Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » MyMyMy Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Partytjie”

MyMyMy Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Partytjie”

Blitsoorsig: Ná die sukses van "Ek en Jy, Dikgat" het synth-pop duo MyMyMy hul tweede enkelsnit "Die Partytjie" uitgebring. Dié lied is opgeneem tydens isolasie in Rooi-Els en dien as meditasie oor die pandemie. Met sy herhaalde vraag "Is die partytjie dan nou verby" verken dit weltschmerz, sterflikheid en aanvaarding, terwyl die video hulle laaste optrede aan 'n leeggelope gehoor uitbeeld.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 17, 2021No Comments3 Mins Read Music Videos 82 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Ná die sukses van “Ek en Jy, Dikgat” stel die synth-pop duo MyMyMy nou eindelik “Die Partytjie”, hul tweede enkelsnit van die jaar, bekend. Dis ’n hipnotiese droompop-ode wat senutergend vra: “Is die partytjie dan nou verby?”

Conrad van Breda en Jana Oosthuizen is terug met ’n snit so ver verwyderd van die gewilde dog wyd geminagte “Dikgat” dat amper niemand sal glo dieselfde skeppers is hier betrokke nie.

MyMyMy - Die Partytjie

“Dit was amusant om te sien hoe lelik mense kan wees oor iets wat hulle nie verstaan nie,” sê Conrad. “Ons wou ‘Ek en Jy, Dikgat’ telke male verdedig, by familie en vriende, maar veral by onaangename kennisse. Engelse mense het gedink dit is fat shaming. Afrikaanse mense het gedink dis anti-Afrikaner. Die kommenste mense het dit as kommen kak afgemaak. Maar ons het op die ou end met niemand gestry nie.”

Hulle reaksie op al dié drama het gelei na “Die Partytjie”

Dié lied is amper ’n jaar na die eerste lockdown se aanvang tydens ’n week van isolasie in die klein dorpie Rooi-Els aan die Kogelberg se kus opgeneem – in ’n huis met ’n uitsig oor Valsbaai.

NetfloristOfferforge

En ná ’n jaar se lockdown was die uitkoms van die naweek se kreatiewe verrigtinge in baie opsigte voorspelbaar: ’n meditasie oor die pad vorentoe in ’n voortslepende pandemie. Met die eerste “oor”-opslag is “Die Partytjie” aanvanklik ’n sober en eerlike besinning oor die moeilike keuses waarvoor musikante te staan kom, maar met die liriek “Is die partytjie dan nou verby” – wat 25 keer herhaal – skuil daar tog ander betekenisse onder die oppervlak. Maar wat beteken die lirieke en hierdie snit vir MyMyMy?

“Verbeel jou dis 05:00 die oggend. Die laaste gas is nog nie huis toe nie, maar jy het drie ure gelede reeds die musiek afgesit. Sommige lê uitgepass in donker hoeke. Ander het uit desperaatheid nog plesiere gaan soek. Maar jy weet hulle gaan dit nie kry nie. Jy weet die partytjie is nou verby.”

Is dit ’n metafoor? As dit van MyMyMy afhang, beslis: “Ons partytjie gaan oor baie dinge: weltschmerz, sterflikheid, pandemiedepressie, oud word, aanvaarding, leë drankkaste en ja, dat huis toe gaan nie altyd ’n slegte ding is nie.”

Die video is in die eetlokaal van die enigste kroeg op Rooi-Els, The Drummond Arms, verfilm. Die plek is bekend vir hulle gesellige atmosfeer, wonderlike kos en bobbejane.

NetfloristOfferforge

Janine vertel meer oor die video vir “Die Partytjie”

“Die aand toe ons die opnames klaargemaak het moes ons dit uit die aard van die saak vier. En terwyl ons teug aan ’n tequila of twee het ons besluit die video moet hier geshoot word.”

Die video stel MyMyMy se laaste optrede aan ’n kwynende gehoor voor. “Dit was vir ons interessant om ’n vertoning te verbeel waar die gehoor nie regtig daar wil wees nie en almal eindelik wegdros en ons los sodat ons vir onsself, die leë stoele en plastiek tafeloortreksels sing.”

Johan Nel het die kamerawerk en redigering behartig en slaag uitstekend daarin om die misterie van die omgewing en die sensitiwiteit van die oomblik vas te vang. Die gehoorlede bestaan uit Edo Mostert – wat ook almal se grimering gedoen het; Lucia Booyse – die bestuurder van The Drummond Arms; en Brend Cloete – ’n besoeker en plaaslike inwoner.

MyMyMy se enkelsnit is van vandag (die 17de September 2021) beskikbaar op alle digitale platforms.

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Jy kan MyMyMy se musiek op Spotify, Deezer of Apple Music stroom / download.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Piper Connolly Returns With “Unapologetic”

    Piper Connolly
    Music Videos 28 Aug 2026
  • The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”

    The Bird - It's Just Begun
    Music Videos 27 Aug 2026
  • Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”

    Lordkez
    Music Videos 26 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
  • Tuin Artist
    Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”
    August 18, 2026
  • Basson Laas - Every River
    Basson Laas Embraces the Beauty of the Journey on “Every River”
    August 10, 2026
  • Winter Hotel
    Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”
    August 5, 2026
  • John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”
    August 5, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.