Facebook Twitter Instagram
    Running Wolf's Rant
    Latest News
    • SAMA28 announces Top 10 in public voting categories
    • Gia Mckay releases new single: “Cut Up”
    • Louise Carver Releases ‘Nothing Feels Good Without You’
    • Will Linley drops debut EP: “Kill All My Feelings”
    • Kat Releases ‘Halloween’ (Produced By Mark Haze)
    • RIP Mthandeni Mvelase (The Music Industry Icon)
    • Brace yourselves for The Narrow’s 20th Anniversary Tour
    • SAMA28 To Return to Sun City
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS TikTok
    Home
    • Categories
      • Entertainment
      • Facts
      • General News
      • Hacks
      • Opinion
      • Photography
      • Quotes
      • Technology
    • Pages
      • Interesting Music Facts
      • Music Events
      • South African Artists & Bands
      • South African Live Music Events, Venues & Festivals
      • Submit Music Facts
      • Submit Music Festival Stories
    • Featured
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Subscribe
    Running Wolf's Rant
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    Home»Entertainment»Music»Die Heuwels Fantasties reik nuwe enkelsnit “Jy Stel my Teleur” uit

    Die Heuwels Fantasties reik nuwe enkelsnit “Jy Stel my Teleur” uit

    Henno KrugerBy Henno KrugerSep 19, 2019 Music 4 Mins Read31 Views
    Share
    Facebook Twitter Email Telegram WhatsApp

    Goeie nuus vir musiekliefhebbers, Die Heuwels Fantasties het ‘n nuwe enkelsnit, “Jy Stel my Teleur” uitgereik! Die snit is op ‘n nuwe album wat binnekort uitgereik gaan word.

    Dit is tien jaar later sedert Die Heuwels Fantasties se self-getitelde debuut album hulle so te sê oornag as een van SA se gewildste bands gevestig het. Vandaar was daar vele radiotreffers, toekennings en duisende fans.

    Die Heuwels Fantasties

    Alhoewel Die Heuwels twee jaar laas ‘n nuwe album uitgereik het, is hul liedjies en videos deel van die daaglike SA musiek-kultuur. ‘n Lekker verrassing vir DHF was dat die 4de enkelsnit “Niks en Nêrens” vanaf die 2017 album getiteld Okay!, so om en by ‘n jaar gelede ‘n groot treffer was.

    Pierre Greeff sê dat hulle effens uit die veld geslaan was deur hoe goed die liedjie gedoen het: “Dis ‘n great gevoel wanneer so iets insink en ons besef dat ons liedjies mense raak.” Intussen het hulle ‘n ateljee oop gemaak met Fred den Hartog agter die stuur en die lewe het aan gegaan.

    Oor hoe dinge nou uitrol, sê Hunter Kennedy:

    “Ek dink ons het bietjie verveeld geraak en gevoel dis tyd vir nuwe musiek. Die hele band was ‘n rukkie terug saam vir ‘n week in ‘n windgat huis in Yzerfontein.

    Dit help altyd om weg te kom om die kreatiewe klier aan die gang te kry. Ons was keen om classic songs te skryf. Watookal dit beteken. Die liedjie “Jy Stel my Teleur” het nogal vinnig gebeur. Dit voel asof die kanale na bo oop was daai dag en dis wat deurgekom het.

    Hy was eerste klaar geskryf en kom nou eerste uit. Te nagedagte is dit vir my ‘n interessante tema. Dit het tong in die kies begin, maar so geknoop dat dit eintlik ‘n openbaring geraak het vir ‘n moeilik-om-neer-te-pen introspektiewe gedagtegang. Van iets wat my vrou gereeld vir my sê tot die eerste stap na self-vergifnis.

    Teleurstelling is iets wat ons op ‘n daaglikse basis konfronteer. Daar is so baie dinge wat teleurstellend kan wees. Ons sien nie soos dit is nie, maar soos ons is.”

    “Jy Stel my Teleur” is die eerste enkelsnit vanaf ‘n vollengte album wat eersdaags uitgereik word. Die album is by Sunset Recording Studios in Stellenbosch opgeneem. Jürgen von Wechmar was die ingenieur en het ook “Jy Stel my Teleur” vermeng.

    Greeff sê: “Dit was heerlik om ons nuwe musiek te gaan opneem tussen die berge. Sunset is by verre ons favourite studio in die wêreld en Jürgen is die beste.”

    Wat hierdie liedjie anders maak as al die ander musiek wat Die Heuwels voorheen uitgereik het, is dat Hunter en Fred elk van die verse en Pierre die koor-gedeeltes in “Jy Stel my Teleur” sing.

    DHF Jy Stel My Teleur

    Greeff verduidelik: “Dit was eintlik maar ‘n organiese proses. Ons moes wel vir Fred oortuig. Mbt die introspektiewe aard van die liedjie voel dit reg soos ons dit opgeneem het  – asof ons met mekaar praat deur elkeen iets te sing.”

    Die video van “Jy Stel my Teleur” is ‘n samestelling van beelde wat verfilm is by Sunset Recording Studios tydens die opnames, asook insetsels van Die Heuwels se optrede by Liefde by die Dam, Johannesburg in Augustus vanjaar.

    “Ons het ‘n goeie regiseurs-vriend, Hardus van Deventer, afgevlieg om die video te kom skiet. Saam met die fotograaf André Badenhorst, was hulle so te sê “flies on the wall” tydens ons tyd in die studio” sê Greeff. “Ons is baie tevrede met die video. Dit is presies wat ons wou gehad het in terme van die gevoel van die song.”

    Kyk die musiek video vir “Jy Stel My Teleur” hier onder:

    Hou jy van die song? Klik hier om “Jy Stel My Teleur” te stream / koop.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Get updates via email
    Afrikaans Cape Town Die Heuwels Fantasties Music Videos South Africa
    Share. Facebook Twitter Pinterest LinkedIn Telegram WhatsApp Reddit Email
    Previous ArticleJustin Serrao releases music video for ‘Perfect Stranger’
    Next Article Mix Fest 2019: An Interview Alastair from Shortstraw
    Henno Kruger

    Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant

    Related Posts

    Die Heuwels Fantasties Reik “Volume” Uit

    Oct 22, 20212 Mins Read

    Francois Van Coke reik nuwe enkelsnit uit: “Ons Het Gewen”

    Jun 11, 20212 Mins Read

    Die Heuwels Fantasties reik “Plekkie in die Son” video uit

    Apr 11, 20213 Mins Read

    Die Heuwels Fantasties Reik “Hardloop Weg!” Uit

    Dec 4, 20203 Mins Read

    ‘n Onderhoud met Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties

    May 8, 20204 Mins Read88 Views

    Die Heuwels Fantasties reik “Ons moet Leef” enkelsnit en video uit

    Apr 24, 20203 Mins Read84 Views

    Leave A Reply Cancel Reply

    You Might Like

    My 2 Cents on Parklife Music Festival 2013

    Apr 2, 201340 Views

    Review: Seether Live in Johannesburg – 20 May 2018

    May 23, 201842 Views

    A quick pre Oppikoppi chat with Monkeys in Boots

    Jul 16, 201627 Views

    Review: Huawei GT2 Smartwatch

    Aug 21, 20217 Views

    Park Acoustics: A quick & fun chat with Native Young

    Mar 6, 2018
    Subscribe
    Get updates via email
    You Might Also Like

    5 Useful Ways to Fund a Music Project

    Feb 26, 202013 Views

    10 Funny Justin Bieber Tip Jars

    Jul 15, 201339 Views

    How to Balance Life & Work in the Coronavirus Age

    Aug 17, 202012 Views

    Digital Marketing: Why Personalisation Matters

    Jul 19, 2021

    How to Convert a PDF To JPG

    Nov 7, 2020
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    About Running Wolf’s Rant
    About Running Wolf's Rant

    Running Wolf's Rant has been covering the South African Music Scene and featuring interesting, funny and engaging content since 2008.

    Feel free to explore the various sections and categories. We hope that you find something howling good while you're exploring. Please share posts that you find interesting with your friends on Social Media. Share buttons are provided.

    Featured Posts

    An Interview With Vittorio Leonardi

    Jan 6, 201042 Views

    This is what I want at my music festivals

    Mar 28, 201819 Views

    Photo Album: Biffy Clyro @ RAMFest 2014 Johannesburg

    Mar 10, 201417 Views
    Recent Posts

    Buying A Gaming Laptop? Consider These Factors

    Aug 10, 20227 Views

    3 Ways To Find the Best Name for Your Business

    Aug 8, 202222 Views

    SAMA28 announces Top 10 in public voting categories

    Aug 6, 202222 Views
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    © 2022 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.