Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Artist/Band Interviews » Janie Bay Gesels Oor Haar Musiek en Ander Goedjies

Janie Bay Gesels Oor Haar Musiek en Ander Goedjies

Blitsoorsig: Janie Bay is 'n SAMA genomineerde sanger-liedjieskrywer wat onlangs haar eerste solo Afrikaanse enkelsnit "Amper Daar" uitgeryk het, wat nou no 1 is op Joox, Maroela Media en Groot FM. In hierdie onderhoud deel sy oor haar musiekpad, waarom sy Engels en Afrikaans skryf, en haar passie vir sustainability en homemade songwriting.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 28, 2019No Comments4 Mins Read Artist/Band Interviews 114 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

In geval jy nie geweet nie, Janie Bay is ‘n SAMA genomineerde sanger-liedjieskrywer. Sy kom van die Kaap af maar woon tans in Pretoria. Sy het onlangs haar enkelsnit (“Amper Daar”) uitgeryk. Die liedjie is tans no 1 op Joox, Maroela Media en Groot FM se trefferlyste.

Ek het onlangs met Janie Bay via e-pos gesels oor haar musiek en so paar ander goedjies. Lees hier onder om uit te vind wat sy te sê gehad het.

Waar het groot geword?

In Strand, so 45 min buite Kaapstad. Soortvan ‘n small town-ish feel.

Jy woon nou al 5 jaar in Pretoria. Hoekom die skuif?

Toe ek getrek het was daar baie meer geleentheid hierbo. Maar musiek het al weer baie verander in hierdie 5 jaar in ons land en reg oor die wêreld, so ek dink mens kan amper operate van enige plek in die land, maar vir nou is ek hier bo.

NetfloristOfferforge

Janie Bay

Jou SAMA genomineerde album ‘Miscellany’ (2017) wat jy saam met jou platemaatskappy Warner Music South Africa uit gesit het is meestal Engels. Verkies jy om in Engels of Afrikaans te sing / skryf?

Ek dink dit hang maar altyd af van die liedjie, maar ek dink ek express myself dalk beter in Engels. Ek het groot geword met meestal Engelse musiek in die huis en was nog altyd meer aangetrokke tot internasionale musiek.

Jy het al colabs gedoen saam met van die grootste Alternatiewe Afrikaanse name in die land soos Jack Parow, Bouwer Bosch, Hunter Kennedy en Jan Bloukaas. Jou eerste solo Afrikaanse enkelsnit “Amper Daar” het al ‘n paar #1 plekke ingeneem op radio en online platforms. Beplan jy ‘n Afrikaanse album?

Ons is besig om nuwe liedjies te skryf en die volgende projek behoort ‘n Afrikaanse projek te wees.

Beoog jy om nogsteeds in Engels te skryf?

Definitief. Ek skryf in altwee tale. Dis vir my twee baie verskillende experiences om in Engels of Afrikaans te skryf, maar hoe die musiek geskryf word skryf ek dit altyd om ‘n spesifieke gevoel oor te dra. Musiek ken gelukkig nie taal nie.

Behalwe musiek, wat maak jou gelukkig?

My familie. My kêrel (hy is eintlik maar my man al is ons nie getroud nie). My handjievol ware vriende. Diere. Travelling. Fitness. Movies (Cinematography). Gesonde kos.

NetfloristOfferforge

Waaroor voel Janie Bay passievol anders as musiek?

Om minder plastiek te gebruik. Om cruelty free makeup te gebruik. En om vintage klere te koop en nie die groot fast fashion corporations te support nie. Daar is baie goeie documentaries op Netflix wat baie meer in diepte verduidelik waaroor hierdie topics regtig gaan en hoe almal ‘n verskil kan maak.

Saam met wie sal Janie Bay nog wil werk?

Francois van Coke, Elandrè, Roan Ash, Early B, om net ‘n paar te noem.

Watter vraag word Janie Bay meestal gevra deur mense oor haar career?

“Skryf jy jou eie liedjies?” 🙂

Wat sal jy graag wil hê mense moet weet van Janie Bay?

Dat ek my eie liedjies skryf. Ek is my hele loopbaan van 11 jaar nog altyd betrokke in elke aspek van die journey. Ek is ‘n singer-songwriter en deel van die kuns en hart van my musiek is om self te skryf wat ek perform, dis hoe ek myself express en fulfilled raak.

NetfloristOfferforge

Ek co-write en co-produce saam met mense na wie ek op kyk en by wie se werk ek persoonlik aanklank vind bv. Hunter Kennedy. Ek is nie net iemand wat daar kan staan en ‘n liedjie in my hand gedruk kan word en dit net sing. Party mense is net performers en doen dit so en daar is niks fout daarme nie, maar dit was en is nie ek nie.

Ek wil hierdie geleentheid gebruik om vir Janie Bay dankie te sê vir hierdie onderhoud. Ek wens haar als van die beste toe met haar toekomstige musikale avonture.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Janie Bay Releases New Single: “Nevermind”

    Janie Bay - Nevermind
    Music News 16 Mar 2026
  • Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”

    Booshle G
    Music News 14 Sep 2026
  • Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”

    Sasha Burn
    Music Videos 5 Sep 2026
  • Piper Connolly Returns With “Unapologetic”

    Piper Connolly
    Music Videos 28 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Janie Bay Pretoria Singer-Songwriter South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
    July 10, 2026
  • GAZ
    An Interview With GAZ
    April 22, 2026
  • The Fismits Mark Biagio
    An Interview with Mark from The Fismits
    March 30, 2026
  • Anton Edwards Artist
    An Interview with Anton Edwards
    February 23, 2026
  • Michael Ferguson
    An Interview with Michael Ferguson
    December 9, 2025
  • ABFAB
    An Interview with ABFAB
    November 26, 2025
  • Jaakie
    ‘n Onderhoud met Jaakie
    October 11, 2025
  • Dani Villé
    ‘n Onderhoud met Dani Villé
    August 14, 2025
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,313
Rock 616
Useful Tips 564
Afrikaans 524
Cape Town 339
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.