Die uiters talentvolle en gewilde Dozi, het in 2020, sy negentiende album Vrede, vrygestel. Hy het reeds twee enkelsnitte vanaf die album vrygestel, “Partykeer Somtyds” en “Ek wil vir jou sê” en nou volg sy derde enkelsnit vanaf hierdie album, “Dis Hoekom”.
Die liedjie is deur Dozi, Kappie Kapp en Stef Kruger geskryf en is vervaardig deur Dozi, Mauritz Lotz en Tertius Human.
Dozi verduidelik “Dis Hoekom”
“Die lied gaan oor plekke se name wat verander en die verwarring wat daarmee gepaard gaan. Dit is ‘n ligte, humoristiese liedjie wat gaan oor die dinge wat ons almal eintlik kwaad maak, maar die liedjie gooi ‘n bietjie lig daarop. Ek dink mense sal aanklank vind en kan deel in die humor omdat dit so van toepassing is op die huidige omstandighede in ons land”.
“Die rede hoekom ek musiek skryf, is om iets in die wêreld beter te maak. As jy ongelukkig is en jy luister na die regte musiek, dan voel jy beter.”
Wian van der Walt en Dean Deysel van Vonk Musiek het die produksie van die video behartig, wat hoofsaaklik op verskillende plekke op Dozi se plaas en by ’n kruising in Hartbeespoortdam verfilm is.
“Dozi was die kreatiewe brein agter die konsep van die video wat as twee stories aangebied word,” verduidelik Wian. “In die eerste een is Dozi en ’n busdrywer besig om te ry, maar hulle verdwaal omdat al die name verander word. Storie twee wys ’n dogtertjie wat agterin ’n bussie sit en vertel dat sy en haar pa by haar ma woon.”
Jy kan “Dis Hoekom” en die res van Vrede HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.