Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Jan Blohm Reik “Tot Daar Waar Die Lig Is” Album Uit
  • Meet Chloe Stuart: The Teen Revving Up the Classic Car Scene
  • Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Nintendo Direct Recap: All Switch 2 & Switch Announcements
  • Louise Carver Reveals Life on Tour in “My Love” Video
  • Mid-Year Fatigue: Why It’s Real and How to Regain Momentum
  • Laj Beats Releases New Single: “Sebenza”
  • Acer Expands Gaming Portfolio With Predator Atlas 8
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Event Reviews » Resensie: Liefde By Die Dam 2017

Resensie: Liefde By Die Dam 2017

Bianca NieuwenhuisBy Bianca NieuwenhuisAugust 10, 2017No Comments5 Mins Read Event Reviews 90 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Dit was die eerste naweek van Augustus, wat altyd Oppikoppi beteken het… but, screw your happiness, toe nou nie. Gelukkig het Jacaranda FM ons backs gehad, en ‘n klomp bekende name in een plek te kry vir ‘n dag van entertainment. Die afgelope Sondag het talle mense gestroom na Emmarentia Dam in Johannesburg vir nog ‘n Jacaranda FM More Music You Love Experience: Liefde by die Dam 2017.

Die prettige dag in die son is geopen deur een van my gunsteling solo acts, Majozi. Die hekke het 10 uur ge-open, dieselfde tyd wat Majozi op die verhoog verskyn het. Gelukkig kon diegene wat in die eeue-lange ry moes wag, Majozi se soet melodieë al van ver af hoor.

Resensie: Liefde By Die Dam 2017 19

Hy spog deesdae met ‘n nuwe haarkleur (rooi) en hy was die perfekte act om die liefde aan te wakker by Liefde by die Dam. Hy het liedjies van sy album “Fire” gespeel, wat die titelsnit, “Darling”, “Lighthouse” en “The Woods” ingesluit het. Hy het ook ‘n cover van “Titanium” van David Guetta featuring Sia perform.

Die man met die majestic beard, Jo Black, was volgende op. Dis geen wonder hy is ‘n ambassadeur vir The Captain’s Beard baard-olie nie. Om eerlik te wees is daai baard al waaraan ek dink as ek die naam Jo Black hoor. Die enigste ding totdat hy sy kitaar begin tokkel het.

Resensie: Liefde By Die Dam 2017 20

Dis duidelik om te sien hoekom so baie mense aanklank vind by hom, elke liedjie het ‘n staaltjie daaraan verbonde. Sy lirieke is eerlik, woorde vanaf die hart. Hy het liedjies gespeel soos “Yster Slyp Yster” en “Bring Die Hoop Weer Terug”. Hy het ook ‘n oulike storie van sy vrou vertel en hoe hy “Die Vrou Wat Ek Liefhet” spesiaal vir haar geskryf het. Hyt dit aan alle vroue in die gehoor vir Vrouedag opgedra.

Netflorist

JR het die crowd behoorlik op hul voete gekry. JR, wat bekend vir sy 2009 liedjie, “Show Dem”, het al baie gefeature met acts soos Die Heuwels Fantasties en Jack Parow. Hy is een van Suid-Afrika se bekendste rappers. Dit het vir my gevoel asof hy bietjie verdwyn het op ‘n stadium, maar hyt onlangs ‘n nuwe album bekend gestel, en feature weer saam Die Heuwels Fantasties op hul album Okay! Hyt die crowd laat dans, sommige van ons het selfs ons white-girl booties geskud.

Resensie: Liefde By Die Dam 2017 21

Riana Nel vat my altyd terug na my hoërskool dae. Sy het meeste Vrydae oggend by Waterkloof op gepitch, ‘n liedjie of twee kom sing, en dan ‘n liedjie of twee op die spot op gemaak. Sy het dieselfde by Liefde by die Dam gedoen. Sy het vir ‘n couple wie hul 5-jaar huweliks herdenking vier, ‘n liedjie geskenk gegee. Die crowd het haar covers van Alanis Morissette se “Ironic” en Brandi Carlile se “The Story” gelove. Vir iemand wat nie regtig ‘n groot Afrikaanse fan is nie, het ek secretly Riana Nel baie geniet. Ek het self van haar eie songs geken, soos “Timbuktu” en “Soos die Son”.

Resensie: Liefde By Die Dam 2017 22‘n Lewende legende was volgende op. Jul sal haar wel nou nie kan sien nie, aangesien ons geen foto’s van haar mag geneem het nie. Maar ek is seker as die jy naam Laurika Rauch hoor, weet jy presies wie dit is. Sy het die stage gedeel saam met die kitaar-wonder Loki Rothman. Saam het hul die crowd nostalgies gehad met “Kinders van die Wind”, “Op Blouberg se Strand”, “Stuur Groete aan Mannetjies Roux”, en “Blou”. Ek het weer soos’n 4-jarige meisie gevoel, and I’m not even mad.

Volgende was almal vermaak deur Tresor, die man met ‘n wonderlike storie. Vir die wat nog nie weet nie, Tresor (Frans vir treasure) het vanaf die Demokratiese Republiek van Kongo gestap, als om vir hom ‘n beter lewe te skep. Hy’t gegaan van karwag wees na werk saam name soos AKA, Khuli Chana, Beatenberg, en mede Liefde by die Dam act, Majozi.

Resensie: Liefde By Die Dam 2017 23

Die groot rede hoekom die jonges uitgekom het vir die dag, was oomblikke weg. ‘n Chant het uit die crowd uit begin: “Francois! Francois”. Hy het geen bekendstelling nodig nie, maar tog het Jacaranda FM omroeper, Barney Simon, hom voorgestel: the one, the only, Francois van Coke. Dit was nie lank in sy set in nie toe die skoene begin vlieg het. Plakkies, pumps, tekkies, als was na Francois en Die Gevaar gegooi.

Resensie: Liefde By Die Dam 2017 24

Dit het gevoel asof nie een van ons deel was van die Joburg kids se inside joke nie. Maar Francois het dit goed hanteer, ‘n plakkie of twee geruik, en weer terug in die crowd in gegooi. Hunter Kennedy het ‘n appearance op stage gemaak vir “Ek Skyn(Heilig)”. Francois het soos oudergewoonte gecrowd-surf. Die klein laaitjie langs my het vreesbevange gelyk, maar hyt oorleef (sien jou eendag by Oppikoppi, seun).

Resensie: Liefde By Die Dam 2017 25

Resensie: Liefde By Die Dam 2017 26

Die dag was nog nie om nie. Met die son wat sak oor die dam, het Die Heuwels Fantasties die dag afgesluit met bekende liedjies soos “Leja” en “Pille vir Kersfees”, en nuwer songs soos “Bietjie Hoop”. Die musiekvideo vir die laasgenoemde is laas week bekend gestel ter ere aan SA se boere.

Resensie: Liefde By Die Dam 2017 27

Dankie tog vir sonblok. Soos ons Liefde by die Dam verlaat het, het ek die rooi strepe op talle mense gesien. Dit was ‘n prettige dag uit. Baie dankie aan Jacaranda FM wat al ons gunstelinge, en ‘n nuwe gesig of twee uitgebring het om ons te vermaak.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music en Opinion kategoriëe op Running Wolf’s Rant.

🐺 Ondersteun Ons: Koop vir ons 'n koffie boere troos, dit sal ons help om vir jou nog goeie goeters te bring.

📬 Join die Wolf Pack: Teken in op ons nuusbrief om updated te bly.

🔍 Check bietjie ons site uit: Scroll af om verwante artikels en meer te sien. Jy's ook welkom om ons Music, Screen en Knowledge Hubs uit te check. As jy wil sien wat trend, check ons Popular Articles uit.

📐 As jy Afrikaans Is: Check bietjie ons Afrikaanse Hoekie uit.

🕳️ Klim af in die Konyngat: Lees bietjie Random Feite of Kyk 'n Random Musiekvideo.

📅 Kry goeters om te doen: Check ons Upcoming Events of die SA Gig Guide uit.

Verwante Artikels

  • Liefde By Die 2018 Crowd
    Resensie: Liefde by die Dam 2018 by Emmerentia Dam
  • Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke
  • Fokofpolisiekar @ Liefde By Die Dam
    Liefde by die Dam 10de Verjaardag Edisie: ‘n Wêreldklas Fees
  • Valiant Swart
    Valiant Swart: An Interview before Liefde By Die Dam

In Geval Jy Dit Gemis Het

  • Park Acoustics
    Review: Park Acoustics – 30 July 2017
  • Midnight Oil in JHB
    Review: Midnight Oil Live in Johannesburg
  • PHFAT @ Arcade Empire
    Gig Review: Fuzigish, Shortstraw & PH Fat @ Arcade Empire
  • Hidden Eden
    4 redes hoekom Hidden Eden ‘n awesome venue is

Goeters Om Te Doen

  • Sunset Music Series 2026
    Sunset Music Series 2026: All The Details
  • ParkLive Jozi 2026 - TEEKS
    Parklive Jozi: 30 August 2026
  • Francois Van Coke & Vriende 2025
    Francois van Coke & Vriende 2026: Als Wat Jy Moet Weet
  • Galpalooza 2026
    Galpalooza 2026: Coming to 9 Venues Across SA

Nog Artikels Wat Jy Dalk Gemis Het

  • Mensdom Band
    Mensdom (Band): 10 Interesting Facts you might not know
  • Albert Frost at Park Acoustics 04
    Park Acoustics Photo Album: Albert Frost & Dan Patlansky
  • The Prodigy at Synergy Live 2012
    The Prodigy at Synergy Live 2012 Johannesburg: A Photo Album
  • The Usual Suspects Line-up Scene
    The Usual Suspects: 17 Interesting Facts You Did Not Know

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Netflorist
2017 Afrikaans Johannesburg Liefde By Die Dam South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Bianca Nieuwenhuis

Art is not what I create. What I create is chaos.

Leave A Reply Cancel Reply

NetFlorist
Nog Artikels Om Te Lees
  • Misty Waters
    Misty Waters: The Music Festival We’ve Been Waiting For
    May 12, 2026
  • Green Day @ Calabash 2025
    Calabash 2025 at FNB Stadium: My Review
    January 22, 2025
  • Mieliepop Sign 2024
    Resensie: Mieliepop 2024
    March 15, 2024
  • Will Linley - Calabash South Africa
    My 2 Cents on Calabash South Africa 2024 at FNB Stadium
    February 9, 2024
  • Bos Boogie 2023
    Bos Boogie 2023: My Resensie
    September 7, 2023
  • Sting at SunBet Arena
    Review: Sting Live at the SunBet Arena in Pretoria
    February 7, 2023
  • David Gray Featured
    Review: David Gray Live @ SunBet Arena in Pretoria
    December 6, 2022
  • Bos Boogie March 2022
    Review: Bos Boogie March 2022
    March 28, 2022
  • Francois Van Coke & Vriende 2019
    Francois Van Coke En Vriende 2019: My Resensie
    October 25, 2019
  • Pedro Barbosa
    Review: Pedro Barbosa – Journey To Reborn Launch
    October 16, 2019
NetFlorist
Popular Articles
Nintendo Direct

Nintendo Direct Recap: All Switch 2 & Switch Announcements

June 11, 202638 Views
Tobias Bergson

Tobias Bergson Captures the Dancefloor with “Everything”

June 10, 202632 Views
Cindy Alter & CheraLee

Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”

June 11, 202629 Views
Laj Beats

Laj Beats Releases New Single: “Sebenza”

June 10, 202628 Views
Recent Comments
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
  • Henno Kruger on GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”
  • GAZ on GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”
  • Sharon Sibert on Review: Guns N’ Roses at FNB Stadium in Johannesburg
  • Henno Kruger on The Fismits Release New Single: “Independence”
Categories
Entertainment
3,318 ▼
Music 2,551
Events 240
Interviews 223
Gaming 93
Streaming 86
Humor 48
Movies 32
Television 25
Advertising 20
Featured
584
Hacks
499
Facts
464 ▼
Music Facts 150
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
326
Opinion
225
General News
135
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.