Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Streaming»Lea Vivier praat oor haar rol in Dam (Die Showmax Reeks)

    Lea Vivier praat oor haar rol in Dam (Die Showmax Reeks)

    Henno KrugerBy Henno Kruger Streaming 5 Mins Read153 ViewsFebruary 22, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Lea Vivier het met ons gesels oor Dam en so paar ander goedjies. Die eerste seisoen van Dam, die riller vol kinkels en verrassende draaie, geskep deur viermalige SAFTA-wenner Alex Yazbek, was een van die 10 titels wat in 2021 die meeste gekyk is op Showmax.

    NetfloristOfferforge

    Dit was ook die dramareeks met die meeste benoemings by die 2022 SAFTA’s, en het gloeiende resensies ingeryg vir die manier waarop die reeks grense verskuif het in Suid-Afrikaanse TV.

    Lea Vivier - Dam

    Dit is nou drie maande na die Lentefees. Dit lyk of die kultus se rituele offer gewerk het: reën het gekom en die land vernuwe. Yola onthou niks sedert haar terugkeer vir haar pa se begrafnis nie. Kan sy die legkaartstukke laat pas terwyl diamante ontdek word, ‘n massagraf opgegrawe word en ‘n monster in die dam opduik?

    Lea Vivier en Pallance Dladla keer terug in hul SAFTA-benoemde rolle as Yola en Themba, met Natasha Loring wat haar SAFTA-wenrol as Yola se suster, Sienna, vertolk. Gemaak in vennootskap met Picture Tree en die Oos-Kaapse Ontwikkelingskorporasie, het die Showmax Original ook die beste kunsregie vir Sue Steele by die 2022 SAFTA’s gewen.

    Lea Vivier in Dam Season 2

    Dam is in Adelaide en Bedford in die Oos-Kaap verfilm, en die rolverdelings sluit ook die SAFTA-wenners Antoinette Louw en Tarryn Wyngaard in; asook Fleur du Cap-wenner en Africa Movie Academy Award-benoemde Faniswa Yisa; Laudo Liebenberg, Francis Chouler en Gerald Steyn; en SAFTA-benoemdes Jennifer Steyn, Andre Odendaal en Marvin-Lee Beukes.

    Ons het met Lea Vivier gesels om meer uit te vind oor die Showmax Original-treffer

    Hoe was die reaksie op die eerste seisoen?

    ‘n Groot verskeidenheid mense het my op baie verskillende plekke voorgekeer en gesê: “Is jy Yola van DAM? Ons het die storie so geniet! Dit was ‘n wonderlike groep akteurs en het eg Suid-Afrikaans gevoel.”

    Dit blyk dat mense die feit dat dit ‘n hele klomp verskillende Suid-Afrikaners is wat bymekaar kom en een storie vertel – in ons verskillende tale, met die verskillende kulturele erfenisse – baie geniet het. Ons vertel nie bloot ‘n storie in isolasie van mekaar nie; dit is ‘n pragtige ensemble-werk.

    Hoe het dit gevoel toe Dam verlede jaar vir 11 SAFTA’s genomineer is?

    Dit was ’n aangename verrassing, veral omdat Dam reeds ‘n jaar en ‘n half voor die SAFTA-benoemings uitgekom het. So ek het nie soveel benoemings verwag nie. Maar natuurlik was ons almal baie bly en dankbaar. Wanneer jy TV en film doen, kry jy nie gehoor-applous soos op die verhoog nie, so dit is heerlik om erken te word vir jou werk en om te weet dat mense die harde werk en bloed, sweet en baie trane waardeer wat ingesit is.

    Hoe sou jy Dam beskryf?

    Dit is ‘n sielkundige riller, met baie invloede van magiese realisme. Dis vars. Dis ’n Suid-Afrikaanse storie wat ek nog nie voorheen op ons skerms gesien het nie.

    Wat was hierdie seisoen vir jou die grootste uitdaging?

    All die onderwater-tonele. Ek moes eintlik ‘n intreevlak-skubakursus doen sodat ek al die onderwatertonele kon uitvoer. Ek is claustrofobies en glad nie ‘n goeie swemmer nie, so dit was baie uitdagend. Ek weet nie hoekom mense aanhou om my vir swemprojekte te kies nie! Ek kan hondjie-slag swem.

    Lea Vivier in Dam

    Hoekom moet mense die nuwe seisoen kyk?

    Want Seisoen 1 het met ’n groot vraagteken geëindig. En omdat ons ’n eg Suid-Afrikaanse manier probeer vind om televisie te maak. Dit is nie net om te probeer navolg wat Amerikaners doen of wat ander mense in ander bedrywe gedoen het nie. Die reeks probeer om ons eie outentieke Suid-Afrikaanse voetspoor te vind.

    As Lea Vivier nie ‘n akteur was nie, wat sou sy gewees het?

    Ek sou seker in die sirkus wees. Ek sou ‘n sweefstok-kunstenaar wou wees. Of ek sou ‘n sielkundige wees, maar ek voel dat dit ‘n baie vervelige antwoord is. So kom ons gaan met sirkus.

    Wat is jou droomrol?

    Ek was bevoorreg genoeg dat al my rolle fenomenaal was. Maar iets wat ek baie graag sou wou doen, wat ek tot nou toe nog nie gedoen het nie, is ‘n rol wat soveel prostetika en veranderinge in my voorkoms verg, dat wanneer ek in die spieël kyk, ek myself glad nie herken nie. Dit sal regtig opwindend wees en ek dink dit sal my in staat stel om ‘n ander dimensie van toneelspel te verken.

    Wat is Lea Vivier se gunsteling-programme?

    Daar is soveel briljante programme daar buite, maar tans is my gunstelinge White Lotus (Seisoen 1 en 2), asook Succession. Ek is ‘n groot aanhanger van Brian Cox en het onlangs sy biografie gelees … Dit is ‘n meesterklas in toneelspel en hoe om die film- en televisiebedryf te benader.

    Ek wil vir Lea Vivier dankie sê vir hierdie onderhoud en ek wens haar als van die beste toe met haar loopbaan.

    Kyk die lokprent vir Dam Seisoen 2 hier onder:

    Seisoen 2 van Dam kyk dit HIERstroom tans op Showmax, .

    Goeie nuus! Tot 3 Maart 2023 sal intekenare wat vir een maand van Showmax betaal, ‘n tweede maand teen geen ekstra koste ontvang. Kyk DAM, The Real Housewives of Durban, HBO se The Last of Us en meer. Hierdie ooreenkoms is van toepassing op Showmax- en Showmax Mobile-planne en is beskikbaar vir nuwe en terugkerende Showmax-intekenare.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Television kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.

    NetfloristOfferforge

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Latest Music News

    Loading posts...
    Afrikaans Dam Interviews Lea Vivier ShowMax
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleStella Murders Trailer Released by Showmax
    Next Article Auto Trading Crypto Software: Tips To Choose High-quality
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Related Posts

    Tuiskoms
    By Henno KrugerFebruary 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    2 Mins Read91 Views
    Koek - Showmax
    By Henno KrugerAugust 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    3 Mins Read58 Views
    Melissa Myburgh - Trompoppie
    By Henno KrugerNovember 28, 2023

    Trompoppie op Showmax: Melissa Myburgh Gesels Met Ons

    5 Mins Read120 Views
    Janie Bay
    By Henno KrugerJune 28, 2019

    Janie Bay Gesels Oor Haar Musiek en Ander Goedjies

    4 Mins Read52 Views
    Leave A Reply Cancel Reply

    Kategoriëe
    NetfloristOfferforge
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 1
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    71 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    91 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    58 Views3 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    Ander Artikels
    Acer
    September 19, 2025

    Acer Powers South Africa’s Growing Gaming Scene

    10 Views2 Mins Read
    Sponsorships
    September 18, 2025

    Strategic Sponsorships: Building Authentic Connections

    9 Views3 Mins Read
    Acer Extensa O14-71
    September 18, 2025

    Acer Launches Extensa O14-71 Laptop in South Africa

    14 Views2 Mins Read
    BYD Dolphin Surf
    September 16, 2025

    SA’s Most Affordable EV Has Arrived: The BYD Dolphin

    15 Views3 Mins Read
    "Featured" Artikels
    Photo Album: RAMFest 2011 Cape Town 2
    March 9, 2011

    Photo Album: RAMFest 2011 Cape Town

    91 Views10 Mins Read
    Tuks FM Motherless
    January 3, 2011

    Tuks FM Motherless New Year’s Eve Party: A Photo Album

    115 Views5 Mins Read
    Photo Album: Dave Matthews Band in Johannesburg 3
    December 5, 2013

    Photo Album: Dave Matthews Band in Johannesburg

    98 Views4 Mins Read
    KFC Sessions 2010
    October 25, 2010

    KFC Sessions 2010 Finals: A Photo Album

    63 Views3 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.