyl ek in my kombuis in die Kaap gestaan en roer het aan my kerrie, skiet `n reëltjie my te binne. Ek skribbel dit toe vinnig neer: “Ek gaan soek toe na die hemel, want ek het jou verskriklik gemis, maar die pad lei my toe reguit na Witkraal toe.”

“Ek was nie aanvanklik seker wat dit nou eintlik beteken het nie; soms daag `n lied mos maar so geheimsinnig op, en dan moet `n mens wag om te sien waarheen die jou verder lei.  Witkraal-plaas is die anker van ons familie. Toe ek twee weke later weer daar op die plaas aankom, skryf die liedjie homself mettertyd stuk-stuk klaar.”

NetfloristOfferforge

Christof Berg Artist

“Die proses hiermee het my herinner aan verlies, spesifiek die dood, hoe dit ons verwar en soms laat voel of dit die einde is. “Die winde in die panne het verkeerdom gewaai, die swaeltjies het verdwaal, hulle’t omgedraai, want jy’t huis toe gegaan om nie weer terug te kom, wat maak ek nou, o liewe son?” 

Omdat “Wil jy sien hoe lyk die hemel” op Witkraal geskryf is, het Christof Berg besluit dat dit net van pas sal wees om die musiekvideo ook daar te verfilm. Die plaaswerkers van Witkraal was die tegniese span, opgedeel in spanne van kameramanne en klavierdraers.

Dit was vir Christof Berg belangrik om die vleuelklavier en toerusting na al die ikoniese plekke op die plaas aan te ry en die trekker en wa is gebruik.  Op elke landskap van Witkraal het die klavier trots en reg gestaan vir aksie. Van die duine tot by die soutpanne, na die tukrvyboorde, pekanneutlande en ten einde die plaasingang.

YouTube video player

Witkraal is presies in die middel van die land geleë, net `n paar kilometer van die amptelike geografiese middelpunt van Suid-Afrika. Die geboorteplaas word `n metafoor vir die diepste binne van sy wese en dit word duidelik verhaal in die storie van die nuwe enkelsnit “Wil jy sien hoe lyk die hemel.” Die die middel van die land simboliseer die hart van Suid-Afrika en die terugkeer na Witkraal is ook simbolies vir die terugkeer na sy moedertaal, sy eie mense, `n tuiskoms na sy eie binneste.

NetfloristOfferforge

Christof Berg is opgewonde om die lied aan die land se mense bekend te stel. “Ek hoop mense geniet dit net soveel as wat ek dit geniet het om die lied te skryf en op te neem. Witkraal is `n metafoor vir die hart, die binnekamer waarna die soeke uiteindelik lei en die vrae beantwoord word. “Wil jy sien hoe lyk die hemel? Hier`s dit nou: die hemel is binne-in jou.”

Jy kan “Wil jy sien hoe lyk die hemel” HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • ‘n Onderhoud met Christof Berg

    Christof Berg
    Artist/Band Interviews 15 Mar 2024
  • Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”

    Celeste Swift
    Music Videos 2 Oct 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit

    Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Music Videos 28 Sep 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”

    Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Music Videos 25 Sep 2026

Goeters Om Te Doen

  • NE-YO South African Tour: October 2026

    NE-YO
    Upcoming Events
  • Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets

    Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets 2
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Christof Berg South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

1 Comment

  1. Anonymous on November 13, 2023 1:36 PM

    Christof van der Berg Music

    Reply
Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,329
Rock 618
Useful Tips 566
Afrikaans 525
Cape Town 345
USA 337
Pretoria 306
Johannesburg 293
Festivals 202
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.