Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Dodo Nyoka stel nuwe enkelsnit vry: “As Ek Opstaan”

Dodo Nyoka stel nuwe enkelsnit vry: “As Ek Opstaan”

Blitsoorsig: Dodo Nyoka, bekend van Die Kontrak, het sy nuwe enkelsnit "As Ek Opstaan" vrygestel. Die liedjie is 'n gesprek tussen Dodo en God, waar hy beloof om sy toekomstige vrou en God bo alles te kies. Dit meng rock, pop en alternatiewe klanke saam met 'n betekenisvolle musiekvideo wat sy hart en gedagtes uitbeeld.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 14, 2024No Comments3 Mins Read Music Videos 81 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Dodo Nyoka is geen vreemdeling in die Afrikaanse musiekbedryf nie. In 2022 het hy as die naaswenner van die tweede seisoen van Die Kontrak uitgetree, en sy debuutenkelsnit, “Foto’s”, se musiekvideo is al meer as vier miljoen keer op YouTube gekyk.

In 2023 het hy sy aanhangers bederf met twee snitte – “Frikkie vir ’n Rukkie” en “Country Girl van Bloem”. En nou is hy terug met ’n splinternuwe enkelsnit uit sy pen, met die titel “As Ek Opstaan”.

Dodo Nyoka

“Die liedjie is eintlik ’n briefie geskryf vir my toekomstige vrou vir wanneer ek dood is, maar dit is ook ’n gesprek tussen my en God,” het Dodo gesê oor hierdie mengsel van rock, pop en alternatiewe klanke.

Volgens Dodo Nyoka is die inspirasie agter die liedjie God

“Die storie gaan tussen my en God, ek wou nie wag vir my toekomstige vrou nie, so ek en God het eintlik ’n gestryery gehad en ek het ’n paar keer geval. Maar dis ’n belofte wat ek aan God maak dat ek sal wag vir die een. Hulle sê jy sal weet wanneer dit die een is, en ek dink die ‘weet’ is daardie klein stemmetjie van God.” sê Dodo Nyoka.

NetfloristOfferforge

Dodo sê hy het hierdie liedjie gekies omdat hy onlangs sy lewe vir die Here gegee het. “Dit sê in die Bybel dat ons God se bruid is. So wanneer ons onsself kies bo oor God is ons selfsugtig. So hierdie liedjie is my belofte aan God om hom bo oor als te kies.” sê hy. “Ek voel elke man moet hierdie vir sy vrou of toekomstige vrou speel. As jy vir jou vrou wil sê hoe lief jy haar het, sonder om woorde te gebruik, is hierdie liedjie vir jou.”

Dodo stel ook ’n pragtige musiekvideo, wat aansluit by die liedjie se woorde, vry.

“As jy die musiekvideo gaan kyk, gaan jy sien hoe my kop en my hart werk. Ek deel my hart met die
kykers.” sê Dodo Nyoka.

YouTube video player

Jy kan die liedjie HIER stroom / aflaai.

NetfloristOfferforge

Dodo sê die hoogtepunt van sy loopbaan sover is hoe die mense sy liedjie “Country Girl van Bloem” ontvang het.

“Dit is vir my so lekker om te sien hoe hierdie liedjie mense gelukkig gemaak het. Ek sê altyd ek is ’n sonneblom en die Here is die son. Sonder die son (die Here) gaan die sonneblom dood. En dis wat ek wil wees – daai warmte en lig wat die Here vir my gee, met ander mense deel.” sê hy.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Piper Connolly Returns With “Unapologetic”

    Piper Connolly
    Music Videos 28 Aug 2026
  • The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”

    The Bird - It's Just Begun
    Music Videos 27 Aug 2026
  • Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”

    Lordkez
    Music Videos 26 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
  • Tuin Artist
    Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”
    August 18, 2026
  • Basson Laas - Every River
    Basson Laas Embraces the Beauty of the Journey on “Every River”
    August 10, 2026
  • Winter Hotel
    Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”
    August 5, 2026
  • John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”
    August 5, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 334
Cape Town 334
Pretoria 303
Johannesburg 288
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.