Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Die “Dagdrome in Suburbia” Album is Hier!

Die “Dagdrome in Suburbia” Album is Hier!

Blitsoorsig: Francois Van Coke se derde solo album "Dagdrome in Suburbia" het op 18 Oktober 2019 vrygestel voor 'n uitverkoopte Sun Arena in Pretoria met 9700 aanwesiges. Die 11-snit album bevat samewerkings met Riky Rick, Spoegwolf, Tasché en Hunter Kennedy. Dit het op nommer 1 op iTunes afgeskop en nommer 5 op Apple Music se ranglys bereik.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 23, 2019No Comments2 Mins Read Music News 83 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Op 18 Oktober 2019 het Francois Van Coke sy derde solo album, “Dagdrome in Suburbia” vrygestel. Dit het gebeur voor ‘n uitverkoopte Sun Arena in Pretoria. 9700 was by die show gewees. Die show was sy grootste albumbekendstelling nóg. Dit bewys van wat harde werk en goeie rock musiek kan vermag!

Die “Dagdrome in Suburbia” veldtog het op 30 Augustus afgeskop. Die eerste enkelsnit en musiekvideo is saam uitgereik. Dié hoogs suksesvolle liedjie met dieselfde naam as die album, “Dagdrome in Suburbia” (met Spoegwolf) het baie opgewondenheid en afwagtig veroorsaak.

Francois van Coke en Vriende - Henry Engelbrecht
Foto deur Henry Engelbrecht

Met die vrystelling van die album op 18 Oktober het dit op nommer 1 op iTunes afgeskop. Die album het ook geklim tot nommer 5 op Apple Music se ranglys.

Op die dag van die album se vrystelling en Francois van Coke & Vriende (18 Oktober), het Francois die tweede enkelsnit se musiekvideo, “Daarsy boys”,  ook vrygestel. Mede Fokofpolisiekar groepslid, Hunter Kennedy, maak sy debuut as rymkletser op hierdie liedjie!

NetfloristOfferforge

Meer inligting oor die Dagdrome in Suburbia Album

Die 11-snit album, “Dagdrome in Suburbia”, is Francois se mees opwindende werk tot op datum. Dit skop af met ‘n voorlesing deur legendariese nuusman, Riaan Cruywagen, gevolg deur nuwe treffers en samewerkings met rapper Riky Rick, Afrikaanse rock gunstelinge, Spoegwolf, The Voice SA 3 wenner, Tasché, en Fokofpolisiekar groepslid, Hunter Kennedy.

Francois Van Coke deur Andre Badenhorst - Dagdrome in Suburbia

Die grootste krag van hierdie album lê in sy sawerkings. Behalwe die kunstenaars, het Francois ook saamgewerk met verskeie liedjieskrywers en vervaardigers. “Dagdrome in Suburbia” is opgeneem by verskeie ateljees en ‘n paar verskillende vermengingsingenieurs is gebruik.

Die liedjies is vervaardig deur Fred den Hartog, Theo Crous en Rudolf Willemse. Die liedjieskrywers sluit, Die Gevaar, Hunter Kennedy, Johnny de Ridder, Riky Rick, Karen Zoid en Danie du Toit van Spoegwolf in.

My 2 sente oor die Dagdrome in Suburbia Album

Ek het die album Vrydag geluister en ek moet sê dat ek dit geniet het, maar dat dit ‘n ruk gaan vat voor dit op my groei. Dis bietjie anders, maar ek het dit ook oor sy twee vorige albums te sê gehad. Dis ‘n goeie album, maar ek sal rerig dit ‘n hele paar keer moet luister om my eerlike opinie daaroor te gee. Haastige hond verbrand mos sy mond, so hang bal mensies.

NetfloristOfferforge

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier

    Bangkinders - Francois Van Coke
    Music Videos 31 Jul 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit

    VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    Music News 6 Jul 2026
  • Francois van Coke & Vriende 2026: Als Wat Jy Moet Weet

    Francois Van Coke & Vriende 2025
    Upcoming Events 3 Jun 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Francois van Coke Rock South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.