Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Die Heuwels Fantasties reik nuwe enkelsnit “Jy Stel my Teleur” uit

Die Heuwels Fantasties reik nuwe enkelsnit “Jy Stel my Teleur” uit

Blitsoorsig: Die Heuwels Fantasties het "Jy Stel my Teleur" as eerste enkelsnit vanaf hulle nuwe album uitgereik. Die liedjie is by Sunset Recording Studios in Stellenbosch opgeneem en verskil van vorige werk deurdat Hunter en Fred verse sing terwyl Pierre die koor doen. Die video stel beelde saam van studio-opnames en hulle optrede by Liefde by die Dam.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 19, 2019No Comments4 Mins Read Music Videos 82 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Goeie nuus vir musiekliefhebbers, Die Heuwels Fantasties het ‘n nuwe enkelsnit, “Jy Stel my Teleur” uitgereik! Die snit is op ‘n nuwe album wat binnekort uitgereik gaan word.

Dit is tien jaar later sedert Die Heuwels Fantasties se self-getitelde debuut album hulle so te sê oornag as een van SA se gewildste bands gevestig het. Vandaar was daar vele radiotreffers, toekennings en duisende fans.

Die Heuwels Fantasties

Alhoewel Die Heuwels twee jaar laas ‘n nuwe album uitgereik het, is hul liedjies en videos deel van die daaglike SA musiek-kultuur. ‘n Lekker verrassing vir DHF was dat die 4de enkelsnit “Niks en Nêrens” vanaf die 2017 album getiteld Okay!, so om en by ‘n jaar gelede ‘n groot treffer was.

Pierre Greeff sê dat hulle effens uit die veld geslaan was deur hoe goed die liedjie gedoen het: “Dis ‘n great gevoel wanneer so iets insink en ons besef dat ons liedjies mense raak.” Intussen het hulle ‘n ateljee oop gemaak met Fred den Hartog agter die stuur en die lewe het aan gegaan.

NetfloristOfferforge

Oor hoe dinge nou uitrol, sê Hunter Kennedy:

“Ek dink ons het bietjie verveeld geraak en gevoel dis tyd vir nuwe musiek. Die hele band was ‘n rukkie terug saam vir ‘n week in ‘n windgat huis in Yzerfontein.

Dit help altyd om weg te kom om die kreatiewe klier aan die gang te kry. Ons was keen om classic songs te skryf. Watookal dit beteken. Die liedjie “Jy Stel my Teleur” het nogal vinnig gebeur. Dit voel asof die kanale na bo oop was daai dag en dis wat deurgekom het.

Hy was eerste klaar geskryf en kom nou eerste uit. Te nagedagte is dit vir my ‘n interessante tema. Dit het tong in die kies begin, maar so geknoop dat dit eintlik ‘n openbaring geraak het vir ‘n moeilik-om-neer-te-pen introspektiewe gedagtegang. Van iets wat my vrou gereeld vir my sê tot die eerste stap na self-vergifnis.

Teleurstelling is iets wat ons op ‘n daaglikse basis konfronteer. Daar is so baie dinge wat teleurstellend kan wees. Ons sien nie soos dit is nie, maar soos ons is.”

NetfloristOfferforge

“Jy Stel my Teleur” is die eerste enkelsnit vanaf ‘n vollengte album wat eersdaags uitgereik word. Die album is by Sunset Recording Studios in Stellenbosch opgeneem. Jürgen von Wechmar was die ingenieur en het ook “Jy Stel my Teleur” vermeng.

Greeff sê: “Dit was heerlik om ons nuwe musiek te gaan opneem tussen die berge. Sunset is by verre ons favourite studio in die wêreld en Jürgen is die beste.”

Wat hierdie liedjie anders maak as al die ander musiek wat Die Heuwels voorheen uitgereik het, is dat Hunter en Fred elk van die verse en Pierre die koor-gedeeltes in “Jy Stel my Teleur” sing.

DHF Jy Stel My Teleur

Greeff verduidelik: “Dit was eintlik maar ‘n organiese proses. Ons moes wel vir Fred oortuig. Mbt die introspektiewe aard van die liedjie voel dit reg soos ons dit opgeneem het  – asof ons met mekaar praat deur elkeen iets te sing.”

NetfloristOfferforge

Die video van “Jy Stel my Teleur” is ‘n samestelling van beelde wat verfilm is by Sunset Recording Studios tydens die opnames, asook insetsels van Die Heuwels se optrede by Liefde by die Dam, Johannesburg in Augustus vanjaar.

“Ons het ‘n goeie regiseurs-vriend, Hardus van Deventer, afgevlieg om die video te kom skiet. Saam met die fotograaf André Badenhorst, was hulle so te sê “flies on the wall” tydens ons tyd in die studio” sê Greeff. “Ons is baie tevrede met die video. Dit is presies wat ons wou gehad het in terme van die gevoel van die song.”

Kyk die musiek video vir “Jy Stel My Teleur” hier onder:

Hou jy van die song?  om “Jy Stel My Teleur” te stream / koop.

NetfloristOfferforge

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Luna Paige “Die Reisigers” Toer: Als Wat Jy Moet Weet

    Luna Paige - Die Reisigers Toer
    Upcoming Events 5 Oct 2026
  • Gallo 100: The Sound of a Century – All The Deets

    Gallo Record Company
    Upcoming Events 29 Sep 2026
  • Cape Town International Kite Festival 2026: All The Deets

    Cape Town International Kite Festival 2026: All The Deets 1
    Upcoming Events 29 Sep 2026
  • Fabric Returns to South Africa in January 2027

    Fabric South Africa 2027
    Upcoming Events 27 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Cape Town Die Heuwels Fantasties South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 2
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,324
Rock 617
Useful Tips 565
Afrikaans 526
Cape Town 343
USA 337
Pretoria 306
Johannesburg 293
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.