Op Saterdag die 10de Februarie het ek en Baas De Beer na Jack Parow se show gaan kyk by Aandklas Hatfield. Ons het om en by half 9 die aand by die venue opgedaag en dit was alreeds stampvol (soos dit altyd is as Jack Parow daar speel).
Ek het net een song gehoor wat die eerste opening act (Robbie Steyn) gespeel en dit het goed geklink, maar sadly kon ek nie naby genoeg by die stage uitkom om ‘n foto te neem nie. Die 2de opening act was D.S.R. en ek moet sê ek was moerse impressed gewees met hulle. Dis nie elke dag wat jou om en by 800 mense hoor saamsing as ‘n fairly unknown band ‘n cover van ‘n Eminem song speel nie. Ek het rêrig nog nooit so cool cover version van “Loose Yourself” gehoor nie, ek belowe julle.
Jack Parow het so om en by half elf op die stage verskyn met sy lang pet en ‘n brand new guitarist aan sy sy. Dit het nie hom lank gevat om die crowd aan die gang te kry nie. Hy het ook baie van sy brandewyn vir die mense uitgedeel en voor jy kon sê “Karate Water” was die crowd in a party mood en glo my, hulle het absoluut bos gegaan.
Dit was great om al sy treffers te hoor en die crowd se reaksie te sien. Dit was duidelik hoekom baie mense vir Jack Parow rate as een van die beste live acts in Suid-Afrika. Baie dankie vir Rudi en Aandklas Hatfield vir hierdie show. Ek sien uit na die volgende ene.
Jack Parow het my mooi gevra om ‘n foto van hom te neem as bewys dat hy hard werk as hy shows speel, maar die foto was uit fokus gewees. Wynand: Die man was rêrig pap nat gesweet na die tyd, ek belowe. Aandklas was ‘n bak-oond gewees. Vat my woord vir dit.
Wees op die uitkyk vir gereeld opdaterings in the Music and Photography kategoriëe op Running Wolf’s Rant.
Like what you just read? Join The Wolf Pack! Subscribe To Our Newsletter.
Explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.
If you're in South Africa and looking for something to do, check out The SA Gig Guide (on our sister site SA Music Zone).
If getting more knowledge is part of your DNA - Check out the latest posts on Interesting Facts.